141

BLINDEVINKIES

vinkiesBestanddele:

  • 1 ui, fyn gekap
  • 75ml vars broodkrummels
  • 5ml sout
  • 2ml peper
  • 5ml gedroogde, gemengde kruie
  • 1 ferm tamatie, geskil en gerasper
  • 12.5ml botter of margarien
  • 1 eiergeel
  • 500g kruisskyf, in 6mm dik skywe gesny
  • 30ml braaivet
  • 1 groot ui, in skywe gesny
  • 1 vleisekstrakblokkie
  • 450ml kookwater
  • 12.5ml koekmeelblom
  • fyn gekapte pietersielie

Metode:

  1. Vermeng die gekapte ui, broodkrummels, sout, peper, gemengde kruie, tamatie, botter en eiergeel tot ‘n smeerbare mengsel.
  2. Skep van die krummelmengsel op elke vleisskyf, rol die vleisskyf op en bind dit met tou vas.
  3. Verhit die braaivet in ‘n swaarboomkastrol en verbruin die vleisrolletjies (blindevinkies) rondom.
  4. Skep dit uit en hou dit warm.
  5. Soteer die ui in dieselfde vet totdat dit ligbruin is.
  6. Voeg die blindevinkies by die ui.
  7. Los die vleisekstrakblokkie op in die kookwater, en gooi dit oor die blindevinkies.
  8. Plaas die deksel op en stowe dit 1½-2 uur lank totdat die vleis sag is.
  9. Voeg ‘n bietjie aftreksel of water by indien die gereg gedurende die gaarmaaktyd droogkook.
  10. Skep die blindevinkies uit in ‘n warm opskepskottel.
  11. Vermeng die koekmeelblom met ‘n bietjie van die aftreksel in die kastrol tot glad.
  12. Roer dit by die aftreksel totdat dit begin verdik.
  13. Proe en voeg nog geurmiddels by na smaak.
  14. Gooi die sous oor die blindevinkies en strooi die gekapte pietersielie oor.

Kommentaar (141)

Kommentaar RSS vir die Inskrywing

  1. Jane sê:

    :njam: :njam: Dit klink baie lekker :fokk:

    Wonder net oor die naam :?:

  2. Jane sê:

    :moersad: Nou klink die pap en wors vir vanaand nie meer lekker nie :moersad:

  3. Gert sê:

    WEER! Selfde tyd. :lol:

  4. Fishy:-) sê:

    :lippies: bey almal.

    lekker aand

  5. TANNIE sê:

    Fokk – diere vreet – nie mense nie!

  6. Jane sê:

    Ooits, :fokk: en :platkuif: is vinnig vandag …

    Nuwe post >>>>

  7. Dellie sê:

    Liewe :fokk: dit lyk lekker. *druk oë toe*

    Kan ons nie bietjie ‘n lekker slaaitjie offi ding kry wat nie my vreeslike mooi eetpatroon wat ek nou al sooo lank aan werk sal op :fokk: nie??

    Of moet ek ma net my marshmallows toast om meer calories te verbrand? :mrgreen:

  8. TANNIE sê:

    oits sorry nie FOOK nie, Fokk!

  9. des sê:

    nou is die ♪♪♪♪♪♫♫♫♫ – post weg

  10. PIET sê:

    Check op News24.

    Polieste skiet op Polisie reserviste.

    Wat moet nog in die land van ons gebeur??????

  11. Stig sê:

    Is dit ek of is daar nie vleis van enige soort in die gerg nie?

  12. Gert sê:

    Ek gaan begin oppak. Dankie vir die gesels. Lekker aand vir almal.

  13. Stig sê:

    Obviously is die dag te lank

  14. Jane sê:

    :dellie: :dellie: Jou wordpress adres is verkeerd getik, het dit agter gekom toe ek op jou naam click….

  15. Bollie sê:

    Klink ‘n baie lekker resep, ai maar goeie rump
    kos ook al ‘n arm en ‘n been, FOKK wat is jou
    geheim om vleis lekker sag te kry.??

  16. nicole sê:

    Blinde vinke is ‘n Nederlandse resep. Jy kan allerlei vulsels daarin sit, sal bietjie moet kyk deur my nota’s…Baie lekker en die beesvleis is dun wat jy gebruik so dis nie soooooo duur nie.

