Waar is Liewe Jesus?

Hi Platkuif,
Hoop dit gaan goed! Ek het die ontvang, wil net hoor, dink jy nie die kan oop gegooi word vir bespreking en plasing nie.

Dankie,
Jade22

“Ons stuur nie gewoonlik die “forwards” uit vir ePosVriende nie, maar ons voel die saak benodig ernstige gebed”.

Die afgelope week het daar ‘n nuwe advertensieveldtog op Londen se rooi busse en in die tubes begin. Dit lees: “There’s probably no God. Now stop worrying and enjoy your life.”

http://news.bbc.co.uk/1/hi/england/london/7681914.stm

Die oorspronklike advertensie het gelui: “There is no God…” maar volgens Britse advertensiewette moet mens dit wat jy in ‘n advertensie sê kan bewys, en hulle is dus gedwing om die woord “probably” in te sluit.
Ek heg foto’s van een van die busse en van ‘n tube advertensie aan.

Die projek is in Oktober verlede jaar bekendgestel deur Prof. Richard Dawkins, bekende ateïs en skrywer van die boek ‘The God Delusion’. Daar is ‘n internet-geldinsamelingsprojek opgestel om die veldtog te befonds. Hulle het gehoop om £5500 (R80 000) bymekaar te maak om die projek te finansier, maar tot dusver het mense al meer as £148 700 (=R2.1 miljoen) bygedra!!

Die advertensies gaan nou tot Februarie op 800 busse, 1000 plakkate in die tubes(treine) en 2 videoskerms in tubestastes (trein stasies) vertoon word.

Vanoggend se Mail&Guardian in Suid-Afrika berig dat dit ook oorgespoel het na Spanje en Italië. In Barcelona gaan dieselfde boodskap op busse verskyn,en in Genoa, Italië, lui dit “The bad news is that God does not exist. The good news is that we do not need him”. Australië en Kanada is nog in onderhandelig met hul advertensiereguleerders om die advertensies ook daar te vertoon.

Eish. ‘n Mens kan net smile…want jy WEET mos. En dan bid ;-)

 

RSS feed

Gaan na onder112 Comments »

Comment by Tulbril
2009-02-03 08:04:14

‘n Mens kan maar net vir hulle bid………………………………..

 
Comment by Gatvol
2009-02-03 08:06:09

Wat wil hulle hierdeur bereik? :roll:
En wat gaan die oom Po*s sê daarvan in Italië?

 
Comment by jannas
2009-02-03 08:12:10

Moet ons op sulke :kak: ads. reageer. Ek dink ons moet soos die moslems maak en die ou wat dit begin het target, saboteur sy woning, kar ens.
Hou heel nag party voor sy huis. :poephol:

 
Comment by Middelvinger
2009-02-03 08:16:27

Dit is slegs deur die Heilige Gees wat hierdie mense bereik kan word! Daarom sal ek bid vir wereld wye herlewing wat met my moet begin.

 
Comment by jannas
2009-02-03 08:19:49

Waar is pluim dat ons haar reaksie kan hoor????????????

Comment by platkuif
2009-02-03 08:24:23

wonder ek ook…Pluim??

 
 
Comment by platkuif
2009-02-03 08:20:06

hoe ‘leeg’ moet mens nie voel as jy nie in *** glo nie.Bid Bid Bid

 
Comment by jannas
2009-02-03 08:26:47

Ja ek dink ook dis ook maar mense wat aandag soek om op ‘n ander manier geld te kan maak.

 
Comment by DoosDeluxe
2009-02-03 08:28:08

Sjym. Lat mens nou so op jou eie pap kan skyt. Dis hartseer.

J.E.S.U.S. RULEZ!

Comment by platkuif
2009-02-03 08:34:54

100% Dit is great om te lees en te sien dat daar mense is wat nie skaam is om te erken en te confirm en sommer net ‘n lekker lawaai te maak dat ***** Lewe en ‘n Realiteit in ELKEEN van ons se lewens is.

Comment by sunnysidegirl
2009-02-03 13:43:32

dit was so paar weke terug hier in die nuus in die UK, een van die bus bestuurders wat ‘n Christen is het geweier om sy skof een van die busse te bestuur en hy is toe huis toe!!! ek haal my hoed af vir die man! ek woon nie meer in london nie maar ek weet nie of ek op so bus sal wil klim nie….

 
Comment by sunnysidegirl
2009-02-03 13:51:00

een van die bus bestuurders was in die nuus hier want hy het geweier om die bus te bestuur met die advertensie op die kant - hy is ‘n Christen en het vas gestaan hy sal nie die busse gebruik nie! ek haal my hoed af vir die oom!!!!

 
 
 
Comment by jannas
2009-02-03 08:29:14

Ag en dit wys ook maar net weer hoe verval die wereld. Die kinders van vandag is baie bedreig met sulke uitsprake.
Dit raak al moeiliker om kinders groot te maak.

 
Comment by Tweety
2009-02-03 08:33:36

hello :parras:

ek het nie woorde nie :shock:

 
Comment by Rietrot
2009-02-03 08:35:20

Hello

Jammer vir die copy en paste, maar dit het tog te doen met die topic: http://news.bbc.co.uk/2/hi/uk_news/england/hampshire/7832647.stm

 
Comment by kadoes
2009-02-03 08:35:30

Die blinde sambok gaan hulle weer goed looi … dan wil hulle weet hoekom dan.

Comment by ivorybar
2009-02-03 08:37:00

Ek stem :kadoes: - daai sambok slaan hard

 
 
Comment by Middelvinger
2009-02-03 08:37:08

Die grootste probleem is die wat beweer hulle hou hulle eie kerk langs die viswaters, krieketveld, in die Mall, by die fliek, in P’n P ens. Dit boodskap wat ons vir die kinders stuur is dis okei om spiritueel te wees maar G od het ons nie nodig nie. Ek weet dat so min soos dit van jou ‘n motor maak om in ‘n garage te staan maak dit van jou ‘n christen om kerk toe te gaan, maar alle motors moet van tyd tot tyd gediens word! As die kerke leeg is, is die tronke vol!

