196

TIENERS EN TJORRE

joyrideBakkie se afskryf wekroep vir my tiener
deur Matré Schoonraad

 Ons 19-jarige seun het Saterdag om 01:00 my man se bakkie in ons straat afgeskryf.

Nes baie ouers het ek al ontelbare kere probeer aan die slaap raak, met die wete my kind is uit vir die aand, ontelbare gebede, wat hom opdra aan die Here, en vra dat hy asseblief veilig moet huis toe kom, en as ek hoor hy is terug, dan weer bid, en baie dankie sê dat hy veilig terug is.

As hulle tot baie laat uitbly, en jy is bekommerd, juis dan kan jy hulle nie in die hande kry nie, want die selfoon is af. Die eenvoudige verduideliking dat die battery pap was, moet jou nou maar gerusstel, en jy moet dit aanvaar.

Wat ek eintlik wou sê, is: Ek het al ontelbare kere in die bed gelê en gewonder of ek ook eendag ’n oproep gaan kry van my kind wat in ’n ongeluk was. En toe gebeur dit Saterdagoggend…

© 2009 24.com. Alle regte voorbehou.

lees hier verder

Seker een van elke ouer se ultimate nagmerries…een van jou kinders in ‘n motor ongeluk.Eish.

Wat is die ‘rule of thumb’ deesdae as dit kom by kinders en karre…wanneer ‘leen’ jy ‘n motor vir ‘n kind? Kan ‘n ‘kind’ op 18, met ‘n lisensie, regtig bestuur? Wanneer het JY begin bestuur? het jy ooit in jou jong dae jou pa se motor ‘geleen’ (met of sonder sy toestemming)….

Kommentaar (196)

Kommentaar RSS vir die Inskrywing

  1. fishy sê:

    sjoe, dis al wat ek kan sê. hoeveel se kinders jok oor waar hulle heen gaan vir die aand.

    • Platkuif sê:

      en hoeveel van daai kiddies se ouers WEET die laaitie/girl kan nie eintlik bestuur nie…en hulle WEET ook dat die kinders alkohol gebruik tydens daai trippies. Dan kan jy mos nie te verbaas wees as die polisie jou vroegoggend bel nie….

      • fishy sê:

        juis. nee hel, ek was te vrek bang om te jok oor waarheen ek gaan. as ek gaan kyk, ‘n meisie wat ek ken het verongeluk in april maand. hulle was nog oppad na die kuier plek toe, het eers gaan petrol ingooi of iets en toe na die kuier plek toe gegaan, ag man, ek dink 200m van die plek af, toe ry ‘n tanker lorrie in hulle vas. shame, die outjie met wie sy uitgaan lewe nog, maar sy het dit nie gemaak nie. ergste van als, sy was maar 23

  2. Platkuif sê:

    en een van die dae is dit weer matriek vakansie tyd en al wat ‘n tiener en sy pel is, neuk semi-gesuip af na Margate en soorgelyke bestemmings…en in baie gevalle in mamma/pappa se motor.Tragies

    • TANNIE sê:

      jip, die jongste en pelle gaan Plett toe – MAAR hy ry bus tot daar en bus terug. Op die dorp is shuttles wat hulle vervoer, en natuurlik stuur ons AL die engele.

    • fishy sê:

      baie tragies. betaal dan maar eerder meer, gaan partie saam die kids, al rys jou nekhare as jy sien hoeveel “suip” die goed. hulle is nie mens nie, jy raak eers mens die dag as jy besluit nou drink en bestuur ek nie meer nie.

  3. TANNIE sê:

    my kinders in stellenbosch ‘klap ‘n toon’ hulle mag nie bestuur as hulle uitgaan nie, PUNT.

    • Platkuif sê:

      so ‘n bek moet jem kry :tannie:

      • TANNIE sê:

        Hier is seker 20000 studente, so as hulle wil suip en oppad huistoe langs die pad wil lê en kots, en iemand sien hulle – wel, hulle rooi gesig. Die stap met ‘n pie en coke help anyway dat hulle nugter word.