  17. TANNIE sê:

    moet sê, die prenkie daarbo lyk nogal njammies.

  18. nicole sê:

    ek maak weer ‘n konkoksie klaar ,sonder resep, partykeer werk dit baie goed uit (partykeer is dit ‘n flop ook en dan is ek in die dogbox!)Maar ek het baie knoffel en gemmer en chili’s in… en dan ag julle weet mos bietjie van dit ,proe, bietjie van dit, proe, en naderhand weet jy nie meer wat jy alles daarin het nie en jy kan dit nie herhaal nie want jy weet nie meer nie! Olala

  19. nicole sê:

    het iemand die Burger gelees? (sorry stupid question)

    Die “van alle kante” op die editor’s blads. is hilarious en so waar!
    Die mans het ‘n bierpens = so jolly mense
    vrouens word net vet…..nie eerlik nie nê?? maar is mos waar of hoe?

  20. Jane sê:

    :bollie: Bruin suiker, asyn en worcestershire (woestersous, :fokkit: weet ook nie hoekom is dit so moerse naam nie) ….ons maak so marinade vir die vleis veral steak en fillet, dis baie lekker en maak dit ook sag en baie sappig.

  21. nicole sê:

    Ok ek moet weer kombuis toe, ek sien Kapitein het sy krant klaar gelees.

  22. TANNIE sê:

    ok baai parras, ek gan nou fietsry en dan begin met die moerby. leke aand!

  23. witgesiggie sê:

    Wanneer julle kos praat loer en net vinnig in en dan’s ek liewers weer weg voordat ek aan’t kwyl gaan.
    My dieet (nuwe eetgewoonte by hierdie tyd) laat nie al die lekkernye toe nie!
    Julle wat kan – geniet! :lol:

  24. boskind sê:

    alloooo is dit hier waar julle weg kruip.. long time no see

  25. boskind sê:

    wie vry wie.. wie kuier by wie..

    update my biki seblief..

  26. Slobie sê:

    Mirrag amal

    Punk Rocker sit in n kroeg, sy hare is gespike en al die kleure van die reenboog. Oorkant hom sit n Vrystaat Boer, kakie klere, hoed en vellies, hy bekyk die Punk, die punk raak ongemaklik en vra: “Wat kyk jy outoppie, het jy nog nooit iets snaaks gedoen in jou lewe nie?” Die boer sit sy pyp neer en antwoord: ” Ja boet toe ek so twaalf jaar oud was het ek n pou ge :spyker: , nou wonder ek net of jy nie dalk my laaitie is nie…

  27. Jane sê:

    :fokk: Jy hoef nie meer te worry oor jou gewig nie, onthou om ‘n home executive te wees is HARDE werk, ek het reeds 8kg verloor :lol:

  28. Ella sê:

    More allie :parras: en boskabouterkies :)

    What a day! Watter advertensie is dit nou weer? O ja, daar waar die ou op sy gaai sit en sy vrou moet alles doen :lol: :lol:

  29. Mystic sê:

    :oops: pla my al heeldag :poephol: dink nie aan woordeboek nie “beef olives”

  30. Mystic sê:

    Beste marinade vir steak

  31. Ella sê:

    En vir die wat nie weet hoe om ‘n eier te posjeer nie. Daai wat ons gister/eergister van gepraat het :lol:

  32. boskind sê:

    julle mag maar vir my resepte email/… ek sal glad nie mind nie

  33. Mystic sê:

    “reduce” 500ml Coke, 125ml brannas e hin lepel blatjang to dun stroop voeg twee lepels elk sojasous en asyn by en kook 3-4 min. Marineer steak net 30 min en moenie bedruip nie :njam:

  34. Mystic sê:

    :ellakie: ek dink ek gaan vir Genius ene kry vir sy bday “wink”

  35. Ella sê:

    O wag, ek vertrek ook langsaan toe ——>>>>

  36. BokBal sê:

    Die Blinde Vinkies is ‘n baie goeie band.

Los Kommentaar




Gaan na Gravatar om 'n prentjie langs jou naam te kry.

Kliek hier vir 'n lys van al die "Fokkies"!