Comment by Duusman
2009-02-03 08:41:34

Dis darem nie heeltemal waar nie- die mees goddelose lande het die minste crime.

.. en waar kan ek ‘n donasie maak vir hierdie welkome veltog.

 
Comment by Kloppertjie
2009-02-03 09:38:57

Dan kan ek byvoeg dat om “gediens” te word beteken nie jy moet in daai baksteen gebou of hut genaamd ‘n menslik geboude kerk sit nie…hoe nader aan jou Skepper wil jy kom as om na ‘n sonsondergang of sonsopkoms te kyk, hoe ‘n kind gebore word, hoe ‘n vlinder in die tuin rondvlieg of die voeltjies hul nessies bou, nader aan jou G O D as dit kan jy nie kom nie…weereens dis MY eie opinie, hoef nie joune te wees nie. maar ja, ek stem, Pick a Pay? Waar in jou lewe genade tog!? As jy in Pick a Pay rondloop is die naaste aan geloof wat dit jou kan bring die hel - as jy na die flippen pryse van items kyk!!!!

 
 
Comment by Wondernet ®© ♂♪♥♀ & WP
2009-02-03 08:41:51

Onthou die term G0D hou vir my ‘n betekenis is. Maar onthou die woord G0D het ook ‘n betekenis vir die Moslems.

Dus beweer hy dat as daar volgens hom geen G0D is nie daar ook geen Allah (spelling) is nie, derhalwe sê ek dat sy :kak: klaar geboek is.

Wat sê jy Mnr B Laden?

Comment by Kloppertjie
2009-02-03 08:52:36

Ek stem. Baie gelowe glo in ***, hulle benaming is net anders. So hier trap hulle nou op al wat ‘n Christen is se tone SOWEL as Moslem. Daar gaan groot stront kom oor daai…kyk, elkeen kan glo of nie glo wat hy wil, maar om dit so doodluiters op ‘n bus te adverteer is verkeerd.

As geloofskwessies in skole en publieke plekke geban word, want almal glo verskillend, dan geld dit mos vir die nie-gelowige aka Ateis ook mos…

Comment by Kloppertjie
2009-02-03 09:16:18

net om by te voeg met wat ek hierbo gesê het - en soos Emil dit ook noem ondertoe, as Christene kan adverteer, kan nie-Christene ook adverteer.

Ek voel ook, as ‘n Christen of Moslem se geloof sterk genoeg is, behoort sulke advertensies hulle nie juis te pla nie, of is hulle bang hulle “val vannie bus af” en raak verlore en vergeet wie hul G O D is? Want as jy bang is daarvoor, dan moet jy maar worry want dan is jou geloof nie so sterk as wat jy sê en voorhou nie. En as jy bang is jou kinders dwaal vannie spoor af, dan is jou onderrig aan hulle ook nie voldoende nie, en leef jy nie as voorbeeld vir hulle om self te sien en te kan besluit nie.

Ek sê nie ‘n Christen moet hou van sulke advertensies en dit goedkeur nie, maar as vryheid van spraak geld vir Christene, dan kan jy nie sê ander mense mag nie die of daai adverteer want jy hou nie daarvan nie…hoop ek maak sin….wat geld vir die een geld vir die ander…

En nee, ek weet wat EK glo, en dis nie oop vir discussion nie…ek praat nou in die algemeen maar net

en ter verduideliking van my sin wat lees “maar om dit so doodluiters op ‘n bus te adverteer is verkeerd.”

Dis asof dit aspris is en ek is convinced dis iemand se idee om k*k te stir…iemand met baie geld wat WIL stront hê….want daai iemand / of persone WEET maar te goed dat al wat ‘n gelowige nou in opstand gaan kom en baklei daarteen en dis wat hulle wil hê - ONMIN

maar dan weer, ek raak ook highly highly annoyed as kerkmense op naweke aan my deur klop met hul boekies, ek raak ook annoyed as ek 20 duisend e-mails ‘n dag kry waar, as jy nou ‘n ware Christen is sal jy tyd maak vir G O D en die ding aanstuur aan al jou vriende en bla bla, dis chain mail en ek pes dit…en NIEMAND vertel my in WIE of WAT en HOE ek moet glo nie…bv, bid met jou ogies toe anders bid jy nie….KAK man!

 
 
 
Comment by Black Adder
2009-02-03 08:46:53

Hallo julle- Dis terrible - ek sal net graag wil weet waaraan hou hierdie mense vas, as jy nie in G od glo, of nog erger, glo dat Hy nie bestaan nie, wat het jy? Dan kan hierdie mense nie verstaan as al hierde terrible dinge met hulle gebeur nie….ai ai ai

 
Comment by Tweety
2009-02-03 08:49:08

okay, ek het my woorde gekry,
ek kan julle heeldag besig hou as ek begin vertel, met bewyse, van hoe G od my gebede beantwoord,
hoe Hy my seën, hoeveel ek het om voor dankbaar te wees…
daar bestaan by my geen twyfel dat G od bestaan en dat Hy die enigste ware, lewende, almagtige G od is!

Comment by Black Adder
2009-02-03 08:50:16

Amen :tweety: Amen

 
 
Comment by Black Adder
2009-02-03 08:49:38

Ek kan getuig van wonders wat Hy elke dag in my lewe doen - net die feit dat ek en my gesin gesond is en kos op ons tafels het is ‘n GROOT sening. Daar is soveel tekens om ons dat daar ‘n G od is, hoe kan iemand dit nie raaksien nie, gaan my peanut brein te bowe.

Comment by Tweety
2009-02-03 08:55:37

:tjomme:

 
 
Comment by TANNIE
2009-02-03 08:50:27

En gelukkig het die liewe Vader vir my ‘n brein gegee om self te besluit of daar ‘n *** is aldan nie.

 
Comment by Emil
2009-02-03 08:51:33

Kan mens dalk so daarna kyk? Gelowige adverteer eredienste, byeenkomste en diesmeer. Kan nie-gelowiges (ek is maar versigtig vir die term ateis, want dit is tog maar net nog ‘n vorm van geloof, daardie geloof in niks) nie maar ook soortgelyke advertensies plaas nie? Wat is dan nou kwansuis verkeerd met “Now stop worrying and enjoy your life”. Ons doen dit moes in ieder geval, gelowige of nie-gelowige.

