BLOG-PêLLE EN KAK MANIERTJIES
Welkom terug DGS…eish.
Ons lees graag…
Hier steek ‘n interessante kwessie sy kop uit!
Riaan Oosthuysen se ope brief aan Frank Botha (as jy nou nog nie daarvan weet nie, is die hoop min!), en die blog-wye reaksie daarop, het ‘n interessante kannetjie wurms oopgemaak.
Persoonlik het ek nog nooit vir Frank Botha ontmoet nie. Ek en Frank het eendag sleg vasgeval op Da Mario se blog, en van daar af was dit open season. Dit wat ek daarna van Frank gehoor het, het veroorsaak dat ek ‘n lekker gly in die ou gevang het.
By een geleentheid het ek dit nodig geag om vir Frank ‘n slag te bel. Die gesprek het redelik formeel afgeloop, en Frank het baie mooi gehoor gegee aan dit wat ek van hom gevra het. Darna het ek en Frank ‘n paar maal oor die telefoon gesels. Die inhoud van daardie gesprekke is nie ter sake nie, maar ek het onder andere vir hom gesê dat daar altyd oorlog tussen ons sal wees, solank as wat hy die aansprake en uitsprake maak wat hy wel maak.
In hierdie hele sage was daar ook altyd “die prokurower” – Riaan. Frank se groot gabba. Altans, dit is die indruk wat Frank geskep het, en Riaan het nie veel gedoen om daardie indruk te verander nie. Van die start af het dit nie vir my sin gemaak dat Riaan sy professionele lewe en sy praktyk so sonder skroom aan Frank se optrede gekoppel het nie. Ek het selfs vir Riaan ‘n slag of wat daaroor “aangevat”.
En toe gebeur Maandag… Elkeen, inkluis die uwe, het ‘n eiertjie te lê gehad daaroor.
Enters Platkuif… met ‘n helse goeie standpunt! Het Riaan die situasie reg hanteer deur vir Frank op sy eie blog ‘n rooikaart te wys? Is dit hoe vriende met mekaar maak? Kon die situasie nie weg van al die ander bloggers hanteer word nie?
Platkuif sê onder andere “Ek het vanoggend jou brief op DD gesien en ek was dankbaar jy is nie my pel nie” en “as iemand jou ‘pel’ is en jy beroep jou op Christenskap en dies meer,dan sou ek reken jy het die situasie teleurstellend swak hanteer”. Wat my nogal laat dink het aan ‘n paar dinge…
Dit is haas onmoontlik om nie pêlle te maak in die blogosfeer nie. Een of ander tyd word daar ‘n e-mail adres geruil, dan telefoonnommers en kort voor lank is jy en ‘n paar van jou mede-bloggers dik pêlle. Ek weet – ek het baie sulke blog-pêlle. Na Platkuif se opmerkings, moes ek myself in hierdie situasie gaan stel. Gestel ek neem aanstoot oor iets wat ‘n blogger-pêl gedoen het. Haal ek hom in die openbaar oor die kole, of tel ek die telefoon op en sorteer dit privaat uit? Behou ek eerder die vlak van vriendskap wat ontwikkel het, of behou ek die substansie/integriteit van my blog-persona?
Ek was beïndruk met die standpunt wat Riaan ingeneem het teen Frank. Nie alleen het hy die belange van sy personeel op die hart gedra nie, maar hy het ook die negatiewe gevolge van sy noue verbintenis met DD besef. Wat meer is, hy het sy voet neergesit en homself verlos van die uitbuiting, en sy praktyk se bande met DD en Frank in geen onduidelike terme verbreek nie. Dit het respek by my afgedwing, want myns insiens kon dit ernstige integriteitskwessies geopper het as dit anders hanteer is.

eish, wie like FB anyway. Hy is die grootste copy cat wat te ken is- as iemand iets se dan maak hy dit af as sy eie dink werk… How rude
hi Neykie…welkom.Lanklaas jou ‘raakgelees’.Weet jy hoe om ‘n gravatar te kry…;-)
“of behou ek die substansie/integriteit van my blog-persona?” Gelukkig het my blog-persona fokkel integriteit en ek het ook geen bloggabbas nie.
Issie Ricky! Ek is jou bloggabba!
Dit kom my voor dat hierdie blog, asook dan die meeste ander Afrikaanse blogs nie veel meer het om by te drae as kak vrae stel, nuus berig aanhalings maak en dan kak vrae daaroor stel, kak vrae en uitdagings aan ander Afrikaanse blogs stel en dan uiteindelik as daar fokol oor is nie kak vrae stel oor hoe ander blogs al hierdie kak vrae hanteer nie.
Gaan vat ‘n les by ‘n classy blog en try weer. Hierdie een sien my nie vinnig weer nie, so verveeld is ek ook nie en die content is op ‘n afdraende pad al vir ‘n rukkie. Al wat lyk my die ding aan die gang hou is die ge-kakpratery comments op die “artikels”.
CHEERS SOPBEEN !!!!!!!
Sal jy asseblief ‘n lys verskaf van sodanige ‘classy’ blogs?
