MC/BP…Daily auctions and Pledges


Update: Dankie aan almal wat ‘hampers’ gepledge het om ge-auction te word!!!

Enige blogger of bogger kan ‘n hamper/package opmaak van sy ‘favourite things’…en dan auction ons dit in die middag en in die aand….soos wat jy vir my die details mail, so kies ons ‘n tydgleuf en dan is dit net GO GO GO Gooooo.Jy weet mos ;-)

Pledges en Auctions

Pledges

Ek beantwoord sommer al die navrae wat ons gekry het oor ‘pledges’/skenkings hieronder:

Hoe werk die ‘pledge’ gedeelte van die projek?

Die idée is om elke pledge/skenking wat ontvang is, as ‘n prys beskikbaar te stel.Die pledges wat ons ontvang sal geallokeer word na:

• Sport

• Vermaak

• Geskiedenis en Politiek

• Goodies

• Lucky Dip.

Inligting oor pledges/skenkings, word na platkuif@bosparra.com gemail.Ek gee jou dan die pos adres details waarheen die pledges gestuur moet word. Alle inligting oor die spesifieke pledge en persoon/organisasie wat die pledge gemaak het, word dan ‘gecapture’ en op die projek websaait gelaai (kiekies en url’s en dies meer)

Wat kan mense pledge?

Basies enige iets…

Sport memorabilia…byvoorbeeld getekende foto’s , rugby truie, kaartjies, boeke, rugby balle, krieket ‘bats’…

Vermaak…getekende CD’s…kaartjies na opvoerings…kiekies

Geskiedenis/Politiek…Africana, Boeke, Skilderye

Goodies…Kaste Wyn, elektroniese toestelle…Karre?

Lucky Dip…ook enige iets…’week ends’ away…holiday breaks

En dan, die ‘auctions’…

Hierdie is ‘n idée om mense direk betrokke te kry by die projek…op ‘n ‘fun’ en entertaining manier. Ons ‘organize’ ‘n spesifieke tydgleuf elke dag en dan auction ons iets…of sommer ‘n hamper met ‘n paar ‘ietsies’..

Byvoorbeeld:

As jy dalk ‘n item het wat jy nie beskikbaar wil stel as’n pledge nie, want jy voel mense gaan dit dalk nie ‘appreciate’ nie, dan mail jy my met details oor daai item, en ons organize ‘n online auction in die aand…of sommer oor ‘lunch’.Dit is fun.En dit is ‘anders’.We laaik ;-)

En dan ‘n beroep…of nog meer ‘n ‘challenge’ aan die bloggers daarbuite…generate ‘n hamper, uniek aan jou en jou blog, en ons auction dit:

Byvoorbeeld:

Emil Jung laaik wyn en hy laaik van stry oor ingewikkelde onderwerpe wat hy in Dik Boeke raak gelees het.Hy kan dan byvoorbeeld ‘n lekker Bottel wyn en ‘n paar ou Huilgenote skenk as ‘n hamper prys…

Of, nog makliker…Hier is ‘n resep vir ‘n unieke ‘blog hamper’…

1.Enige bottel Wyn

2.Iets ‘uniek’ wat mense met JOU blog kan identifiseer

3.’n Slab van jou gunsteling Tjoklits

4.ek sal Bosparra cap en t-shirts ‘ingooi’

En siemsalabiem…jy het ‘n ‘hamper’…wat ons kan auction…

Wie is in…Emil (obviously) en the King en Dellie en Pagoda en dieBrein..en Frank (defnitief) en Leon en Griffel en Parkie en Fokk en DaMario en Gormendizer en Komandoparra en Botha en Bierpens..en elke ander bliksem wat ‘n blog het….julle het my e-mail. Dankie!

 

RSS feed

Gaan na onder31 Comments »

Comment by kameeltoon
2008-10-08 11:45:00

If not, why not - SHARKS (eerste)!!

Comment by Haasdas
2008-10-08 11:47:59

woooohooooooo SHARKS!!!!

Comment by kameeltoon
2008-10-08 11:50:38

Hasie, ek skiem ons gaan wen hierdie jaar! Ek reken verder dis ‘n uitgemaakte saak! Die bulle ga ietwat sukkel met die Cheetahs, maar ons het twee maklikes wat voorlê - GO SHARKS!!

Comment by Moses
2008-10-08 11:52:40

Ek skree maar altyd vir die underdogs-OP Olifante!

 
Comment by Haasdas
2008-10-08 11:55:08

4 sure gaan die Sharks wen!!! ;)

Comment by Lappies
2008-10-08 12:43:03

Ek stem Hasie!!!!!!!

(Comments wont nest below this level)
 
 
 
 
 
Comment by Meermin
2008-10-08 13:42:55

S H A R K S !!

 
Comment by betsieboop
2008-10-08 13:45:28

Nou dat ons rugby onder die knie het

PK - briljante idee

Gee my ook ‘n gedagte of twee

Ek het nie ‘n blog nie, maar ek ken mense wat mense ken wat ‘n connection het ….

