Min simpatie vir die WK-4…


Ek wil ook nou van die kantlyn af iets sê van die vier seuns, en ek weet ek het groen koring op die land, maar al wat ek sover gesien het, is arrogansie.

Veral die Becker-kind. As ’n mens met hul skoolmaatjies praat, was hulle boelies en “out of control”. Ek hoop dat as hulle ná twee of drie jaar vry is, sal hulle weet hoekom en bietjie berou toon, want ’n mens sien dit nie.

Karin, Pretoria

http://www.news24.com/Beeld/Opinie/Briewe/0,,3-2085-73_2374630,00.html

EN

Die vonnis van die Waterkloof-vier stuur die regte boodskap uit. Ek kan my net indink watter presedent dit sou skep as hierdie knapies losgekom het.

Dit sou ’n boodskap uitgestuur het dat arrogante, bedorwe middelklas-bullebakke kan doen net wat hulle wil, want pappie se sakke is diep. Dat die saak vyf jaar gesloer het, is op sigself ’n aanduiding van hoe die regsproses deur geld gemanipuleer kan word. Lekker kuier in die “koshuis” met die gepoetste vloere. Ons sal sien hoe taai is julle daar.

Francois, Centurion

http://www.news24.com/Beeld/Opinie/Briewe/0,,3-2085-73_2374630,00.html

Gedane sake het geen keer. Daar is nie veel simpatie onder die publiek vir die laaities nie…en oor ‘n maand op twee is hulle ou nuus…en dan sal hulle bestaan vergeet word…natuurlik net tot tyd en wyl hulle re-surface oor ‘n paar jaar en die ‘exclusive’ aan die Huilgenoot verkoop…

 

RSS feed

Gaan na onder21 Comments »

Comment by Zella
2008-08-14 09:51:32

ek sit liewer ‘n wag voor my mond… ek self het groen koring op die lande… ek voel net ontsettend jammer vir die ouers van daai outjies - hulle gaan NOOIT weer ‘n rustige nagrus hê nie - dis so waar wat hulle sê om ‘n kind te hê is om jou hart buite te laat rondloop vir die res van hulle lewe…

 
Comment by vatikaki
2008-08-14 09:54:31

Die outjies gaan mos nou gaan sit! Ek dink dis tyd dat die mense die storie nou uitlos, want op hierdie stadium is dit net die familie en vriende wat seerkry daaruit. Ja, hulle is deksels arrogant maar hulle gaan nou op die k8kste manier denkbaar uitvind dat dit jou niks in die lewe gaan baat nie.

 
Comment by plastiek sjirurg
2008-08-14 10:05:35

ek stem saam maar die arrogansie van die klein bekker is net een te veel ek wonder wat gan hy se as hulle by zonderwater 5 ster inboek hulle is mos gewoond aan die beste

 
Comment by Xram62
2008-08-14 10:10:21

Dit bly net “weird” dat Becker se ma die voorblad van die Beeld haal met “G o d is by my kind”……..Mevrou, as jy jou kind nader aan G o d grootgemaak het, sou hy sekerlik nie aan die suip geraak, en weerlose ou mans wat in parke rondlê gaan doodskop het nie…………sou hy? Dit bly een van die grootste irritasies in my lewe……As dit “great” gaan, is dit EK………en as dit kak gaan oor goed wat EK toe gedoen het……..is G o d op “stand-by”…….en dan gebruik Beeld dit vir ‘n voorblad storie!!! Bye, bye Beeld….

Comment by Mammiekind
2008-08-14 10:19:32

Stem, ironies dat wanneer die **** die fan strike, dan hol almal kerk toe. In my agterkop wonder ek tog, as daar nie so ‘n moerse bohaai opgeskop is nie, sou dit nie dalk beter gewees het vir die 4 nie? want met al die lawaai is almal (regters inkuis) se aandag die hele tyd op die 4 toegespits en hulle het dalk met hulle aksies gevra vir ‘n grooter pakslae? maar ek stem as mammie en pappie hulle ou jobpie reg gedoen het, sou die laaities nie nou met die gebakte pere op die skoot gesit het nie.

 
 
Comment by Kat
2008-08-14 10:16:39

Ek is miskien nog bietjie vir die ander drie, maar daai klein Becker het defnitief nie genoeg pak gekry toe hy klein was en met sy k@k houding gaan hy baie swaar kry in die tjoekie

 
Comment by Me
2008-08-14 10:17:26

Xram, ek het ook gesien dat Becker se ma weer die bybel aangehaal het!

Mev Becker

Het jy dan nooit voorheen vir hom gebid nie???

Altyd net die Becker family wat onderhoude toestaan…..die ander se ouers is doodstil….???

Becker snr, dink ek, voel dit maar erg aan die lyf!
Hy is so in die openbare oog….sy vrou (dink ek) is tuis.

Comment by Kat
2008-08-14 10:19:20

ME al wat ek nog kan byvoeg is “Ken die ***** ten alle tye, nie net wanner dit jou pas nie”

 
Comment by ivorybar
2008-08-14 10:23:24

Die Beckers hou daarvan om in die kollig te wees - dis duidelik :mad:

 
 
Comment by Me
2008-08-14 10:24:45

Kat

Voeg dan ook net die aksies / dade daarby!

Hulle hoef in elk geval ook nie so kak te voel nie……..
Meerderheid van SA se regime is ex-inmates!

