homepage | bosparra telekom

Bacchus

En, ek dink erens het ek ‘n blok… en ek dink dit sit naby aan my BLOG!

‘n SMS van Janine vanmiddag het my laat aan vriendskap…. Hoeveel weird vriendskappe sluit mens in mens se lewe!

I don’t ‘do’ women! Ek kan my werklike vriendinne op 2 van my vingers tel! Ek praat nou van boesemvriendinne! Daai met wie jy jou lewe kan deel!

En ek dink vanaand aan… drank en ek! Gelukkig raak ek liewer vir die lewe…. En vir mense! En… unstoppable! Ek lag maklik…. maar bacchus is geneig om die ‘lagspiere’ erger te verslap! *wicked grin* En…. lately kan ek ook mos nou wragtig nie eers meer Bacchus naderklap as ek so voel nie…..

Ek en Sanet het jare terug ontmoet… sy, heel ordentlik en onskuldig, en ek? Ja wel, ek is ek! Ons is deur dik en dun! Maar sy was darem die stabilizing faktor so deur die jare! Ek word boksdronk… sy sorg dat ek by die huis kom, en nie te veel k@k aanjaag in die proses nie!

Ek het gewerk in die mining industry, so, natuurlik is die mining show aan die orde van die dag! Trek weg met die spoed van ‘n heilige wit eland Jhb toe! Ek, simpel, het hele dag nie ‘n druppel geëet nie, want wie eet nou as jy gaan kuier! Een of ander skrefies-oog company sukkel… niemand wil hulle saki uit die houtboksie drink nie! Ek volunteer… vandag is al julle saki OP! En… so gedreig, so gedoen! Maar miskien is ‘n boxie per persoon wat verbyloop nie ‘n goeie ding nie! Want… ek is gasvry! Ek drink saam! Mens kan mos nou nie dat hulle alleen drink nie? Is mos nou rerigggggggg nie hoe ek ‘grootgemaak’ is nie? En so toer ons deur die skou! Ek’s gekoring, Sanet is geworried!

Aand se kant kom, en seker moet ons huistoe, want teen die tyd het ek beslis ‘n baie pissed-off, nugter man by die huis! Maar as hy dom genoeg is om te wil werk as ek skou, is dit seker maar ook sy probleem!

Die Kraalkop hotel is so presies halfpad huistoe…. Erens langs die pad het ek my goeie vriend Dave raakgedrink, so Dave word saamgesleep, aangesien hy in dieselfde rigting bly! Kraalkop stop! En ek kuier verwoed voort! Dave en Sanet keer, en ek kuier! ‘n Kaalkop oom in Kraalkop (rep wat obviously ook die mining show raakge-iets het) keer my voor!

Dame… swing jy????

Met verwondering in my oë staar ek die man aan! Is hy nou seriously ber@k innie kop en bejimpeld om in die middel van die nag te wil gaan SWING???? Nee kyk, vertel ek hom vinnig, op jou ouderdom en met jou gewig gaan g’n swing, of jou hart, dit hou nie!

Later sou ek uitvind….. hy EN sy vrou ‘swing’! En dis NIE op ‘n swaai nie!

En Sanet moes red….. ‘n Ent verder (na hulle my toe nou uiteindelik oorreed het dis huistoegaan tyd, wil ek toe mos nou opsluit PP! Nie wanneer nie, right now! En dit met ‘n petrolstasie loopafstand verder…. Bospiepies en ‘n effens onstabiele lewensuitkyk werk nie…. Ek dink dit was brandnetels… maar ‘n week later kon ek nog nie ordentlik sit nie!

Argus! Ek vrek oor die Argus, ek Argus elke jaar, maar ek verpes fietsry! Hey, ek HET ‘n kar! Mens noem dit EVOLUSIE!!!

Seer holle…. Moeë bene….. g’n donnerse gel-saal kan maak dat even my mangels seer opeindig na ‘n paar kilometer nie! EN ek het nie eers ertjies wat in die pad is nie! Kan my nie indink hoe ‘n man na 100km moet voel nie! Persoonlik dink ek die ertjies vat die mangels se plek oor na 20km….. Eeeeek!

