247

PARRA MUSIEK – JULIO IGLESIAS

julio iglesiasJulio Iglesias (born September 23, 1943 in Madrid) is a Spanish singer who has sold over 300 million copies [1] in 14 languages and released 77 albums.

According to Sony Music he is one of the top 10 best selling music artists ever. While Iglesias rose to international prominence in the 1970s and 1980s as a performer of romantic ballads and his success has continued as he entered new musical endeavors.

Thus far, he has performed approximately 5,000 concerts[2].

lees verder hier
 

Kommentaar (247)

Kommentaar RSS vir die Inskrywing

  1. Platkuif sê:

    yes yes lintwurms!

    wat is nuus…..?

    ps. mamma reken as ek kan sing soos ou Julio sal ek elke aand met haar ‘lucky’ raak.Obviously kan ek (nogsteeds) nie ‘n moer sing nie, dus moet ek van ander sagmaak- en liefdestegnieke gebruik maak in die voorbereidingsfase om haar te ‘oortuig’ ;-)

  2. Elmie sê:

    :?: :?: :?: POE :?: :?: :?:
    Bok van Blerk/Blerck – Louis Pepler
    Selle ou ewe mooi en ek’s mal oor hom.
    Alweer iemand wat met my wil faait.
    Boe Boe Hoe Hoe Snik Snik Snot Snot Snuifffffffff.
    :cry: :cry: :cry: :cry:
    Tarra vir eers my ander :parra: vriende.

    [[[Poe sê:
    November 15, 2009 om 18:44]]]

  3. Dellie sê:

    MOET daai anthem nog feature??? :lol:

    Mmmm – maar crazy about ‘crazy’ … :wink:

  4. Suidoos sê:

    “Crazy” – Patsy Cline se liedjie… sy was bang vir vlieg en het in ‘n vliegtuigongeluk gesterf. :moersad:

    Julio se weergawe is sagmaak-mooi!

  5. Gatvol sê:

    Het hierdie Julio nie gespog dat hy al met ‘n paar duisend vrouens gefornikeer het nie? ;)

  6. Des sê:

    Hallo al julle wakker :parras: Dis maar deesdae stil in die dam na-ure.

  7. Suidoos sê:

    “El Amor” – soos ‘n pot lensiesop….

  8. muffia sê:

    Lo :des: en :platkuif: – hoe gaan dit ?

  9. Griffel sê:

    Julio is my all time favourite…..

  10. Pinochio sê:

    Liewe *****, WIE is die vool wat die Anthem sing, moet tog asseblief nie vir my sê dit was by die Springbok / Franse wedsryd nie, my fok, how flokken embarrasing.

  11. Griffel sê:

    …… who has sold over 300 million copies…..

    Fok dis nou ‘n ou wat kan spog met sy sukses nie hierdie tee gooiende minnesanger nie. Julle kannie die twee in dieselfde post noem nie… :shock:

  12. muffia sê:

    :suidoos: – jy is ‘n GENIE !!

    Daar los jy twee van ons land se grootste vrae op – Rastaman het sy knaters vir Casterolie gegee – nou het hy nie die balls om hoër note te kan hou nie !! – :fokkit: – jy is briljant

  13. Suidoos sê:

    :des: Jy’s op dun ys – met warm voete :lol:

  14. Pinochio sê:

    SuidOos, ek dink miskien het HY die organisers betaal om daar te sing. :lol:

    ps
    Het jy gesien oppie voorigege post wat ek gesê het van die ongeluk.

    • Suidoos sê:

      Ons was daar, en dit was nie lekker nie, maar – dit was daai ou se passie en dit maak seker maar sin dat hy op so n wyse sou sterf. Stunning man – stunning masjien – gewees. :moersad:

  15. Elmie sê:

    :platkuif:
    Tjoklits sal ook sagmaak dink ek.
    “Baby Tjoklits.”

    Ek hou van sommige van Julio Iglesias se songs.

    Giggle ek nog steeds vir hierdie weergawe van ons National Antham.
    Sien die arme Springbokke se gemartelde gesigte
    en diè wat moes sukkel om hulle lag te hou.
    Met die omdraai slag lyk hulle skoon verbouereerd.