Ek dan die Vader dat ek agnostiese kan wees :wink:

Want dit is makliker om albei kante te aanvaar, en nie regtig te worry nie!!

Hoe het daai song gegaan: “don’t worry, be happy”

Comment by platkuif
2009-02-03 08:57:18

howzit emil…ek het gewonner wanneer gaan jy ‘reageer’…hierdie is mos jou ‘kos’ ;-)

Comment by Emil
2009-02-03 09:14:22

Ek begin al hoe minder oor die onderwerp sê. :wink:

Mense verstaan my nie so lekker nie. Ek sien ‘n groot verskil tussen geloof en godsdiens. Beteken vrae vra outomaties ongeloof?

Comment by Kloppertjie
2009-02-03 09:17:59

I like your thinking…gaat lees my essay boontoe…

 
 
 
Comment by blackie
2009-02-03 12:26:13

Emil

Jammer oor die avatar (nie-bestaan van…) Ek stem nie met jou saam dat ateisme ‘n vorm van geloof (geloof in niks, soos jy dit sien) is nie. Ateisme is die AFWESIGHEID van geloof in die bonatuurlike. Ekself is ‘n ongelowige wat nie met die idee dat daar ‘n versamelnaam vir nie-gelowiges moet wees, saamstem nie. Net soos geeneen hom as ‘n nie-rassis of nie-tamatiesouseter hoef te identifiseer nie. Almal van ons is eintlik ateiste ten opsigte van duidende gelowe, aangesien geeneen in AL die gode wat bestaan, en voorheen bestaan het, glo nie. Min, indien enige, glo in Apollo, Zeus, Wotan, ensovoorts. T o v elk van daardie gode is jy dus ‘n ateis. Ten opsigte van jou *** is Hindoes ateiste, soos wat jy ten opsigte van hulle gode is. Diegene wat deur julle ateiste genoem word omdat hulle nie in jou *** (die *** van die Christen-geloof) glo nie, glo dus eintlik maar net in een *** minder as jyself.

Comment by Retha
2009-02-03 15:52:42

Blackie sê: “Diegene wat deur julle ateiste genoem word omdat hulle nie in jou G o d glo nie, glo dus eintlik maar net in een *** minder as jyself.”

Ja, en ek het elke ander uitrusting in my kas verwerp om vandag te besluit op wat ek aanhet. ‘n Nudis het net een uitrusting meer as ek verwerp.
Terloops, dan moet daar seker nie ‘n woord soos nudiste bestaan nie. Daar bestaan nie ‘n woord vir nie-tamatiesouseters* nie, hoekom moet daar een bestaan vir nie-kleredraers?


* Daar bestaan: Dis “nie-tamatiesouseters”

 
 
 
Comment by Emil
2009-02-03 08:52:16

dan = dank

 
Comment by woepsie wat weet Middel is George Michael
2009-02-03 08:54:32

Dit help fokkol om te bid vir mense wat van beter weet nie. So fok hulle almal.

 
Comment by Black Adder
2009-02-03 08:54:40

Emil - as ons ons Christenskap “adverteer” soos jy sê - dan doen ons dit in die naam van ons G od, reg? Hierdie mense adverteer dit ook, maar in die naam van hulle eie denke en persepsies - DAARmee het ek ‘n probleem.

Comment by Duusman
2009-02-03 08:57:30

Tannie BA- lees weer tannie se comment- dit maak nie sin nie

Comment by Black Adder
2009-02-03 08:58:13

wat maak nie sin nie?

Comment by Duusman
2009-02-03 09:09:17

“…..dan doen ons dit in die naam van ons G od, reg? Hierdie mense adverteer dit ook, maar in die naam van hulle eie denke en persepsies - DAARmee het ek ‘n probleem.”……..

Comment by Black Adder
2009-02-03 09:10:58

Duusman, kom tot die donderse punt, help my niks jy copy en paste my goed nie, wat maak nie vir jou sin nie? :poephol:

(Comments wont nest below this level)
Comment by Duusman
2009-02-03 09:24:51

“…..dan doen ons dit in die naam van ons G od, reg? Hierdie mense adverteer dit ook, maar in die naam van hulle eie denke en persepsies - DAARmee het ek ‘n probleem.”……..

so sê tannie BA. As Mr BeanLaden hierdie presiese woorde sê, is dit nog geldig? As ‘n sangoma hierdie woorde sê is dit nog geldig?

“dan doen ons dit in die naam van ons G od”- vir my betekin dit dieselfde as iemand wat “iets” wil doen in die naam van hul voorvaders, of die tandmuis of die paashaas.

 
 
 
 
 
Comment by Emil
2009-02-03 09:01:26

Ek sien jou punt. So dink iemand soos Dawkins weer dieselfde. Hy het ‘n probleem met gelowiges wat halusionêr. Verskillende wêrelde, dink ek. Ek is baie bly, ten spyte van my eie sienings oor godsdiens, dat ek nie Dawkins is nie :lol:

 
 
Comment by Kloppertjie
2009-02-03 08:56:00

Hi Emil, sien my reply so paar comments boontoe, ons raak half-half aan dieselfde ding….

 
Comment by Black Adder
2009-02-03 08:56:31

:woepsie: ons moet JUIS bid vir mense wat nie van beter weet nie - ek glo eventually sal die penny drop

Comment by platkuif
2009-02-03 09:08:39

ek stem.en bid is maklik.En verniet ;-) Hoekom nie?