 
2008-10-08 13:52:41

Goeie idee, ons sal bietjie met die rekenmeesters van parkie.co.za gesels en kyk of ons verduisterings skemas al genoeg opbrengs gelewer het om ‘n parceltjie op te maak

Comment by betsieboop
2008-10-08 13:55:49

onthou om die ouditeure ook te kontak parkie …. :wink:

 
 
Comment by Moses
2008-10-08 13:57:48

R300 vir Parkie.co.za se parcel!

 
Comment by Platkuif
2008-10-08 14:02:59

Dankie vir die feedback op daai parcels sover

Jy hoef nie ‘n blog te besit om ‘n ‘parcel’/hamper te sponsor nie!!!

Maak enige iets op van a ‘few of your favourite things’ …ons kies ‘n tydgleuf en ons auction jou parcel.

Dankie aan Dellie, The King, Emil, Parkie en Betsieboop sover!

en dan Moses, jou gwar…jy kan eers bie as die auction vir die spesifieke ‘parcel’ begin…maar ek sal onthou van jou starting bid vir R300…. ;-)

Pasop.

 
Comment by Moses
2008-10-08 14:07:54

Flatfringe- more is Yom Kippur so van sononder is dit soos ‘n Sabbat vir ons Jode. Dus begin ek maar met my bid op R300, my plafon bid is R500. Jy het my email sou ek wen.

2008-10-08 14:11:08

OK - Ek verbeter Moses se bid to R 499.99! :evil:

Comment by Moses
2008-10-08 14:12:23

R500.01

 
 
2008-10-08 14:11:40

:lol: @ Flatfringe!!

 
Comment by Platkuif
2008-10-08 14:20:52

deal.en ankie ;-)

2008-10-08 14:24:28

Moenie so gou al die bod toeslaan nie

 
Comment by Dr ank
2008-10-09 05:37:44

Jy kan nie my naam so verkleineer nie!!!!!

 
 
 
Comment by ivorybar
2008-10-08 14:12:12

Vertel asseblief vir hierie girlie hoe werk die auctions - hoe en waar kan ons sien wat ge’auction’ word

2008-10-08 14:19:02

Dis die geheim, jy kan nie sien nie, jy koop blaaint

Comment by betsieboop
2008-10-08 14:21:48

dit is vir my mooi, aangesien ek reeds blaaint is na daai foto’s!!!!!

 
Comment by ivorybar
2008-10-08 14:22:59

Nope laaik niks van blaaint koop nie - hoe weet ons wanneer iets ge’auction’ word

2008-10-08 14:23:54

Wanneer Platkuif se uurglas leeg is

Comment by ivorybar
2008-10-08 14:24:47

Fanks Parkie nou weet ek ook alles …. tsk ….. tsk …. tsk :mad:

(Comments wont nest below this level)
 
 
 
Comment by Platkuif
2008-10-08 14:26:38

i laaik.goeie idee Parkie.

wat ek sou voorstel is dat ons twee tipe van auctions het.een is ‘blind’ en die anner een weet jy wat gesmous word.

Ivorybar.wat gebeur is, ons hou auction in die aand, 20:30 en in die middag 12:30.Ons auction een ou se ‘hamper’.ons besluit of die auction blind is of nie.

deur comments te los, bie elkeen vir daai hamper.as jy die hoogste/laaste bid gemaak het,is dit joune.die ou wat die hamper gesponsor het, pos dit vir die wenner…MAAR eers nadat die wenner sy geldjies gedeposit het…en die reference vir my gemail het.Maklik.Sweet.En funny.Gisteraand was die eerste auction gewees.Karoles het gewen…cheap wyn, lekker tjoklits, my Naarmaker CD, 2 BP caps,2BP t-shirts, ‘n paar (ongebruikte) Blou Bul pantoffels, en twee tickets na Frank se exclusive,nie-kommin DD Masker bal.Die deal was, jy hoef nie na die DD party te gaan nie, maar jy moet die aand van daai party jou BP cap opsit…tussen 20:00-22:00 waar jy jou ookal bevind.Karoles het R250 aangebied vir alles.En gewen ;-)

Comment by ivorybar
2008-10-08 14:29:06

Dankie vir die inligting Kuifie - sal uitkyk vir die volgende ‘auction’

 
 
 
 
Comment by Platkuif
2008-10-08 14:30:56

Die volgende auction is obviously vanaand.20:30.Ons gaan groot ;-)

Comment by Moses
2008-10-08 14:36:03

Blaaint of nie? Kan ek per proxie nou daarop bie? Diskrimineer julle teen my oor my geloof?

 
 
Comment by Sharpshoot
2008-10-08 15:30:50

BTW - Wat sê Frank - mag ‘ander-gesinde’ blogs/ bloggers ook kaartjies na sy Nie-commin, super cool, Star-studded Party koop?!

 
Comment by Smiiiiiile
2008-10-08 17:58:36

Ek het my kontakts in die wynbedryf gevra. Wag vir terugvoer.

 

Warning: mysql_connect() [function.mysql-connect]: Access denied for user 'mchildren_1'@'infong714.kundenserver.de' (using password: YES) in /homepages/9/d133497634/htdocs/www.bosparra.com/wp-content/themes/default/ads/auctions_comments.php on line 3
Fatal Error: Could not connect to database server.