110

WILD WEST

wild west’n Streeklanddros en ’n aanklaer van Musina het glo omkoopgeld aanvaar om hofsake te beïnvloed.

Streeklanddros Ronnie Rambau en mnr. Estene Willemse, streekhofaanklaer, het gister saam met mnr. T.E. Lobisi, ’n prokureur, op aanklagte van korrupsie in dié dorp se landdroshof verskyn.

Nog drie ander wetstoepassers het ook gister op strafregtelike aanklagte in howe verskyn. In Sasolburg het ’n hoë polisie-offisier in die hof verskyn nadat hy na bewering ’n vrou in sy kantoor verkrag het.

En in Johannesburg het twee polisiebeamptes op aanklag van moord en gewapende roof verskyn nadat ’n Egiptiese smous tydens ’n rooftog by die Bruma-snuffelmark in Johannesburg doodgeskiet is.

Die landdros, aanklaer en prokureur het die naweek in die Musina-polisieselle deurgebring nadat hulle Vrydagmiddag laat in hegtenis geneem is.

Beeld verneem ’n polisie-informant is in die ondersoek gebruik. Die informant het glo gemerkte geld aan Lobisi gegee om ’n uitspraak te beïnvloed.

Van die gemerkte geld is glo by Willemse en Rambau gekry. Dit is nie bekend wat die aanklagte in die betrokke saak was nie.

Beeld verneem omkoopgeld is glo in sake van moord, verkragting en voertuigdiefstal betaal. Dit het glo op opgeskorte of ligte vonnisse uitgeloop.

Die drie mans is op borgtog van R10 000 elk vrygelaat.

Mnr. Danie Schoeman, sekretaris van die Landdrostekommissie, het gesê hulle het met ’n ondersoek na Rambau begin. Die proses vir sy skorsing is volgens hom reeds aan die gang.

Reëlings is ook getref dat Rambau “nie op die regbank aangewend sal word” nie hangende die ondersoek.

Die senior polisielid van Sasolburg is gisteroggend in hegtenis geneem. Klagte van verkragting en aanranding word ondersoek, het mnr. Moses Dlamini, woordvoerder van die Onafhanklike Klagte­direktoraat (OKD), gesê. “Hy het die slagoffer glo Vrydagaand omstreeks 21:30 in sy kantoor in die Sasolburg-polisiekantoor verkrag.”

Die polisielid het die vrou geroep om te vra of sy ’n dokument vir hom sal tik toe hy die kantoordeur gesluit en haar glo verkrag het.

lees verder hier

Hier aan die gatkant van Afrika maak elke ou maar soos hy goed dunk…en die grootte van jou tjekboek bepaal die ‘version’ van die law wat vir JOU geld…

Kommentaar (110)

Kommentaar RSS vir die Inskrywing

  1. Daisyblom sê:

    Scary!

  2. PIET sê:

    Jackie Selebe het 3 jaar terug al die kuns vervolmaak :wtf:

  3. Joe sê:

    Daardie ou het reg opgetree! Skiet eers en vra dan vrae.

  4. naaldekoker sê:

    Dit is iets wat hulle met wortel en tak moet uitroei asap. (korripte polisielede) Om te dink hul wil he die publiek moet ontwapen word sodat net die wetstoepassers wapens het – wat gaan dan gebeur :?:

  5. Stig sê:

    Die polisie is verby korrup. Hoe word mens ‘n poliesman/vrou as jy so lekker groot Macdonalds pens het?

  6. Joe sê:

    Dankie vir die simpatie :bokbal: Dit is veral seer as ek lag! :grin:

  7. Jane sê:

    Belaglik :evil: En hierdie mense moet ons beskerm, ‘n voorbeeld stel, gemoedsrus gee, ens :moerig:

  8. Wondernet sê:

    Nee :stig: dis hoender pote marog en puttupap. (sorry :joe: spelling)

  9. Bollie sê:

    Ons land is ficken korrup, lees gister indie Burger
    van die vrou in Plet. wat die polisie ‘n geleentheid
    huis toe gee toe verkrag een van hulle haar.

    ————
    ‘n Ma wat my vriendin ken se dogter en haar man was
    Saterdagaand in ‘n motorongeluk naby ons lughawe, na
    die motor gerol,(die man is bewusteloos) kruip sy onder
    die motor uit, en voor die paramidici opdaag verkrag ‘n
    etterkop haar in haar toestand, wat kan ‘n mens met so ‘n
    ding doen!!!

  10. Des sê:

    Gou so boetjie werk gedoen…. waaroor praat ons?

  11. BOSVARK sê:

    :dezzy: hoekom sien die mense ons IT ouens as harde werkers – lyk ons altyd moeg gewerk

  12. Stig sê:

    Mens het respek vir gereg en vir die pote GEHAD! :skapie: :balswaai:

  13. BokBal sê:

    Ag, dis net in Afrika.

    In Malawi ry ‘n dronk gat in ‘n ou, wat ek ken, se kar se gat vas. Die dronkgat jaag weg en die ou sit hom agterna. Die dronkgat jaag in die die polieste se jaart agter die polieste kantoor in. Die ou gaan lê ‘n klag by die aanklagkantoor.

    Einde van die storie: Die ou sit vir ‘n week in die tronk omdat hy dit durf waag om oor die dronkgat bevelvoerder se bestuursvernuf te kla.