 
 
Comment by muffia
2009-02-03 08:58:59

Ons H EER en MEESTER werk op snaakse maniere

Is daai nie dieselfde busse wat gister/eergister NIE kon ry nie agv die sneeu ???
Ek weet een of twee dae “loss of production” kan nie die ekenomie werklik so seermaak nie, maar wat as daai sneeu so een of twee maande begin val en niemand kan busry werk toe nie - wat gaan dan met die ekenomie gebeur

Ek weet een of twee dae “no work” agv “no transport” is moerse, maar wat gebeur as jy een of twee maande nie by die werk kan kom nie

Wat my dwars in die krop steek is die feit dat hulle R80k gesoek het met hulle campaign en chop chop R2.1m ingesamel het
Ons as Christene moet begin om ons geloof meer uit te leef en nie skaam wees om vir die werêld te wys ons is gelowig

ps goed so vir daai busdrywer in Rietrot se link - ons moet nie ter wille van job security ons monde hou oor dinge wat verkeerd is nie

Comment by Emil
2009-02-03 09:02:22

Dit hang natuurlik heeltemal af van jou gesloofstandpunt. Net so kon busse wat die teendeel adverteer ook nie ry nie!

Comment by muffia
2009-02-03 09:09:12

“point taken, considered and unconditionally accepted”

 
 
Comment by Jade22
2009-02-03 11:15:23

Hello almal,

Ja elk een is geregtig op ‘n eie siening van die onderwerp….en Muffia jy is reg, in ‘n baie kort tyd het hulle die fondse ingesamel, kyk net hoe lank sukkel ons om genoeg bymekaar te kry vir die Missing Children rojek…. miskien gaan ons verkeerd te wer en is daar nie genoeg sensasie aan die saak verbonde nie.

As gelowige is dit vir my belangrik om my godsdien vry en regverdig uit te leef sonder om elke 2 minute te moet lees, G*D bestaan dalk nie en ek moet die lewe geniet en nie bekommer oor die dag van more nie… in die werklikheid werk dit nie so nie. Mens kan nie jou gedagtes afskakel en net ophou worry nie… dit is deel van jou menslikheid.

Hierdie aksie teen die geloof van die Christendom is soos die spreekwoordelike klein jakkalsies wat die wingerde verniel. Ongelukkis is daar baie honger jakkalse en die wingerdland word al hoe kleiner. Dit is juis nou dat ons moet sterk s in ons geloof en die jakkalse verdryf..

 
 
Comment by Gatvol
2009-02-03 09:01:55

Die christelike boodskap het van Europa af na Suid-Afrika gekom destyds. Ek glo ons sal dit weer moet terugneem.

Comment by Retha
2009-02-03 15:59:13

Mens sal ja. Gatvol, dis maklik om op te hou glo as dit goed gaan. Hulle dink hulle het *** nie nodig nie? Europa sal agteruitgaan van ongeloof. Nou hou die waardes van Christenskap wat hulle nog volg hulle op (eerlikheid, fluksheid, ens.) Die waardes hou ‘n paar generasies langer as geloof. Maar as hulle eers na mense soos Michael Onfray begin luister, gaan hulle gou sink. (Onfray is die bekendste ateïs in nie-Engelssprekende dele in Europa. Hy redeneer ook dat mens alle waardes soos omgee moet uitgooi.)

 
 
Comment by woepsie wat weet Middel is George Michael
2009-02-03 09:03:03

BA

Hulle weet van beter. Die argument is eintlik moer eenvoudig. Ek gannie eens my tyd verwyl om hierdie saak te probeer betoog nie, maar wat ek wel vir jou kan se: Daar was ‘n moerse groot “Ateis” saam met my in die “army” en ons moes tydig en ontydig hoor hoe G od nie bestaan nie en eintlik net ‘n strokieskarakter is. Maar weet jy, eendag toe slaan ons die moeder van alles kontakte en raai wie bid toe die hardste in elke moontlike taal net om die “Hoofkwartier” mooi te laat verstaan dat ons manne in daardie stadium kon doen met ‘n bietjie “bo-natuurlike ingryping”.

So, hulle moenie met my kom kak praat nie.

Comment by Emil
2009-02-03 09:08:09

Hulle verskil net van jou siening! Ander ervaring. Kak is ‘n persepsie :wink:

 
Comment by platkuif
2009-02-03 09:16:19

oulike storie.toe daar gecall word vir ‘back up’…toe ‘leen’ hulle jou ‘back up’… ;-)

 
Comment by Retha
2009-02-03 16:00:57

Woepsie- ek glo jou. Een studie het gewys dat omtrent 1/2 van mense wat hulself ateïste noem, soms bid…

 
 
Comment by Black Adder
2009-02-03 09:04:49

;)

 
Comment by Emil
2009-02-03 09:05:38

EK dink natuurlik dit is heeltemal verkeerd om iemand te ontslaan oor hy nie die bus wil ry nie. Hy kan seker tog ‘n bus kry wat iets anders adverteer. Dis dieselfde as iemand te ontslaan wat ‘n kopdoek op ‘n vliegtuig dra.

Aan die anderkant, waar trek ons die streep? Kan ek dan in dieselfde asem weier om ‘n bus te ry wat drank adverteer? Hel, die mens maak bemoeienis met baie beslommerings!

Halusinasie of nie - each to his own. En dis nie ‘n draadsitter nie - dis soms die moeilikste standpunt, wat jy kan noodgedwonge enige kant to neer :bliksem:

 
Comment by Emil
2009-02-03 09:10:38

OK, moet die pad Hermanus toe aandurf.

Ek los julle met Habukkuk 3:17-19, my gunsteling verse in die hele Bybel, sodat mens weet hoe om die aanslag van die lewe te kan hanteer!

Vrede, begrip en verdraagsaamheid is die enigste dinge waaroor en waarvoor ek “bid”.

 
Comment by Emil
2009-02-03 09:11:36

Julle kan ook hierdie pragtige weergawe van die verse kyk: http://www.youtube.com/watch?v=LFAPRvwXWBE

 
Comment by Dori
2009-02-03 09:20:07

Laat die wat sondeloos is, die eerste klip optel. Ek is ‘n gelowige Christen en nie skaam om *** se naam te bely as my Redder nie.

‘n Mens kan nie geweld met geweld reg maak nie . . . dog ek se maar net.