        • fishy sê:

          hahaha ek het lekker gelag. My neufie is seker so 5 jaar terug toe gesluit vir dronk op straat. shame, hy het eintlik vir my oom gewag om hom te kom haal, vat toe die verkeerde pad terug in die dorp in, i.p.v uit na die garage toe, die ergste van als is, toe my oom daar aankom, toe sit neufietjie reeds in die selle, mag nie uitkom voor 08h00 nie, sit saam met die kleurlinge in die selle, my oom kry toe maar ‘n bottel brandewyn beet, om die nag om te kry, hy en ander neufie is toe so gekuier dat neufie wat eintlik toe gesluit was moes huis toe bestuur.

  4. TANNIE sê:

    Nou moet ek ook sê, dis ‘n dorp – so hulle kan stap, of ons gaan haal.

    • fishy sê:

      net jammer, in die stad kan jy nie sommer net stap nie, die kans dat jy verkrag gaan word is groter as wat jy in ‘n ongeluk gaan kom.

  5. Antie Poppie sê:

    More :parras: Ja mens wens soms die kinders groot en as hulle die dag 18 is en “gelicense” is, raak jou bekommernisse nog groter. My vriendin het op 15 al haar pa se BMW en bakkie gery en ja, ons het skelm rondgery (veral as ons skool gebank het by die begraafplaas :mrgreen: ), Haar pa was o.k. daarmee en sy kon goed bestuur. Niks trieks getraai nie.

    • fishy sê:

      hahaha met my luck het ek sekerlik in die garage muur ingejaag

    • Platkuif sê:

      maak nie saak hoe goed jy bestuur/dink jy kan bestuur nie, daar is eenvoudig te veel trokke en taxi’s op die pad waarvan die bestuurders swak is.as een van daai bestuurders beheer oor sy voertuig verloor is jy ‘tickets’/gefok

  6. TANNIE sê:

    Jare gelede was die lewe baie anders, ons het al in st 8 pel se suster se volla gesteel, Hillbrow gaan jol en 4 uur in die oggend huis toe gegaan! Ouch!

  7. youda sê:

    more :parras:

    ek dink die kids moet hulself eers bewys voor hulle sulke voorregte mag geniet, as jy weet jou kiddies hou van hard kuier kan jy net nie die kar vir hulle leen nie.

  8. Piet sê:

    ‘n Kind van 18 jaar (in SA) is nie bevoeg om te bestuur nie. In SA “koop jy ‘n lisensie of verkry dit wettig(K-53)(vrot toetsmetode) en nou kan jy ry. Meng dit met bietjie windgatgeit en Vrydagaandjol en jy het die perfekte resep vir ‘n moerse fokkop.

    Indien hulle nie dryweropleiding verpligtend maak en die AARTO stelsel streng toepas nie gaan ons nog baie meer kiste toegooi.

    In Engeland mag jy nie aanmeld vir jou lisensietoets as jy nie ‘n sertifikaat kan toon van ‘n geakrediteerde opleidings instansie waar jy 40 ure opleiding verkry het nie.

    Van ons Vlermuis tjomme kan nie bestuur nie en nou het Ta nog ‘n selfoon ook in die hand. En ‘n halwe bierbottel tussen die bene. EN hy moet oorverdowende musiek luister.
    Dis te veel vir hulle se breine. Groot :fokop:

    • youda sê:

      nou dat jy dit noem, die scaryste ding wat ek nog ooit gesien het is `n nuwe-suid-afrikaanse dame in `n kar wat lewens groot stickers op het wat se “diasbled learner driver” …. :wtf:

  9. fishy sê:

    ek het vergeet om te sê ek is eerste.

    :lol:

  10. Sproetjies sê:

    :parras: dankie vir die boekvoorstelle. Ek sal gou kyk wat ek op kalahari.net kan kry.

  11. Dezzy sê:

    Raait Waaroor praat ons

  12. Daisyblom sê:

    Vriende van my het vir hul matriekdogter n nuwe Ford Fiesta gekoop.. splinternuut uit die boks uit! Sy het die kar reeds Februarie gekry, in Junie eers 18 geword en 2 weke gelede eers n bestuurderslisensie gekry. Hulle het haar sedert Februarie laat inry skooltoe… en oral laat rondry in die dorp asof sy lankal reeds n lisensie het. Haar maats het gereeld saamgery!
    Haar ouers wat vreeslik op hul agtervoete as enigiemand net verwys het na die feit dat die kind nie n lisensie het nie… n paar koppe is afgebyt. Haar ma se verweer was:”Se jy my kind kan nie haar eie kar bestuur nie?” Onverantwoordelik.