    Mag al die :parras: een befonkte week hê.

  16. Des sê:

    Die Proteas het darem die wit waks uit die Engelse geslaan……….

  17. Suidoos sê:

    Is maar goed so! :wink:

  18. Obelina sê:

    Julle is skerp vir ‘n Sondagaand :wink:

    :hoor-hoor: vir :gatvol: en :ellakie: op die vorige post :lol:

  19. Suidoos sê:

    Hi :obs: ! Vandag het die son weer sulke blink water gemaak en daar was nie wind nie – heerlik!

  20. muffia sê:

    :suidoos: – het jy geweet hulle het speedtraps tussen Bredasdorp en Napier – lol

    • Suidoos sê:

      Ja, maar dit pla ju seker nie te veel nie, :muffia: :lol: Daai nommerplate lyk in elk geval hopeloos te klein om identiiseerbaar te wees!!

      • muffia sê:

        :lol: – ek verstaan ‘n ander ou hier in R/baai het ‘n mooi foto gekry met SY nommer op wat teen 203km/u daar gery het – en hy was nie eers weg van die huis af nie – :lol:

        Daai pouse tussen smokebreaks was darem verdomp kort tussen daai twee plekke – :lol:

        • Suidoos sê:

          :muffia: Is julle nog pelle? … so tussen die smoke breaks deur :lol:
          (kry geen inligting oor die Hotagterklip-huisies nie, maar het nog nie moed opgegee nie.)

  21. Suidoos sê:

    :obs: Vandag het Ra weer so bietjie met my lyf gespeel… :wink:

  22. Obelina sê:

    :lol: Ra en Ka – Egipte! RAKA – Republique D’Afrique du Sud, alles op een kontinent! Lekker man :wink:

  23. Des sê:

    Wat gaan deesdae met die sein van internet aan? Ek die ding gaan meer af as aan.

  24. Obelina sê:

    Jajaja Kuifie – fokus jy en mamma net op die 15de Desember – met al die trimmings en blessings van al ons :parras: :wink:

  25. Des sê:

    :suidoos: Ek het gister vir vriende gehelp worsbroodjies verkoop by die Pretoria-musiekfees by die Voortrekkermonument. Toegang was gratis!!!! Dus, het almal wat gratis kan bekostig daar opgedaag. So dronk klomp het het ng nooit gesien, en toe alles verby is, was die plek besaai met rommel, drankbottels, en gemors. Dan is die :spiesgooier: weer goed om agter die Afrikaner skoon te maak. Ek het my geskaam.

  26. Platkuif sê:

    vandag was moerse terapeuties gewees…ek het vanoggend na kerk die 4 sondag koerante gekoop wat ek gewoonlik lees…en toe ek later dieselfde ou gevreetjies/usual suspects op die voorblaaie sien, toe besluit ek om nie verder my tyd te mors nie.daai koerante is nog netso,ongelees, innie sitkamer

  27. Obelina sê:

    Moenie die koerante weggooi nie – kom handig te pas as die yskas ontvries moet word. Glo my ou h*lgen*te absorbeer nie water nie.

    • Platkuif sê:

      ek is GATVOL vir dieselfde boring mense in die publieke arena wat daagliks/weekliks dieselfde boring dinge doen, wat op dieselfde boring wyse deur die media oorgedra word.en ek reken ek is nie die enigste persoon nie.ek luister eerder na ‘n 30-60 sek ‘clip’ op die internet/radio wat vir my ‘n opsomming gee van die nuus, as wat ek tot vervelens toe ‘n boring koerant lees.

    • BokBal sê:

      :obs: jy het nou die aand gevra wie Ruby Tuesday gesing het.

      Dit was die Rollende Klippe (indien jy nog nie weetie) :wink:

  28. Des sê:

    Gaan nou eerder uitklim, want as die internet nog EEN keer afgaan en wag om te connect, gaan ek my moer strip.
    Lekker slaap.