Erens langs die pad, laat ek my toe by die famous Argus biertent deur my beste vriend Dave, in die Argus inpraat….. Beste fiets op die mark… beste alles, maar nie die beste fietsryer nie! Hehe! Dave is ‘n lang en…. Anderster storie! Hehe! Moet julle tog sometime vertel!

Na sowat 120km se oefen, netjies ge-split dat ek dalk tog nou net wragtig nie per ongeluk dalk moeg… of fiks kan raak nie, reken ek toe nou ek’s gereed vir die Argus, maar nou ja! Vrydagaande voor die Argus is dit Quay 4 se beurt… almal wat al op ‘n fiets was, of graag wil wees… of wat al daarvan gehoor het KUIER daardie aand by die Waterfront! Maar ons span is heel ordentlik! Ons ‘entertain’ ons span by Cantina Tequila! En… ek kan nie tequila drink nie! Nie na ek jare terug met ‘n tequila lyf my kop in ‘n bak room gekry het nie…. Uh Uhhhhh! Dit werk nie! Maar die plek is nie vir sissies nie…. en … ons drink CT UIT tequila uit!

Nou’s lekker nie meer lekker nie… ek wil Quay 4 toe! Maar erens in die proses het ek my skoene verloor…. Tot en met vandag toe HET ek nie ‘n idee waar daai skoene rondfloat nie…. dalk passaat gekry op ‘n skip, of dalk het hulle voluntarily ge-emigreer! Glo my, ek dink ek sou ook wou wegkom van myself af! HEHE!

Ure later het die res van ons span besef ek en Sanet is weg… Teen die tyd wat ons ‘gevind’ is…. Het ek ‘n stel sleutels van ‘n mansion in Llandudno gehad, die man het ons SO jammer gekry omdat ons haweloos was in Kaapstad… blykbaar was ons ‘dubble booked’ en het nie slaapplek gehad nie….. Ek het ‘n kar tot my beskikking gehad…. Want blykbaar het ek nie geld vir petrol gehad nie… EN ek het DIE vuilste voete in Kaapstad gehad… want, braaf soos ons was, het ons afgestap van die hotel af Waterfront toe… en ek moes terugkruip!  En toe wil ek op slag gaan liggies kyk! En my arme ex, die ‘designated driver’, moes ons berg op! Soveel liggies…. Skrikwekkend! En ‘n ABSA teken wat ons ‘agtervolg’! Weird tog… die volgende aand was daar soveel minder liggies? Wonder nogal hoekom! Hehe!!!!

Saterdag gaan ry ons weer die roete - per kar, let wel! Net om te verseker ek besef weereens hoekom karre uitgevind is! Seker nodeloos om te noem… my fiets het ge-Argus…. My helmet-dingetjie het ge-Argus… my nommer het ge-Argus… en ek het ge-Argus in die biertent!!!

So van Argus gepraat……En, toe maak my sussie naam! Twice in one day! Nou kyk, sy’s seriously blonde by tye! ‘n Mens gaan ry NIE die Argus met nuwe pedale sonder om te oefen daarmee nie! Sy het reeds haar skoene ‘ingeclip’, en besluit toe sy wil gou nog ietsie gaan doen voor hulle wegspring! En… sy koop ‘n plaas.. nie ‘n plot nie.. nie ‘n erf nie… ‘n PLAAS!

Noordhoek ‘gebeur’… en sy val haar alie af! Ou Kaapse weg… ‘n oom het ‘n hartaanval of iets… die helikopter probeer erens land…. Al die fietsryers raak weg… en sussie dog sy ry nou moer goed! Nie ‘n ryer in sig nie…. meantime ‘mis’ sy die punt… en die chopper ‘ry’ haar in die bosse in!!!

Maybe run die deuriekakgeit maar in die family???

 

RSS feed| Trackback URI

Gaan na onder138 Comments»

Comment by Griffel
2008-05-12 09:44:34

Soos Plattie altyd sê : EISH.