    • youda sê:

      ek dink dit is kens om so iets toe te laat… as iets gebeur is sy dadelik skuldig, al is sy nie… die maats wat saam ry is nog erger, besef sy watse verantwoordelikheid dit is om mense saam met jou in die kar te he.. hoe sal sy cope as iets gebeur en iemand is die kar kry lelik seer, of erger

      • Daisyblom sê:

        Youda, dis presies wat ek gedink het… en nie die guts gehad het om te se nie!
        As jy nou verseker jou vriende/familie wil verloor, kritiseer hoe hulle hul kinders grootmaak!

        • youda sê:

          en nie helemal so erg nie maar die versekering gaan hulle n vet toffie druk as iets gebeur… Kan ouers in so geval van nalatigheid aangekla word?

  13. Platkuif sê:

    dit is ook nie meer ‘n opsie om vir ‘n kind/ jongmens op hoerskool ‘n scooter/’fifty’ te kry nie…op ‘n bike het jy nie kat se kans op vandag se paaie nie

  14. MeShade sê:

    ek wil my “fokk: in prenkie vianner, ek soek my kat iemand het hom gehijack

  15. Platkuif sê:

    en bus ry/public transport is ook ‘n groot nee-nee

  16. Dezzy sê:

    Ek ry bike en skop daarteen dat my laaitie (20) vir hom ‘n bike kry…….. Is ek verkeerd?

  17. Dezzy sê:

    Ek het toe hulle gebore was, 15 jaar van die bikes af geklim, maar nou is hulle groot.

  18. Dellie sê:

    Enige ouer se nagmerrie. Ook al nagte omgelê en wag dat hy net veilig by die huis moet kom.

  19. TANNIE sê:

    Jongste ry poegie skool toe en in die dorp, is ook perfek vir varsity volg jaar, maar dit is baie gevaarlik. Hy ry nie as dit reen nie.

  20. Beertjie sê:

    Hier by ons kan jy al op 15 kar bestuur, die kinders is nog nat agter die ore maar dink op 15 is hulle ‘n “pro”. Dit is ‘n groot probleem veral die “boyracers” met hul warm gemaakte karre. Juis verlede week ‘n groot ongeluk gebeur, die meisie nog nie 16 nie, en net ‘n learners het met ‘n klomp pelle so 7 van hulle in die bussie ‘n ongeluk gehad. 2 kinders dood en sy was nog dronk ook.
    Hulle kyk al vir ‘n hele ruk om die ouderdom hoër te maak maar baie mense skop vas daarteen.
    Sien as die kinders kan ry op 15 hoef mamma en pappa hulle nie meer rond te ry nie.

  21. MeShade sê:

    ek het hin fiets, ek haal die saal af as ek innie stad ry

  22. Dezzy sê:

    Ek het 3 jaar gelede, my vriend in 3 stukke langs die pad gekry…..
    dit was nie nice nie.
    ja ons jaag, maar probeer nog veilig wees.
    Vadag se kinders klim op ‘n fiets met kort broeke en T shirts. As jy dan val,………

  23. Gatvol sê:

    My seun van 17 weet nou meer van hoe revs af as ek. Ek is mos onnosel. Bestuur maar net 25 jaar al, maar meneertjie weet beter.

  24. Gatvol sê:

    As ek van die skool af wegry en die spul kom op hulle scooters/bikes saam gebrul soos ‘n pak wolwe aan, dan wys ek net hulle moet verbykom en klaar kry. En almal lift ‘n pel sonder ‘n helmet.

  25. Piet sê:

    Ek help soms met die ontleding van ongelukke en moet dan noodwendig by ongelukstonele wees.

    Jy hoor hoe raak snak ouers na hul asem as jy hulle bel en vra: is dit mevrou so en so? Hulle weet sommer daar is :kak: emoelas.

  26. Gatvol sê:

    Ek het al gesien hoe ‘n vrou -bestuurder- grimering aansit in die motor terwyl sy 120 kmh ry en die pas was besig.

  27. Gatvol sê:

    Eenkeer op dr Phil het hulle gewys hoe ‘n man eet – bordkos met mes en vurk nogal terwyl hy bestuur :wtf:

  28. Dezzy sê:

    Praat eerder oor seks…… Die maak my morbied

  29. Dezzy sê:

    Baai sien julle later

  30. BOSVARK sê:

    Right waaroor praat ons ?