  29. Gatvol sê:

    Ek is in die kamer by tv, sien iemand daar binne in die huis het die kanaal verander na South Park …

  30. Obelina sê:

    Dankie :bokbal: het vermoed dis die rollende klippe maar wou nie nie my halo self met ‘n plank bykom nie, Die gebreekte pampoene is ook ‘n groot gunsteling, al bestaan hulle nie meer nie, Radio kop, pienk vlooi – en so meer…… :wink:

  31. Pluim sê:

    Goeie :naand: parras
    As ek so na daai anthem luister, weet ek, ek kan ook sing voor ‘n skare. Het altyd gedink ek kan iets usefulls doen.

    Was in die bosveld gewees. Alle is grasgroen.

  32. muffia sê:

    Lo :pluim: – hoe gaan dit ?

  33. Dellie sê:

    Viva! En goodnite :wink:

  34. Wondernet sê:

    Ek is dringend op soek na ‘n CD of Musiek DVD van Da Rastaman wat die nasionale song gesing het. Ek wil dit vir iemand gee vir Kersfees.

  35. Wondernet sê:

    Ek het al gehoor dat daar van mense gesê word dat hulle sing soos ‘n nagtegaal. Die ou sing soos ‘n gesuipte kraai wat op ‘n warm sinkdak sit.

  36. BOSVARK sê:

    Lekker lekker Maandag vandag :lol:

  37. Dezzy sê:

    Nie met ‘n lekker :babelaas: nie

  38. Joe sê:

    Goeie môre :dezzy: :bosvark: en ander :parras: Lekker stil naweek gehad!

  39. Dezzy sê:

    Hallloooooo :joe:

  40. BOSVARK sê:

    Howdie Wonder

    Wonder waar die OZ :spiesgooier: is ?

  41. Wondernet sê:

    Speel daar ietsie van Alexius “Ras” Dumisani vir ons Mnr P Kuif.

    Hy, Alexius “Ras” Dumisani, is naas Earl Rose die beste sanger van die National Enthum ooit.

    :hoor-hoor: Staande ovasie

  42. Joe sê:

    Goeie môre :wondernet: Met wie sukkel,ons vandag?

  43. muffia sê:

    Goeie more oggend :parras:

  44. Dezzy sê:

    Hallo :wondernet: en :meermin:

    Raai wat…. Ekke het :babelaas:

  45. Joe sê:

    Goeie môre :meermin: en :muffia:

  46. BOSVARK sê:

    :meermin: waar is juffie ?

  47. Katoolsie sê:

    More almal

  48. witgesiggie sê:

    Ek hoop ek is die eerste :poephol: in die ry by binnelandse sake om my paspoort te hernu! Ai, Ai, Ai!!!!

  49. Katoolsie sê:

    :meermin: waar werk jy in die stad?

  50. Jane sê:

    Goeie liewe môre :parras:

    Lekker Maandag vir julle :wink:

  51. Piet sê:

    Gegroet is allie :parras:

    Dis nat in Limpopo. Papnat. Daar by julle :jane: ?

    • Jane sê:

      Sop nat :piet: dit reën nog elke dag tussen 10 en 15mm :shock: lekker 4×4 gery vanoggend op die grondpad ! Hierdie hele week is die voorspelling op die weerdata by ons elke dag 60% kans vir reën :!:

  52. Meermin sê:

    Is dit nie heerlik koel buite nie?? Veral na die vreeslike hitte van die naweek!!

  53. Dezzy sê:

    Gegroet :jane: en :piet: en :katoolsie:

  54. Katoolsie sê:

    :meermin: my klein wilde vy’tjie…ANDWOORD my!!

  55. Joe sê:

    :piet: jy is laat! Wat is jou verskoning? Wil jy nou vir ons dieselfde :kak: verskoning gee as :katoolsie: hierbo? :lol:

    • Piet sê:

      Joe, Baie Sorry!!!!

      Ek moes swem in my shop in.

      Twee weke gelede het ons moers hael gehad. Toe breek my shop se dak.