Edited by ADMIN

Welkom Dori, sien asseblief die post wat handel oor Avatars: Reels aangaande Avatars

Comment by Joe
2009-02-03 10:15:16

Dori klik op my naam dan help ek jou ‘n avatar kry :)

 
 
Comment by woepsie wat weet Middel is George Michael
2009-02-03 09:20:48

Ek kan my nie herrinner aan enige bus “ad” wat ooit gese het: “Atheiste se ma se moer” of so-iets nie. Hierdie fokkertjies is niks anders as ‘n fokken klomp oppurtuniste nie. Ek daag hierdie lamlendige etters om dieselfde “stand” teen Bin Laden se perde in te neem. Sien, hulle is te gewoond dat Christene verdraagsaam is en vir hulle sal bid. Dis alles een groot aandagsoekery.

Hulle’s eintlik fokken slim, as ek nou so dink. Hulle “sub-kontrakteer” hul “gebedskontrak” uit….!! Praat van innoverende entrepreneurs.

Anyway, gelukkig kom die oordeel my nie toe nie.

Comment by Duusman
2009-02-03 09:26:12

“Anyway, gelukkig kom die oordeel my nie toe nie.” maar jy eis dit in elk geval op.

Comment by woepsie wat weet Middel is George Michael
2009-02-03 09:38:09

Lees so effens na die bokant liewe Duusdoos….! Jy weet mos hoe…?

Comment by Duusman
2009-02-03 10:27:19

christelik Woepsie

 
 
 
Comment by Kloppertjie
2009-02-03 09:32:30

psst, hulle het eintlik, whether hulle dit bedoel het of nie, OOK die Moslems insult, want hulle glo ook in G O D - onthou, Al lah = Arabic in engels = G O D. Alhoewel die Christene en Moslems glo elk se G O D is nie dieselfde *** nie, ALBEI glo in hul G O D, en die ad sê - G O D probably doesn’t exist. Hulle het nie gesê die Christen G O D of die Moslem G O D nie, dus kan mens ook sê hulle insult enige geloof wat in ‘n G O D glo…

ooops!

Comment by Duusman
2009-02-03 09:37:33

Dit is nie `n insult nie- dit is net ‘n opinie. Daar is waarskynlik nie ‘n G od nie (punt)

Comment by woepsie wat weet Middel is George Michael
2009-02-03 09:39:04

En jy sal dit natuurlik in die middel van Saoedi-Arabia herhaal, ne ou Dapper Duusman….?

Comment by Duusman
2009-02-03 10:24:42

………jy bevestig net wat ek reeds dink. Jou “geloof” is maar net politiese korrektheid .

(Comments wont nest below this level)
 
 
Comment by Kloppertjie
2009-02-03 09:58:17

ook true, maar die gelowiges wat in hul G od glo gaan dit verkeerd sien en vertolk en dis waar die stront gaan inkom…ek hou al my inbox dop want ek wed jou binne in ‘n dag se tyd kry ek weer chainmail waar al wat ‘n persoon is ‘n signature soek om daarteen in opstand te kom en wil inhandig by die owerhede of iets….! Shift-ALT- DELETE werk wonderlik darem…

 
Comment by Retha
2009-02-03 16:02:46

Bewys jou stelling met redenasies, Duusman.

 
 
 
 
Comment by woepsie wat weet Middel is George Michael
2009-02-03 09:35:17

Klopper

Waarom raak hulle dan nie “blatant dapper” genoeg en noem ‘n graaf ‘n graaf nie…?

Comment by Kloppertjie
2009-02-03 10:04:31

DIT is die vraag ja, maar ek het nie antwoord nie. Ek stem nie saam met die storie nie, maar wat ek wel weet is, dat wat geld vir die een geld vir die ander, so as gelowiges hul godsdiens kan en mag adverteer, kan daar nie gesê word daai mense mag nie HUL siening adverteer nie…gaan lees my essays boontoe, dan sal jy my siening verstaan. En jy hoef nie saam te stem nie, ek sien dinge maar net anders, en ek steur my nie rerig aan sulke goed nie - ‘n advertensie op ‘n bus gaan nie my geloof, dit waarin ek glo, verander nie. As dit doen, dan was my geloof in elk geval nie sterk gewees nie…

Mens kan, omdat jy jou eie siening het, jammer voel en glo die ander mense is verkeerd, maar hulle dink weer dieselfde.

Ek persoonlik voel almal moet almal uitlos laat jy glo waarin jy wil. live and let live. Verkondig jou geloof soos jy smaak, maar los ander mense laat hulle glo of NIE glo waarin hulle wil. Solank almal net vir almal uitlos, want ELKE LIEWE FOKKEN OORLOG IN DIE WêRELD GAAN FLIPPEN OM GELOOF. MILJOENE MENSE VREK AGV GELOOFSVERSKILLE. En DIT, is vir my so verkeerd…

Comment by Retha
2009-02-03 16:09:42

Kloppertjie, jy moet oppas wie jy glo hieroor. Daar is mense wat vir jou sal lieg sonder om te blik of te bloos, want hulle WIL geloof in ‘n slegte lig stel. Ek voel ‘n veer as iemand “There is probably no ***” op die kant van ‘n bus skryf. (Ek sal voel hy moet ‘n redenasie maak hoekom hy so dink.) Maar hy moenie LIEG en sê godsdiens is ‘n vername rede vir oorlog nie.

Hier is die werklike feite: http://gelowigenondersoekend.wordpress.com/2008/10/18/godsdiens-veroorsaak-oorlog-konflik-en-vervolging/

Bosparras, ek sê nie julle moet glo oor G od wat ek glo oor Hom nie. Ek stel dit wel: Godsdiens oor die algemeen is nie ‘n vername oorsaak van oorlog nie. Punt. As mense jou anders vertel, ken hulle nie die feite nie.

Comment by Kloppertjie
2009-02-03 18:11:20

Sien my comment en link na religious wars ondertoe…

 
 
 
 
Comment by woepsie wat weet Middel is George Michael
2009-02-03 09:36:11

Terloops, hulle hou darem hul opsie oop met die gebruik van die woord “probably”. Die wonder-wereld van “semantics”..!