  31. Daisyblom sê:

    Ek fix gereeld my makeup terwyl ek bestuur! Maar nie teen 120 km/h
    nie!

  32. BOSVARK sê:

    MIRRAG PAAAARRRRRRAAAAASSSSSSSS

  33. Suidoos sê:

    Genade! Moes nou eers weer deur die hierogliewe password ritueel gaan om hier te kom??

    SUP :bosvark:

  34. Suidoos sê:

    Ja, ja, ja – mirrag!!! Hou die rev-counter dop… nie goed om jouself so op te werk nie, varken.

  35. Suidoos sê:

    Die village kry ook reën, maar ek wonder hoe gaan dit in die Suidkaap – hulle het dit REGTIG nodig….

  36. BOSVARK sê:

    Van die topic ?

    Ek is klaar met matriek :parras:

  37. Suidoos sê:

    My kind ry elke week van die ‘Bosch af Struis toe en terug. Senuwees is elke keer klaar totdat die oproep kom om te sê hy’s veilig… :moersad:

  38. BOSVARK sê:

    Fishy is jy Goth ?

  39. BOSVARK sê:

    Fishy ek moes net Wiskunde saam met hom skryf – die ander vakke ken hy :lol:

  40. Gatvol sê:

    :suidoos: Daai pad is ook maar nie so lekker nie.

  41. Suidoos sê:

    Hallo :meermin: (wat nie hou van vreemde seekos nie?) :wink:

  42. Gatsiggie sê:

    Middag :parras: Hoop jul het almal lekker genaweek?

  43. Skillie sê:

    hoezit :paaras: ek het julle verloor.wat ‘n fokin gesukkel.Wat het ek gemis?

    • Platkuif sê:

      not much. die celebs lieg (nogsteeds).En die parras skinder (nogsteeds)

      • Ek sien NOG ‘n skeisaak binnekort..ek dink A gaan vir J skei…as al sy skandes nou so stuk stuk op die lappe kom soos daai tyd met SH dan is dit maar net ‘n question of time voor J ook maar ‘n geskeide man is…

        • Daisyblom sê:

          Jy is doodreg, Kloppertjie!

        • Platkuif sê:

          ek dink weer nie so nie. Amor het vir Joost meer nodig as wat hy haar nodig het. Ten spyte van sy gefuif is hy steeds ‘n legendaries bok wat in die regte hande baie bemarkbaar is…Onse Amore aan die anderkant is ‘n baie average sanger (met ‘n effense loop magie) wat dit nog nooit eintlik ‘groot gemaak’ het nie. En op die stadium reken ek, in my beskeie persoonlik opinie natuurlik, dat sy nie kan glo hoe lucky sy is vir al die free publicity wat ou Josie oor haar (loopbaan) gebrink het nie

          viva Julius!
          viva Tshwane!
          viva eierkoppe!

  44. Mirrag!

    Ek het eers my 1ste kar gekry en leer bestuur op 19 jaar oud…my ouma-hulle was BAIE streng en ek het mos by hulle gebly tot ek matriek klaar het…maar het baie saam met vriende in hul karre rondgerits waarvan hulle nie geweet het nie…ek was maar effens BAIE rebels gewees….

    En Fishy – ek het ook ‘n belly ring! :wink:

  45. Suidoos sê:

    :skillie: Daai vreeslike password is die ergste! :lol:

  46. noddie sê:

    Mirrag almal…

  47. Suidoos sê:

    Middag :noddie:

    Ek dink die USA het ‘n beter plan – jy mag op 16 al bestuur, maar jy mag nie drink voor 21 nie…

  48. Kadoes sê:

    My vriendin se seun wat ‘n baie belowende rugbyspeler in Middelburg was, het op 16 ‘n ongeluk met sy scootertjie gehad. ‘n Taxi het voor hom ingedraai. Hy het sy rug gebreek en is permanent verlam vanaf sy middellyf onder toe. Sy pa kom homself nog nooit vergewe nie.