      Nou reen dit meer binne as buite. En die versekering is rustig daaroor. Tot na 8 as ek hulle WEER bel :fokkit1:

  56. Katoolsie sê:

    Julle praat van warm…hier is dit so warm ek loop liewer nie buite nie want die hitte laat my klokke te laag hang en dan skaaf dit teen my kniee

  57. Meermin sê:

    @ :des: toe wou ek jou mos Saterdag oggend sms maar die beland toe in die outbox, en ekke sien dit eers gistermiddag raak, wou jou kom groet het, ek het by so paar stalletjies gaan inloer maar kon jou nie sien nie!! Daar was ook so baie mense!!

  58. Wondernet sê:

    Môre :jane:

  59. Katoolsie sê:

    :meermin: ek het dalk jou hulp nodig…ek sal jou email!

  60. Meermin sê:

    Lekkkkkkkkkkkkkkkkker die week het ek die huis vir myself!!! Jaco kom ook vamiddag terug, ek moet juis hier in die stad wag vir hom, hy behoort voor 4 hier te wees!!

  61. Joe sê:

    :bosvark: ons sal maar die twee ouens :katoolsie: en :piet: se verskonings aanvaar. Lede van die Bosmossel Brigade sal mos nie vir ons lieg nie. :roll:

  62. Jane sê:

    :piet: Is dit nog die skade van die vorige storms wat julle ook gehad het, ek hoor die skade was nog nie eers alles behoorlik reggemaak nie toe kry julle weer die hael en baie reën ?

  63. Wondernet sê:

    Cheers :parras:

    Wondernet uit …………………..

  64. Daisyblom sê:

    More More! Almal n lekker naweek gehad?

  65. Black Adder sê:

    More julle….dis darem nie vandag so bloeddig warm soos gister nie…ek was amper dood… :evil: hoe gaan dit hier?

  66. Jane sê:

    Ai, ai, ek klok ook eers uit, sien later !

  67. Katoolsie sê:

    More :daisy: en :ba:

  68. BOSVARK sê:

    :ba: wat sê jou kinders dat jou ma gay is ? Gaan jy nou ook ‘n boek skryf ?

  69. Joe sê:

    Waar is :jannas: vanoggend? Ons sal hom enrstig moet aanspreek! :grin:

  70. Black Adder sê:

    Hallo :katoolsie: en :joe: en :bosvark: en :daisy: en :meermin: en :jane: en :wondernet: en :piet: en :dezzy:

  71. Dezzy sê:

    Ek drink NOOIT WEER nie

  72. Black Adder sê:

    Ek het hierdie naweek my hare gekleur van lig na “chocolate cherry” – eish, dis donker bruin met rooi skuinsel…ek lyk bietjie soos Mortitia Adams….my hare hang offisieel weer op my gat……..

  73. Daisyblom sê:

    :piet: :katoolsie: :joe: :ba: :jane: :meermin:

    Ons kort nog vir :jannas: en :ellakie: en :naaldekoker:

  74. Joe sê:

    :piet: dit is darem ernstige duur skade! 8-O Ek hoor daar op die Oosrand is dit nie net toutjies aan jou donkerbril wat jou motor vinniger laat loop nie. Laat net jou motor vol dimpels slaan deur die hael. Dit werk soos die dimpels op ‘n gholfbal! :grin:

  75. Katoolsie sê:

    :ba: nee ek is regtig nie mal oor sulke lang hare nie lyk dit so?

    http://completebody.files.wordpress.com/2009/02/long-hair.jpg

  76. Verdwaalde Gulpie sê:

    :dezzy:

    Onthou sy is miskien kommin, maar beslis nie chiep nie.

    :lippies: :ba: :koes:

  77. naaldekoker sê:

    Môre :parras: hoop niemand is :babelaas: of het n blou Maandag nie.

  78. BOSVARK sê:

    Right waaroor praat ons ?

    :ba: is VREEMD

  79. jannas sê:

    Goeie more :parras: en ander, stem saam die laaste vool mag maar sing :lol:

  80. Katoolsie sê:

    More :jannas: op dae soos die is ek eers bly vir jou part jy kom eers in Junie….dit is erg warm hier!!!

    • Daisyblom sê:

      Jy het net vergeet hoe kook die FS in November!