  14. Wondernet sê:

    :joe: wat van “smilies” (skaapkoppe) en pap?

  15. TANNIE sê:

    Die wêreld is ‘n baie siek plek – en Afrika is besig om te vrot. Dis net ‘n kwessie van tyd. Daars nie meer salf te smeer nie.

  16. BokBal sê:

    Afrika is die :poephol: van die aardbol.

  17. Des sê:

    bietjie boetjie bietjie boetjie

  18. Daisyblom sê:

    Oeeewhieee!En wat sit daar op bl3 van die koerant vanmore?

    n Nice foto van die nuwe MENEER SUID-AFRIKA!!! Njam, njam… en voor julle wonder, hy is wit!

    sjoe… hy is sag op die oog!

  19. Verdwaalde Gulpie sê:

    En in die land van die blindes is “internet celeb” koning.

  20. TANNIE sê:

    Skip hierdie comment indien jy nie hou van wat ek sê nie –

    ek wonder, as Liewe J esus so afkyk aarde toe, hoe hartseer Hy nie moet wees nie.

  21. Dezzy sê:

    IT ouens werk altyd hard

  22. Des sê:

    :gulpie: Hoe laat begin daai klas? Die agterste fiets is geboek. My naam is daarop.

  23. Gatvol sê:

    Ja julle ek kry ook sommer nou ‘n depro van al die lelike goed in die wereld. En dan val daar ook nie eens nog paaltjies in die krieket nie. :(

  24. Mystic sê:

    Genius speel met hin trompie :wondernet:

  25. Gatvol sê:

    Tendulkar is nou so lekker ingesettel hy gaan daar staan vir ewig.

  26. Dezzy sê:

    Ek werk so hard……. My maag wil nou saam begin werk :lol:

  27. Sharpshoot sê:

    Sup Parras!

    Joe watse kos voer jy vir Laika?

    • Daisyblom sê:

      Hallo Sharpie. How’s life?

      • Sharpshoot sê:

        Lekker man lekker! Het Sebastiaan nie weer ‘n gelukkie iewers opgetel iewers nie?

        • Daisyblom sê:

          Die immorele klein gigolo het tot die bure se dalmation probeer… maar sy byt!

          • Sharpshoot sê:

            As hy NIE getry het nie was hy in die ander honde se oë immoreel! Doen hom tog ‘n guns, en bind daai Dalmation se bek toe!

          • Daisyblom sê:

            Amazing hoe manne bymekaar kan staan :roll:
            Ek is kwaai met die bure om hul dalmation binne hul erf te hou… sy het al die ander bure se maltees doodgebyt en Sebastian probeer.. nou ja :roll:
            Dalk reken my brak: “what a way to go..”

          • Sharpshoot sê:

            Going out with a bang!

            Jy moet eerder met die bure reël dat julle daai twee sosialiseer – dit gaan ‘n hartseer dag wees as iets moet gebeur.

            Begin op neutrale plek met altwee aan ‘n leiband. Begin ver van mekaar af – en werk geleidelik nader aan mekaar. As daar enige aggressie van die Dalmation af is – moet haar eienaar haar korrigeer.

          • Daisyblom sê:

            Sharpie, haar eienaars is bejaard en glad nie meer lus om n jong hond nuwe truuks te leer nie. Hulle het voorheen n dalmation gehad en toe die weg is het hulle die fout gemaak om:
            - weer n dalmation te kry
            - n 8-maande oue hond by iemand oor te vat
            - hulle erf is klein en hulle gaan stap nie met haar nie!

  28. fishy sê:

    ek toi toi sommer

  29. Stig sê:

    Drink Break :roll:

  30. Kadoes sê:

    Ek sien ek is wragtig nie meer op beste performer bosparra map nie en vandag gaan ek ook omtrent net kan rooflees. Boe hoe hoe …. niemand mis my ook nie.

    Wil net sê oor die kiekies van Haiti wat Gigi gestuur het. Ek het hulle mooi bekyk en beloer en toe besef dis nie Haiti nie … dit was die Tsunami ‘n paar jaar terug se foto’s. In Haiti het niemand in die see beland nie. Die tsunami foto’s is al menige kere gepubliseer met nuwe rampe ….

    Maar daar is heelwat baie erge foto’s op die web oor Haiti ook.

  31. Dezzy sê:

    5 paalkies

  32. BOSVARK sê:

    Yes Yes Yes

  33. Joe sê:

    :ss: ek was nou lank van die lug af. Jy het gevra wat vreet Laika. Eukenuba pille soos aanbeveel deur ‘n Schnauser teler hier naby. teen R150/3Kg

  34. jannas sê:

    Vrydag is ek by twee ou mense se verjaarsdag, se die een ou se seun die beste ding wat met ons gebeur het is 1994, nou koop omtrent elke laaitie as hy klaar is met skool ‘n bakkie en begin sy eie entepreneur skap, hy beweer dit het die afrikaner selfstandig gemaak. Ek se toe en baie arm en werklose afrikaner blankes ook. Gee hy my toe ook!!!!
    Hy se ook hy gaan nerens heen nie want hy voel veilig hier die **** beskerm hom.

Los Kommentaar




Gaan na Gravatar om 'n prentjie langs jou naam te kry.

Kliek hier vir 'n lys van al die "Fokkies"!