 
Comment by asgat
2008-05-12 09:49:12

Ja Bacchus het al menige mens laat val. Goed geskryf platty

 
Comment by demoerin
2008-05-12 09:59:24

Whahahaha. Snaaks hoeveel van ons Bacchus as gemeenskaplike vriend het? Baie geniet.

 
Comment by SALVADOR
2008-05-12 10:06:51

Snaaks hoe Bacchus jou beste vriend en terselfdertyd jou slegste vyand kan wees.

 
Comment by demoerin
2008-05-12 10:14:45

Mmmm, is daar iets soos ‘n beste vyand?

 
Comment by CortinaXR6
2008-05-12 10:18:50

Hehehehehehe Bacchus SERIUOSLY funny my maat. Hou net aan en jou hol raak gewoond aan daai saal. Vra my ek is deel van die seerhol brigade!

 
Comment by Leon
2008-05-12 10:19:06

Ja ou Bacchus, die outjie wat jou help om die wêreld uit ‘n ander oogpunt te bekyk !

 
Comment by CortinaXR6
2008-05-12 10:23:40

En Bacchus, goeie raad my maat. gaan koop melk salf waarmee jy koeie melk by die boere handelaar en smeer dit oor jou hol voor jy gaan ry. Dit maak jou vel taai en weerbaar. 3 miljoen Holstein koeie kan nie verkeerd wees nie!

 
Comment by CortinaXR6
2008-05-12 10:24:15

Kay eks weg…….!

 
Comment by PlatterFuss
2008-05-12 10:25:12

Ek dink ons almal wat binne ry-bare afstand van either Jhb of Pta is, moet op ‘n stadium ‘n kuiertjie kuier…..

Comment by Griffel
2008-05-12 11:21:22

Goeie idee Plattie. Sal jy begin voelers uitsit?

Comment by PlatterFuss
2008-05-12 11:33:07

Gaan BESLIS Griffel……

Kuifie moet maar help! HEHE!!!! Hy’t nie ‘n damn keuse nie, hy skuld my! :-P

 
 
 
Comment by SALVADOR
2008-05-12 10:25:47

Aap en likkewaan rook boom langs die rivier. Na al hul k@k pratery en gegiggel sê likkewaan hy is nou baie dors en gaan eers water drink. Aap klim toe in die boom om ‘n uiltjie te knip. Na ‘n ruk kom krokkedil uit die water om in die son te lê, waarop aap sê “Bliksem likkewaan maar jy was omtrent dors.

 
Comment by Ina
2008-05-12 10:28:10

Ek sit hier met trane in die oë soos ek vir jou lag. Ek sien hierdie prentjie in my kop

 
Comment by Emil
2008-05-12 11:30:32

Lekker lag ek nou vir “Maybe run die deuriekakgeit maar in die family???” :lol:

Twee stukke op een dag, hier en daar - maar jy’s ‘n produksielyn, Platters :wink: Ek sien jy “swing” so lekker tussen snaaks en bef@kgeid.

Comment by PlatterFuss
2008-05-12 11:35:18

Emil….. Hey! Is ernstige sake daai…. so ‘n familie soos ons s’n laat die ‘Adams family’ soos engeltjies lyk! *wicked grin*

Emil… ek MOET weer begin…. Hehe!

 
 
Comment by smiiiiiile
2008-05-12 12:26:41

Middag Parra’s
Hey Plattie, jy skryf lekker…!!!Hoe kan julle nou ‘n kuiertjie reel in Jhb and Pta?! Wat van ons Kaappies?
Jy weet mos hoe lekker die Tequila smaak hierso en die wyn staan mos altyd koud.

 
Comment by sharon-cathryn
2008-05-12 12:36:04

Eish @ cortina.
hallo almal :) al wat ek kan se.. daarsie raad vir domgeit nie

 
Comment by Griffel
2008-05-12 12:40:53

Sharon

Ek het vanoggend die ander e-mail gekry met perd. Is hy joune?