  49. naaldekoker sê:

    Mirrag :parras: Ai-ai ek ken van Bid dwarsdeur die nag en myne is nou al 26/27 (Altwee Ry vandat hulle 16 is motorfiets(gelukkig nie nou meer nie) Nou wat maak mens as hulle hul eie motors het en boonop like van party. :pluim: :pluim: :pluim:

  50. Suidoos sê:

    :bosvark: is jy nog in die omtes? Wisk II was blykbaar net so ‘n riller? :tannie: wat sê jou kind???? :wtf:

  51. naaldekoker sê:

    Hi :skillie: en :meshade: goed om julle ook weer raak te lees.

  52. Suidoos sê:

    Me Naaldjie – is die paaie nog nat by julle?

  53. Suidoos sê:

    Motorfietse, padstrepe en reën gaan nie goed saam nie…

  54. Gatsiggie sê:

    My kleinboet was ‘n jaar of vyf terug in ‘n motorongeluk. Ons het ‘n volle week na hom “gesoek”, van hospitale na tronke na hoerhuise na lykshuise, gedink ons gaan mal word.

    Lang storie kort: Kry hom “per ongeluk” in ‘n hospitaal in Pretoria. Hy was bewusteloos toe hulle hom uit sy voertuig gesny het. In sy kar was sy selfoon (wat hulle afgesit het :wtf: ) en ‘n bankrekening met telefoonnommers op (wat hulle geignoreer het) . Sou hy in die hospitaal doodgegaan het sou niemand eers geweet het wie hy was nie

  55. Suidoos sê:

    :wtf: Kan nie dink dat IEMAND nie daaraan gedink het om sy foon te gebruik om sy familie te kry nie???

    • Gatsiggie sê:

      :suidoos: Die hospitaalstaf se verskoning was dat die foon reeds af was toe hy opgeneem is en dat hulle nie “in staat” daartoe was om sy pinnommer te kry nie. My pa wou moord pleeg, dit sou die hospitaal presies R150 gekos het om spesiale toestemming te kry om toegang tot sy foon te kry

      • Suidoos sê:

        Absoluut ongelooflik! Was seker bang daar is niemand om die rekening te betaal nie… :shock: Hoe werk mediese fondse met motorongelukke? Daar is mos nie tyd om toestemming tot prosedures te kry nie??

        • noddie sê:

          Ek is jare terug op ‘n bergfiets deur ‘n kar gestamp en was bewusteloos vir twee dae (Pretoria). Toe ek bykom het my ouers langs my gestaan. Die hospitaal het my bankkaart gebruik om my details by die bank te kry en my ouers in Amanzimtoti te laat weet. Die medies was geen probleem nie. Hulle dek jou as dit ‘n ongeluk is sonder enige stories.

          • noddie sê:

            Ek het vergeet om te noem dat dit ‘n staatshospitaal was. (HF Verwoerd)

          • Gatsiggie sê:

            HF Verwoerd is waar ons hom eventueel gekry het, nadat my ouers reeds daar navraag gaan doen het en hulle ontken het dat hulle iemand soos my broer daar het. Laaste dag besluit my pa om ‘n laaste keer al die hospitale te bel, sy vinger het gegly en hy het nie by HF se hoofskakelbord uitgekom nie, maar by hulle intensief. Toe antwoord ‘n verpleegstertjie daar en bevestig dat daar wel ‘n jongman lê, beskrywing pas my broer, maar hy kon nog niks samehangends sê nie…genadiglik was dit die einde van ons soektog

          • Kadoes sê:

            So gepraat van staatshospitale – my ou moedertjie lê tans in die Bonganie Hospitaal in Welkom en ek was dood bekommerd omdat ek nie by haar kon wees om te verseker alles gaan goed nie.

            Sy sê egter die diens, hulp, versorging en bystand is uit die boeke. Alles is skoon, kos aangenaam en die personeel gaan uit hul pad om behulpsaam te wees.

        • Gatsiggie sê:

          Onthou hulle het geen identifikasie gehad nie, bankrekening het in die wrak agtergebly, so ook sy ID en bestuurslisensie. So hulle het net sy selfoon gehad… geen benul dat die outjie volle mediese dekking het nie. Dit was ‘n saamloop van absurde goed, van die reddingspan tot die hospitaalstaf.

Los Kommentaar




Gaan na Gravatar om 'n prentjie langs jou naam te kry.

Kliek hier vir 'n lys van al die "Fokkies"!