Comment by Kloppertjie
2009-02-03 10:13:02

dalk is hulle slapgat en sê probably in plaas van direk, maar dalk moes hulle probably insit om die bus company happy te hou…I don’t know, maar ja, dit wat hulle sê is nie die issue hier vir my die ergste nie, want ek vee my af daaraan, MAAR, die idee daar agter is die issue - want dis om ONMIN te saai en mense te maak baklei, en hulle kry dit alklaar reg…ek dink daar’s ‘n motief agter daai woorde. Wat dit is weet ek nie maar ek is convinced…

 
 
Comment by Duusman
2009-02-03 09:40:12

“semantics” sê jy- met jou brand van christenskap is kan selfs agnostici tuis voel

 
Comment by woepsie wat weet Middel is George Michael
2009-02-03 09:50:47

Duusman

Reeds twee keer met jou gepraat. Boontoe. Dit oorskry reeds my 2009-kwota.

Comment by Duusman
2009-02-03 10:25:57

versigtig dan nou-nou is jy in die moeilikheid.

 
 
Comment by reelin
2009-02-03 10:14:07

Dit staan tog so duidelik geskryf in Matt. “die bergpredikaasie”: “Niemand kom na My (*****) as My Vader hom nie geroep het nie. So die mense wat die advertensie op sit en dit snert verkondig dat daar geen *** is nie, dit is baie duidelik dat hulle nie geroep is nie. *** stel nie in hulle belang nie. So hoekom moet ons wat glo oor hulle worry?

 
Comment by sharon-cathryn (my bloed is blou )
2009-02-03 10:21:21

die blinde sambok gaan al hierdie mense beetkry en dan moet hulle nie vra hoekom nie.

 
Comment by Joe
2009-02-03 10:22:09

As daar mense is wat ek nie kan vat nie dan is dit Belydende Ateiste en ouens wat hier altyd ‘n standpunt inneem om ander mense se gatte te krap!

Comment by Duusman
2009-02-03 10:26:40

insigewend oom Joe

 
Comment by Retha
2009-02-03 16:13:16

Joe, weet jy wanneer krap Belydende Ateiste my gat? As hulle totale leuens verkondig soos dat die Christendom krimp of dat godsdiens ‘n vername oorsaak van oorlog is. (As jy lg. glo, sien boontoe my skakel om dit verkeerd te bewys.)

 
 
Comment by Smiiiiiile
2009-02-03 10:42:31

Amen Joe!

 
Comment by Smiiiiiile
2009-02-03 10:44:24

O amper vergeet ek (van die topic af sorry)
Veels geluk :hasie1: met jou verjaardag….

 
Comment by DJ
2009-02-03 11:08:39

Wel hy/hulle gaan definitief uitvind of daar ‘n *** is 5 minute na hul dood. Snaaks hoeveel moeite mense doen wat nie in *** “glo” nie om die res van ons te oortuig dat daar nie een is nie. Hoop hulle het ‘n ontmoeting met die Lewende *** voor dit te laat is.

 
Comment by Daisyblom Daisyblom
2009-02-03 11:37:20

Ek haal my hoed af vir die busdrywer wat nie die bus met die lasterlike advertensie op wou bestuur nie.Hy gaan guns ontvang uit n onverwagte oord.

 
Comment by sprokie
2009-02-03 12:22:01

More al julle Sonnige Parratjies

Net om na my twee pragtige seuns te kyk is rede genoeg vir my om te glo G-d lewe.

Hoe verrassend is dit nie om te sien dat Katherine Hepburn openbaar dat sy n Athies is. (Binnekant van die bus). Ander dag toe vind ek uit Gabriel Burne glo ook nie in G-d nie. Dan verstaan mens hoekom G-d se ons mag nie “idols” he nie. Ons hemel hulle op as ons filmster helde en vergeet maklik Wie eintlik saakmaak.

 
Comment by suidoos
2009-02-03 13:42:41

Middag aan die :parras: As jy in *** glo, en jy glo Sy geskrif (nuwe topic) - SAL DIE LEWE SONDER WERKLIKE BEKOMMERNIS WEES. Die res kan maar worry, of hulle moet worry of nie - ek’s happy!! en dis suiwer genade !!!!

 
Comment by londenaar
2009-02-03 13:56:07

Dis die verskil tussen Suid Afrika en England, die mense hier glo hulle het nie *** nodig nie want alles is bekombaar en alles kan jy kry nie met te veel moeite nie. In Suid Afrika gaan dit partymaal moeilik en as jy nie aan *** vas hou nie waaraan kan jy dan nou vashou. Mense in England die wat glo en die wat nie glo nie het werke geld huise en karre en glo dit val uit die lug uit. As dit goed met ons gaan in SA wat se ons dan, dis *** se genade. Kom ons kyk of die Ekonomisie omstandighede mense sal leer om nader aan die Skepper te leef.

Se nogsteeds ons hou meer in *** vas van Piet Retief se dae toe hy ons gered het. Kerke in England kan jy maar kyk in die Suid Afrikaanse dele word die banke vol gesit 70% Suid Afrikaners dis hoe ons groot geraak het. Ek suig nie dit uit my duim nie ek gaan al vir amper 8jr.

 
Comment by Piet
2009-02-03 13:58:14

Middelvinger is reg. Net gebed maak sake reg. Alle gelowiges moet bid. Die Bybel waarsku dat ons die soort ding in die laaste dae kan verwag.
Wees bly! Binne kort hetstel *** alles.

 
Comment by boggem
2009-02-03 14:21:30

Ek moet se julle parras is ‘n klomp hypocrites en witgeplysterde grafte! Julle vind vout met die advertensie….maar wat adverteer jy?:

Tulbril se ons sal moet vir hulle bid. Miskien moet jy eers nou jou self kyk want wat beteken dit nou eintlik as ‘n “bul-tril” vir jou bid?

Midelvinger quote Verander jou naam dis ‘n goeie begin

Doosdelux quote Jy se ***** Rules maar daai naam se jy anders.

Tannie: Duidelik gebruik jy nie daai brein wat die “Liewe Vader” vir jou gege het nie..As jy werklik gegloo het dat daar ‘n *** is, sou jy in jou “advertensie” ‘n tannie gebruik wat vir almal sif tekens wys?