 
Comment by sharon-cathryn
2008-05-12 12:41:42

ja - dis flint. sys pragtig ne griffs

 
Comment by Griffel
2008-05-12 12:46:17

Ek is mal oor perde , sy lyk stunning.

 
Comment by sharon-cathryn
2008-05-12 12:50:40

dis my een perd waarmee net ek ry. die ander een is n arabier - black. met hom jaag ek as ek baie bemoerd is die dag.

 
Comment by Janine
2008-05-12 12:56:40

Plattie, hillarious!
Dink ons moet bietjie innie Kaap gaan kuier… ;-)

 
Comment by platterfuss
2008-05-12 12:58:41

smiiiile, ek en Janine het hoeka nou die dag gepraat oor n kaapse kuier! Hehe! En ons verstaan van shooters…. Seriaaaasly so!

Klink al meer en meer na brilliant idee!

 
Comment by Emil
2008-05-12 13:05:47

Ja! Kom, maak ‘n plan.

 
Comment by CortinaXR6
2008-05-12 13:16:53

Sou graag’n foto van black wou sien, katryn.

 
Comment by CortinaXR6
2008-05-12 13:18:34

Dans daar nog altyd sulke mooi Girls op Cantina Tequila se tafels?

Comment by PlatterFuss
2008-05-12 14:04:40

Hehehe! Het jy al my en my sussie op daai tafels gesien??? Shhhhhhhhhhhheeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeeet!

 
 
Comment by Obelina
2008-05-12 13:27:47

Platt, well done, hehehehe Daar is altyd “iets” wat run in sommige families

 
Comment by L-Ling
2008-05-12 13:29:09

Morning (Ja, toemaar - Kaapse tyd!) Julle,
as hier in die Kaap gekuier word, is ek ook by.

@ Cortina: Durbanville se cantina het plek gemaak vir Eastwoods - effe meer classy spot nou, maar daar word nog steeds uitgehaak…!

 
Comment by L-Ling
2008-05-12 13:30:46

ps. en Platt - jou skrywes lees lekker!

 
Comment by Blixer
2008-05-12 13:39:49

Eers met Bacchus kuier en jou dan in die arms van Morpheus begwew.

 
Comment by Ek Soek Job
2008-05-12 13:40:46

Waar is al my pelle as ek hulle nodig het? Het ek maar Platkuif se aanbod aanvaar dan was ek ook nog in besigheid.

Comment by Babe
2008-05-12 13:45:33

My neef het ‘n G A Y massage parlour Prins Albert - hulle soek ‘n ontvangsdame (heer). Stel jy belang???? :cool:

 
 
Comment by SALVADOR
2008-05-12 13:50:38

Jis ou EK SOEK JOB

‘n Mens kan net soveel simpatie en soetsappigheid vat dan wil ‘n ou uitkom na die land van die lewendes.

 
Comment by me
2008-05-12 13:56:55

Ek soek job:

Ek staak Daaglikse Dosis tot verdere kennisgewing…

NOU WAT NOU????

 
Comment by Blixer
2008-05-12 14:00:01

Is dit tog nie ou Dubbel Dwis wat job soek nie?

 
Comment by Ricky Louw
2008-05-12 14:02:11

Ek soek job …… jy kan daar op my blog kom skryf. Solank dit net nie langer as 2 woorde is nie anders raak jy boring

Comment by PlatterFuss
2008-05-12 14:16:00

ROFL!!!!

 
Comment by Emil
2008-05-12 14:27:00

:LOL:

 
Comment by Blixer
2008-05-12 14:29:37

Ricky jy kan hom maar kry- ek het vir Botha op my blog. Wil jy ruil?