Weet nou net nie of een van hulle tot prez van SA verkies sal word nie!!

 
Comment by Me
2008-08-14 10:27:48

….ek het gister ook die vraag gestel:

Is daardie oranjekleur outfit die standaard in SA tronke?
Moet hulle dit self was….. Kry hulle daaglikse ‘n skoon outfit?

 
Comment by Lulu
2008-08-14 10:31:18

Xram62, ek kon dit nie beter gestel het nie!!! Hoekom het Mamma nie al in gr.8 vir hom begin bid toe hy uit Pappa se skool geskors is nie…………….Hierdie was nie net ‘n per ongeluk een nag van onverantwoordelik wees nie.

En Mammiekind, ek stem saam, nou word daar kerk toe gehol, en dan moet die **** soos ‘n ‘fairy godmother’ kom en gou alles in ‘n oogwink ‘fix’………….

Sterkte, dink nog steeds nie dis maklik nie.

 
Comment by Kat
2008-08-14 10:36:07

Wat ek kan aflei van party parras se komentare, was hulle al kapok haantjies op skool. Ek wil ook nie my mond uitspoel oor ñ ander ou se kind nie, want ek het nie spasie om te praat nie, maar hulle het nog geen berou getoon van die woord “go” nie

Comment by Mammiekind
2008-08-14 10:42:18

stem, hulle traai nou kliphard hulle eie gatte cover maar nog nie eenkeer het ek gehoor of gelees dat een van die lot iets te se gehad het oor die perd wat hulle die ewigheid ingeskop het nie, en buitendien wie gee hulle die reg om ‘n homeless top te donner - in hierdie wonderlike land van ons kon hy dalkies eendag die volgende prez gewees het, en nou is hy oorle!!

 
 
Comment by pluim
2008-08-14 10:43:57

Nie al daai kinder was betrokke by die moord nie. Hulle moes eerder van die begin af die waarheid gepraat het soos wat adv Kruger sê. Die ouers is ook verantwoordelik saam met die media vir die verloop van die hele proses.

En sien die parra ontwerpersklere aan die 4. Makeer my oë iets of is ek net stupid? dis mos nie snert wat die media loop en uitsaai.

 
Comment by lains
2008-08-14 11:25:24

Was lanklaas hier, maar wil net my eier ook lê. Wat as dit jou kind was? Het almal totale beheer oor hulle kinders se dade.? In die land waar moord algemeen voorkom, was die kinders destyds nie net uit vir ” revenge ” nie.? Hulle was maar 15 of 16 jaar oud, en ek glo het nie besef dat die man kon doodgaan nie. Ek hoop en bid dat dit ‘n les sal wees vir ALMAL in die land. Die feit dat hulle wit is maak dit natuurlik meer van ‘n media sirkus. Ek sien nie hoekom kon die kinders nie gemeenskaps diens doen nie. My F&K MAN, hulle was net jong seuns. Arrogansie is nie hier ter sake nie. Die kind was so grootgemaak en weet nie van beter nie. Wees tog bietjie menslik

Comment by plastiek sjirurg
2008-08-14 11:45:27

ek hoop so iets kom nie jou familie o ouers oor nie , ek hoop dan staan jy by die standpunt wat jy maak of dalk nie

 
 
Comment by lains
2008-08-14 11:52:40

En jou punt is?

 
Comment by Piet
2008-08-14 13:19:42

Ek dink sommige lede van die publiek het al vergeet van hoe arrogant daai Becker was met hulle inhegtenisneming en ook vroeere
hofverskynings. Nee daardie vieslike maniere steek in my kop vas. En hy is wragtig nog net so. Ek sal aanvaar dat hy ook die voorbok en leier van die groep is. Sy pa is mos soort van VIP.

Kinders reageer soos hulle van kleins af geleer word in hulle huise, en dit help nie dat mense praat van groen koring ensovoorts nie.

Gits ek sal nooit aanvaar dat Becker, nadat hy vrygelaat word, hoegenaamd van sy swak maniere genees sal wees nie. Hy moes eintlik in J. Arthur Brown se vangwa gewees het op pad tronk toe.

 
Comment by BOLLIE
2008-08-14 13:48:45

As hul nie so baie geappelleer het nie, kon hul omtrent al uitgekom het, sit eerste oortreders nie net ‘n derde
van hul vonnis nie.

As dit nou anderkleuriges was, het die unions darem baie bek gemaak, die varke in die tronk gaan
seker die outjies sodimiseer ook, seker soort van inlywing.

Hoekom se die Becker hy is onskuldig tronk toe gestuur???
As die paw die fan strike word die bybel altyd uitgehaal. die vader sal nie help nie, daarvoor het
hy vir jou breinselle gegee om te dink voor jy bollie aanjaag.

 
Comment by mad cow
2008-08-14 21:26:58

Ag ek dink dis tyd om die vier seuns en hulle families in vrede te laat - wat hulle nou deurgaan wens ek nie vir my grootste vyand nie. Hierdie storie is in elke geval nou al holrug gery. Beweeg aan.

 

Warning: mysql_connect() [function.mysql-connect]: Access denied for user 'mchildren_1'@'infong714.kundenserver.de' (using password: YES) in /homepages/9/d133497634/htdocs/www.bosparra.com/wp-content/themes/default/ads/auctions_comments.php on line 3
Fatal Error: Could not connect to database server.