Muffia: Wie is jou “Heer en Meester”

Die hele lot van julle adverteer soos die titel van die post ook Godeloosheid.

Laat ons nie mekaar hier flous nie ….Die bybel se ‘n aan ‘n boom se vrugte sal jy die boom leer ken. So ek dink elke ou moet maar sy eie huis skoonmaak.

 
Comment by Cruella
2009-02-03 16:20:08

sjym ja .. die ou moet maar lekker aangaan ..

Daar is net een ding wat staan ..

As jy in *** geglo het en jy gaan eendag dood .. en kom agter daar was nie ‘n *** nie, het jy niks verloor nie, MAAR
As jy nie in HOM geglo het nie en jy gaan eendag dood … en jy kom agter daar WAS ‘n *** waarin jy nie geglo het nie .. sterkte ou maat .

Gelukkig sien ek daagliks hoe die **** my sonde vergewe en vir my dinge laat gebeur … dis so visible .. ek KAN NIE se daar is nie ‘n *** nie .. nie vandag nie, nie more nie, nooit nie .. Hy IS daar .. JOU keuse is .. GLO in HOM of MOENIE in hom GLO nie .. jy moet daarvoor verantwoording doen .. nie ek nie!

 
Comment by Emil
2009-02-03 17:02:24

Retha haal my pragtig daar aan: “And again, as with Christianity, the long-term legacy includes the familiar horrors of intolerance, bigotry and persecution which characterise all organised religion.” Ekskuus, waar is die verwysing na oorlog. Dis maar een aspek van my bedoeling.

Sien Plakuif hoe verkeerd verstaan mense my.

Dit gaan hier oor die breë konsepte van onverdraagsaamheid en dies meer, ons siening oor homoseksuele, nie-gelowige (ateiste en agnostici ingesluit) rasse-verhoudings ens. Soms, net soms, ontaard dit in oorlog. Godsdiens, soos aanskou vanuit militante Islam is ‘n aanduiding. In Suid-Afrika, uit my eie ervaring van my eie mense wat gelowig is, is ons gebroke benadering tot rasseverskille reeds ‘n aanduiding van hoe godsdienstige ondertone onverdraagsaamheid aanblaas. Sluit “naasteliefde” hulle wat nie wit is nie, uit? Is name soos h ou t koppe, K@FF#rs ens. behorend tot gelowiges?

Comment by Kloppertjie
2009-02-03 18:10:18

Emil, ek is die een wat gesê het oorloë is alewig agv geloof.

Ok, ek het nie daar al die feite nie, maar ek weet, vrek BAIE oorloë is “in die naam van geloof”

islam vs christen
Jew vs christen
Jew vs Islam
die Holocaust
the Crusades
catholics vs protestant

die pous of wieookal daai klomp was wat Joan of Arc laat brand het…

hierso is een lys wat meer formeel is:

http://www.rateitall.com/t-1967-wars-massacres-and-exterminations-due-to-religious-intolerance.aspx

ens ens.

En ja, onverdraagsaamheid is die agterskerm van als - gebruik geloof om te baklei terwyl hulle net selfsugtige ******** is wat nie kan “live and let live” nie.

Dan nie? Ns, ek is nie ‘n spesialis kenner op hierdie gebied nie maar ek is sweersekerlik nie sooo ver verkeerd nie? Of wat?

Help my as ek verkeerd is, dis heel cool.

Comment by Retha
2009-02-03 18:30:05

Soos ek noem in my draad - daar bestaan iets soos godsdienstige oorlog. Maar alle godsdienste behalwe Islam altesaam sorg saam maar vir 3% va oorloë, Islam vir so 4%.

Soos my skakel sê: “Vox Day se boek, the Irrational atheist, (gratis aflaaibaar hier), het somme gemaak met syfers in Encyclopedia of Wars, wat 1763 oorloë lys. Net 123 van die oorloë- 7% - het waarskynlik te doen met godsdiens. (Selfs dan het oorlog gewoonlik verskeie redes – polities, territoriaal, etnies, ens.) En meer as helfte van daardie oorloë het met een spesifieke geloof, Islam, te doen. Tussen al die ander gelowe in die wêreld het hulle maar 3,2 % van oorloë veroorsaak. (Dit is, as jy die kruistogte as 9 oorloë tel. As jy dit as 1 tel, maak ander gelowe as Islam maar 2,8% van oorloë uit.)

As jy gekant is teen godsdiens oor dit oorlog en konflik veroorsaak, dan is daar ‘n hele klomp ander dinge waarteen jy nog meer gekant kan wees. Jy kan byvoorbeeld teen regering gekant wees. Regerings veroorsaak nader aan100% van oorloë.”

Kloppertjie, jy het gesê: “ELKE LIEWE FOKKEN OORLOG IN DIE WêRELD GAAN FLIPPEN OM GELOOF” En dis by vêr nie waar nie.

Comment by Kloppertjie
2009-02-03 20:03:34

dis hoe dit vir my voel. Maar ja, ek sien jou feite, no probs…

 
 
 
 
Comment by Retha
2009-02-03 17:48:12

Emil, daardie stuk gaan nie net oor oorlog nie, maar ook vervolging en konflik in die algemeen. Dit word alles bespreek, dus kan dit maar alles aangehaal word. As jy dink die stuk gaan net oor oorlog, verstaan on sdalk mekaar verkeerd.

Emil vra: “Is name soos h ou t koppe, K@FF#rs ens. behorend tot gelowiges?” Sulke opmerkings pas nie by volgelinge van Chr istus nie. As ander mense wat ook reken dat G od bestaan so sê, pas dit nog steeds nie by mense wat vir J esus gekies het nie. En ek haat daai soort wwoorde en dit maak my seer om dit te hoor.

 
Comment by Retha
2009-02-03 18:38:34

Nog iets oor jou lys, Kloppertjie: Ateïsteise kommuniste het in die 1900’s meer mense in vredestyd dood gemaak as wat altesame in alle oorloë in die geskiedenis dood is! Ateïsme is dodeliker as alle oorloë (die 7 % godsdienstige oorloë ingesluit) altesaam! Soek dit op, dis ware geskiedenis.