 
 
Comment by Griffel
2008-05-12 14:02:45

14 April 2008 post op Daaglikse Dosis

“Na heelwat oorlegspleging die afgelope naweek, hèt ek besluit om die beplande Bosparra.com/Daaglikse Dosis-alliansie vanmiddag summier te beëindig. Ek en Steve Hofmeyr (SSSB) besit Suid-Afrika se enigste twee kommersiële Afrikaanse blogs en dit gaan gepaard mèt tientalle unwritten reëls en regulasies. Eerstens, dink ek aan die lantermyn impak wat so tipe alliansie vir my bloggers sal inhou. Tientalle van julle is gekant tèèn dit en ek MOET hierdie weerstand in ag neem. En dan is daar al my getroue adverteerders: my brood-en-botter… Na versigtige oorweging èn heroorweging, is die lewensvatbaarheid van so tipe alliansie dus ‘n risiko wat ek nie bereid is om te neem nie.”

**** happens my maat, spyt kom te laat.

 
Comment by platterfuss
2008-05-12 14:10:45

omyfok! Dubbele vlak plat **** invasion! Eish!

Fanks L-Ling!

Janine, spaar ons al vir ons trip?

 
Comment by smiiiiiile
2008-05-12 14:37:22

@l-ling is jy in D’ville??
Is julle al besig om te spaar???

 
Comment by L-Ling
2008-05-12 14:45:54

en omgewing. B’Fell, B’Ville.

 
Comment by jannas
2008-05-12 15:17:44

Hulle sê en ek weet jy moet HOLfiks raak niks anders help nie, dis soos perd ry.

Comment by PlatterFuss
2008-05-12 15:37:39

Daai holfiks is true… nie eers ‘n gel-saal help nie!!!! Fokk, mens vind uit van plekke wat jy wragtig nie van geweet het nie!

 
 
Comment by L-Ling
2008-05-12 15:26:44

jy nou weer oppie fietsry topic?

 
Comment by lostong
2008-05-12 16:36:20

Wat gaan aan dat hier niks aangaan nie? Almal Monday blues?

Comment by cleopatra
2008-05-12 16:56:44

Het self gewonder.Halloooooo!!!!!

 
 
Comment by xram62
2008-05-12 17:29:55

Wie het oor wat gewonder en wie sê hier gaan niks aan nie???

 
Comment by cleopatra
2008-05-12 17:34:28

Xram,almal het VERDWYN!!Het Aliens Gauteng invade?

 
Comment by pluim
2008-05-12 18:29:02

Plattie Ek het nou so gelag vir jou. Dis so goed jy sit hier langs my. Of liewer ek slangs jou. Ek voel nounog die wind van die fiets en die chopper in my hare. Ek moet jou dalk vertel van my dubbele besoek aan die Chiroprakter toe my mooi afrikaanse taal my vir ‘n paar oomblikke verlaat het. Ek is nou nog bloedrooi oor alles wat ek in ‘n breukdeel van ‘n sekond gesê het. En die chiro staan so terug en sê met ‘n glimlag” weet jy ek bring altyd die mooiste uit mense uit” Nou wel ek het nog altyd gedink daar sit iet in my…. maar dit wat uitgekom het toe my taal my verlaat het ….. ‘n rug wat seer is, is nie net seer nie dis………

 
Comment by lostong
2008-05-12 18:30:39

Ok ok, wat gaan aan dat hier so min aangaan?

 
Comment by Fokk
2008-05-12 18:55:22

Nee Fok, is almal nou op Ricky Louw se blog dat hier niks aangaan nie - dan moet ek seker maar vir Bierpens sy tweede comment gaan los.

 
Comment by Griffel
2008-05-12 18:58:39

Is hier ‘n soort van blog staking of wat?

Comment by Fokk
2008-05-12 19:03:55

Lyk my so…

 
 
Comment by Fokk
2008-05-12 19:03:05

Haai nee shame fok - Ou Bierpens se blog is weg!
Nou hoe sou dit nou gebeur het? Tragies… :twisted:

 
Comment by Griffel
2008-05-12 19:04:45

Ja Fokk so val die helde. Ek sien Franky is ook WEER weg.