    • jannas sê:

      :katoolsie: die aardverwarming het ons ook beet hier in pietersburg Ons stad was bekend as die beste gemiddelde temperatuur in die wereld maar ons gaan nou gebuk onder ‘n laeveldse hitte hier, met baie humiditeit gelukkig reen dit darem gisteraand weer 14mm gehad

      • Katoolsie sê:

        ja daai reen breek die hitte…ons reen is maar skaars maar kom glo nog. Die storms hier kan nogal erg wees, want die goed bou oor die see op en jy weet tussen ons en Amerika is daar baie see vir storms-opbou!

  81. Joe sê:

    Alles wel? :jannas:

    • jannas sê:

      Punt in die wind :joe: Vista het my rondgefrok nou op windows 7 moet se baie beter, hoegaan dit met jou en die familie?

      • Joe sê:

        Voor die wind. Ons sien uit na die somervakansie. Ons gaan nie weg nie en sal seker hier op die stoep sit en drink en die gras sien groei.

  82. Katoolsie sê:

    :daisy: hierdie is Durban hitte gemeng met so bietjie Dubai as jy my vra!!! Hot as Hell!!! Elke keer as ak toilet toe gaan dan hang ek eers so bietjie teen die koue teels in die badkamer om af te koel….ek is al moeg gehang!!!

    • Daisyblom sê:

      Genugtig :shock: en die ekstreme hitte dreineer n mens van alle energie!

      • Katoolsie sê:

        ja mens praat jy en dan is dit so bietjie “sticky” ook jy weet daai taaierige gevoel…ons lek hoeka nie meer die koeverte nie ons trek hom net so oor die voorkop dan plak hy soos super glue!

        • Daisyblom sê:

          Tydens n hittegolf is mense se humeure gewoonlik net so plofbaar soos die son buite! Ek hoop jy oorleef de res van jou warm dag!

  83. Joe sê:

    Hier by ons is dit net 25ºC maar die humiditeit is so hoog dat enige beweging my laat sweet.

  84. Piet sê:

    CRIME CRIME CRIME.

    Hier by ons het 10 Vlermuise die Meropa Casino ingestorm, skote in die lug geskiet, geld gevat en ‘n ou wat te lank vir hulle gekyk het, geskiet. Darem nie dooi nie.

    Katools, julle moet plek maak daar. Hier gaan dinge net erger raak.

    • Katoolsie sê:

      Hier is baie plek, die probleem is net vir die wat nog wil kom, hulle maak by die dag die reels en regulasies moeiliker en moieliker en een van die dae gaan dit onmoontlik wees om hier in te kom! So spring nou….daar is hope werk in jou lyn!

  85. Meermin sê:

    Man kom die middag van die werk af , gryp ‘n bier en val oudergewoonte in sy Lazy Boy neer.
    Soek hy die remote, kom hy agter die TV is weg.
    Hy vlieg regop en sien al die ander meubels en gordyne in die sitkamer is ook weg!
    Hy skree vir sy vrou of sy weet waar al die goed is.
    Sy antwoord dat sy alles verkoop het.
    ‘Is jy befok? Vir wat!!!!!!!!?” vra hy
    “Vir drankgeld!”sê sy

    ” Jou ou planmakertjie!!!!!!!!!!”
    antwoord hy terug.

  86. Platkuif sê:

    yes yes kettiekoppe!

    dit is maandag…nog net 4 slapies en die naweek is op ons

  87. Sharpshoot sê:

    Nog nooit die Athem so gehoor nie….

  88. Katoolsie sê:

    okay dis nou huistoe gaan tyd…geniet julle dag!! Ons praat weer!

  89. Joe sê:

    Van die os opm die jas: Ek lees tans A Painted House van John Grisham en die ou se skryfstyl herinner my baie aan die van John Steinbeck. Wie van julle :parras: lees baie?

    • Daisyblom sê:

      Ekke! Omtrent al John Grisham se boeke gelees… sy beste een was IMO The Client! En dan is die knaap nog sexy ook… check die agterblad!

  90. Joe sê:

    Nuwe post!

Los Kommentaar




Gaan na Gravatar om 'n prentjie langs jou naam te kry.

Kliek hier vir 'n lys van al die "Fokkies"!