(Vir mense wat te lui voel om boontoe te rol, die skakel is nou weer http://gelowigenondersoekend.wordpress.com/2008/10/18/godsdiens-veroorsaak-oorlog-konflik-en-vervolging/ )

 
Comment by Emil
2009-02-03 19:32:53

Kloppertjie (Platkuif, as ek mag skaamteloos adverteer :wink: ) ek nooi jou uit om my kategorie “gosdiens” te lees. Ek stel belang in wat jy dink: http://emiljung.co.za/?cat=42
Miskien, dalk net miskien, kan jy begryp wat ek bedoel. Dis net 13 stukkies, maar daar is net so 3 wat ek dink vir hierdie gesprek relevant is.
En ek wou nooit oor godsdiens skrywe nie !!

Comment by Kloppertjie
2009-02-03 20:08:58

ek sal gaan lees en jou via e-mail beantwoord.

:-)

 
 
Comment by Kloppertjie
2009-02-03 20:15:22

ok, waar op jou blog is jou e-mail adres Emil…dalk is ek blond ek kyk dit mis… oops…

 
Comment by Retha
2009-02-03 20:36:08

Een punt waarop ek Kloppertjie en Emil kan gelyk gee, is dat godsdienstige onverdraagsaamheid en geweld in die naam van godsdiens my hart breek. Dis net nie reg nie. Maar godsdiens is nie gewoonlik die rede vir konflik nie.

Comment by Kloppertjie
2009-02-03 21:02:53

true!

 
 
Comment by Biker Bess
2009-02-03 20:54:39

Mmmmm, mens kon dit verwag het.

Al die wette, voorskrifte, boeke, ens. is mens gemaak/geskryf.

So ek neem aan dat *** juis dit geweet het toe Hy gesê het jy moet soos ‘n kind glo!
Hoe glo ‘n kind? Sonder voorskrifte, of enige kennis. Die hartjie is nog suiwer en nie besoedel deur mense en hul dinge nie!

Ja, en dan bring dit ons ook tot nadenke, want as jy ‘n Christen is…….. Wat sê die 10 gebooie?? JY MAG DIE H E R E JOU G O D SE NAAM NIE YDELIK GEBRUIK NIE!!!!!!!!!!!!!

Daardie nonsens op die bus, dit is ‘n ydele stelling!!

Ja-nee, ek is maar bly ek bly nie daar nie! NOTHING LIKE THE WRATH OF G O D!!!!

 
Comment by Biker Bess
2009-02-03 21:43:28

Hier is so Engelse stukkie om aan te herkou!

FLORIDA COURT - ATHEIST (holy) DAY

In Florida, an Atheist created a case against the upcoming Easter and Passover holy days. He hired an attorney to bring a discrimination case against Christians, Jews and observances of their holy days. The argument was that it was unfair that atheists had no such recognized days. The case was brought before a judge.
After listening to the passionate presentation by the lawyer, the judge banged his gavel declaring, “Case dismissed!” The lawyer immediately stood objecting to the ruling saying, “Your honor, how can you possibly dismiss this case? The Christians have Christmas, Easter and others. The Jews have Passover, Yom Kippur and Hanukkah, yet my client and all other atheists have no such holidays.” The judge leaned forward in his chair saying, “But you do. Your client, counsel, is woefully ignorant.” The lawyer said, “Your Honor, we are unaware of any special observance or holiday for atheists.” The judge said, “The calendar says April 1st is April Fools Day. Psalm 14:1 states, ‘The fool says in his heart, there is no ***.’ Thus, it is the opinion of this court, that if your client says there is no ***, then he is a fool. Therefore, April 1st is his day. Court is adjourned.” You gotta love a Judge that knows his scripture!

 
Comment by blackie
2009-02-03 21:44:18

Mens kan maklik bewys dat G.od bestaan. Bid net :”Liewe G.od, as U bestaan, bewys dit deur hoegenaamd niks te doen nie.” En Hy sal. Maar moenie doen wat die Bybel aanbeveel nie; dit werk nie. (In Die Bybel word geskryf dat waar 2 of 3 in G.od se naam vergader, Hy teenwoordig is. En dat ENIGIETS wat jy vra, gegee sal word as jy dit hard genoeg glo. Dus : STAP 1 : Kry een of twee van jou mede-gelowige vriende en vergader saam in die naam van G.od. STAP 2 : Bid en vra J.esus om aan julle te verskyn. Hy is mos reeds daar; Hy moet net verskyn. Glo regtig dat Hy sal verskyn, en Hy sal, want Hy het dit belowe in sy boek, wat die Waarheid en Ewigdurend en Overanderlik is. STAP 3: Daar gebeur niks nie. Zip. Zero. STAP 4 : Gevolgtrekking….. )

Comment by Biker Bess
2009-02-03 23:28:54

Gevolgtrekking…….. tong in die kies??? En dit al klaar is bewys dat twyfel reeds teenwoordig is.

In alle geval, ons op aarde is tydsgebonde. By *** is geen tyd nie. So dit wat jy in ‘n sekonde wil hê is moontlik dat *** eers (in ons terme) oor ‘n tydperk jou ‘n bewys sal gee, omdat Hy die breër prentjie sien en dat dit wat jy NOU vra dalk nie uit die hart kom nie. Dit is ook moontlik dat Hy wel verskyn het, maar dat ons oë “gesluit” was vir die waarheid. Net ‘n sweempie van twyfel by een persoon, gee die “moeilikheidmaker” genoeg rede om twyfel te saai soos jy koring saai.

Heh heh, het jy al gebid dat ‘n boom langs jou skielik moet verskyn??? Waarskynlik nie, maar as jy dit sou doen en die boom verskyn : WAT SOU JY DAARMEE GEDOEN HET??

 
 

Warning: mysql_connect() [function.mysql-connect]: Access denied for user 'mchildren_1'@'infong714.kundenserver.de' (using password: YES) in /homepages/9/d133497634/htdocs/www.bosparra.com/wp-content/themes/default/ads/auctions_comments.php on line 3
Fatal Error: Could not connect to database server.