 
Comment by Fokk
2008-05-12 19:09:46

Nee hel Griffel - Bierpens ‘n held…. - naaste wat sy familie aan ‘n heldedaad gekom het was toe sy ou-kerel op ‘n slapkruis donkie ‘n verroeste windpomp aangeval het met ‘n sy ouma se bra as slingervel. :lol:

 
Comment by Ricky Louw
2008-05-12 19:15:44

Ag griffel gaan roep vir ek soek job dan kan ons hom kak hap

 
Comment by Ricky Louw
2008-05-12 19:17:51

Miskien moet ons lekker danville afrikaans daar by Emil se blog gaan praat.

 
Comment by Fokk
2008-05-12 19:19:02

Hoezit Ricky? Ja nee wat, Botha, Pokkelpens, Donnie Darko en al daai ander swerkaters is nou skielik ook weg - met wie gaan ek nou baklei - Ek create sommer ‘n tweede profiel en baklei met myself.

PS: Ek laaik jou blog - sal bietjie daar kom stir vir jou - Dalk loop ek weer in Losting vas! :wink:

 
Comment by Fokk
2008-05-12 19:21:25

Ha-Ha Ricky - Emil kraam ‘n filosofiese aap met ‘n rubber nek!

 
Comment by Fokk
2008-05-12 19:23:18

@Ek Soek Jou - Noudat Bierpens weg is soek ek iemand om op te fok - Pasop dat dit nie jy word nie ou maat - gaan soek eerder ‘n donnerse job as om hier rond te hang!

 
Comment by Gatvol
2008-05-12 19:25:30

Ek soek job: waar het ek tog jou gevreetjie al gesien?

 
Comment by Ricky Louw
2008-05-12 19:26:41

HAHA Ek soek griffel nee man ek kan nou nie eers met jou baklei nie want ek weet ek mors asem. Fokk ek sal net nie weet hoe om Emil kak te gee nie want alles is in Ingels en ek sal nie weet wat die onderwerp is.

 
Comment by Fokk
2008-05-12 19:26:49

@Ek soek job - Ek het dalk ‘n commin naam maar ten minste het ek ‘n werk…

 
Comment by Gatvol
2008-05-12 19:28:46

Ek soek job, nee my ou jy is seker Botha (soos Earl) Of ‘n do0s wat iemand se gesiggie gesteel het, en nou dink jys cute.

 
Comment by Ricky Louw
2008-05-12 19:29:10

Ja Fokk jou naam in meer interresant as al die inskrywings op DD

 
Comment by Fokk
2008-05-12 19:29:29

Ricky - Kom ons kry Ek Soek Job om vir ons te vertaal!
O, nee wag, sy tweetaligheid is mos Danville Afrikaans en kakpraat - Bliksem!

Comment by Gatvol
2008-05-12 19:30:52

Dit hang af van sy ouers se huistaal. Miskien is sy 2de taal om te blaf.

Comment by Fokk
2008-05-12 19:32:26

:lol: :lol: :lol: :lol: :lol: :lol: :lol: :lol: :lol: :lol:

 
 
 
Comment by platterfuss
2008-05-12 19:33:31

eish! Die is freaking bloghongersnood!! As dit tog nou net die rerige Frank Dosie was kon ek asem mors! Hy gebruik internetkafees, hettie geld vir adsl lyn nie!

 
Comment by Gatvol
2008-05-12 19:34:57

Praat jy, mens ruik ‘n fake op ‘n myl!!! Hi Plattie!

 
Comment by Gatvol
2008-05-12 19:38:40

Gaan prik jou ballon, p0ephol!

 
Comment by Leon
2008-05-12 19:38:49

Hi parras, lyk my ek mis uit op ‘n lekker fight. Moet ek join of liewer die koue skouer draai ?

 
Comment by Ricky Louw
2008-05-12 19:39:18

Ek soek job jy is so kommin ek is seker jy skree vir die leeus

Comment by Ek Soek Job
2008-05-12 19:41:55

My bloed is blou dankie jou ……….

 
 
Comment by Fokk
2008-05-12 19:39:47

Daar het jy ons punt nou net bewys met jou “my groot maat Bierpens ” dat jy die commin etter hier rond is.