Die Afrikaanse lysie is as per my post non-existent sover dit my aangaan. ‘n Ou favourite is JoelOnSoftware.com. Miskien nie in almal se smaak nie, maar die ou het minstens iets substantief te se, en bemors nie ons internet met packets-o-**** for the sake of wearing out the keyboard letters nie. As hy iemand afkraak, doen hy dit behoorlik, nie met hierdie kinderagtige “hiers my prokureur”, agter ‘n skuilmnaam BS van Afrikaners nie. As hy nuus aanhaal, voeg hy waarde by met ‘n weldeurdenkte opinie. Nie ‘n lame-*** “wat dink julle daarvan nie”. “Hel hulle holle gaan brand - wat dink julle daarvan?”
Maar soms brand die holle! Wat is jou probleem?
Agge nee! Ek het so gehoop dat ek darm ‘n eervolle vermelding sou kry!
Jy’t jouself in die voet geskiet met jou comment “Dit is heel toevallig dat ek op Bosparra se blog beland het. Ek kan nie eers onthou hoe en waar nie, maar daar was ek ‘n toetentale addict.” Hierdie is die “tough-love” deel van jou treatment teen jou addiction to mediocrity.
Annersins kan jy net bietjie meer vleis wys, dis altyd ‘n wenner.
Vleis- letterlik of figuurlik?
WHAHAHAHAHAHAHA!
Gaan jou goed en gaan in jou moer in……… daar gaan jy.
cheers dan Gemaskerde Sopbeen en baie baie sterkte vir jou…
ps.en JOU blog se URL is? sal graag wil gaan lees hoe mens dit eintlik moet doen.
Ek hou myself nie voor as ‘n goeie blogger nie, nes ou Barry Ronge homself nie voorhou as ‘n voorstaande filmaker nie. Dit beteken nie die ou kan nie drek uitken as hy dit sien nie.
Ek het geen koekin clue van wie die ou praat, of wie of wat DD is nie
DGS, ja-wel…..ek het ook vanoggend daar by jou blog ietsie ge-comment…
…moet dit hier vertel: Platkuif (ek ken hom geensins persoonlik nie) het nogal wratig balls as ’n vriend - min sulkes daarbuite!
DGS net dit: Frank Botha het jou mos nou nie persoonlike skade (?) aangedoen nie, so wat was jou DOEL nou WERKLIK gewees, met daardie soort van posting?
O-ja, behalwe dat jy weereens (soos ons almal) die integriteit van die afrikaner moerse bevraagteken en aangeval het, het jy sekerlik in my oge F*KK*L bereik….
Die probleem van die blog-ding in afrikaans is, dat mense hulle private lewe openbaar maak….. dan begin die kaka!!
Hier stem ek saam met Platkuif, jy het F*KK*L rede gehad om ook oor die Frank Botha-saga te kots….PUNT..!!!
PS: Ricky ek stem saam met jou!
Hi Me…net ‘n sakie duidelik maak…ek was nie/is vies vir DGS nie…ek het net op sy blog gaan comment oor die hele sage…die ou vir wie ek ‘vies’ WAS (en dit is intussen ook uitgeklaar…fanks Riaan) was Frank se gabba,Riaan…Ek dink DGS is ‘n kwaliteit blogger en ek kuier gereeld en graag daar
@ Blixer: Classy blogs? Mensa????
Wie is DGS en wie is Frank Botha? Vertel my tog KORTLIKS, ASB me.
Tannie, DGS is die ou wat hierbo geskryf het. Frank is die ou waarvoor niemand blykbaar lus is nie. Ken hulle self nie.
DGS is die Gestorwe soldaat… en die DD staan vir Daaglikse Dosis die blog van die Frank ou….
Dankie Blondie, nou verstaan ek al bietjie beter.
En toe kak die Frank ou se prokureur, wat einlik sy pel is, hom uit op sy blog?
nee jong Tannie, ek weet ook nie regtig so mooi van al die drama nie…. ek sal maar eerder nie comment nie.
Dankie Gatvol, ek het dit ook agtergekom. Ek wonder of die Frank Botha die Botha is van ‘my name is Earl’ Hy het so nou en dan ‘n paar eienaardige comments.
Wel, ek ken nie eintlik een van hierdie mense nie. Weet net elke ou het sy eie ways. of iets soos elke man soen sy vrou op sy manier. Die Frank ou klink nie lekker nie, en ‘n prokureur is mos maar ook ‘n spesie op sy eie. Wat het ‘n soldaat wat oorlede is daarmee te doen. Bleddie bizaar!
Gemaskerde Sopbeen , weg is jy , fokof , fokof!
@ Platkuif okay, ek hoor jou!
FB en DD is terug in volle glorie
Hierdie topic klink vir my darem baie na skinder….
As dit sy manier is van dinge doen en hy daardeur sy doel bereik…so be it!!!!!!
En, nee, ek is nie een van sy aanhangers nie.
Ag toemaar. ou Frankie sal more weer op sy pos wees om almal te vermaak…
Me, ek gaan regtig nie met jou in ‘n bekgeveggie betrokke raak oor of ek ‘n rede gehad het al dan nie. Ek het egter ‘n vragie vir jou: Hoekom so behep met die Afrikaner se integriteit??? As Frank ‘n verpersoonliking is van die Afrikaner - waar kan ek bedank?
Sopbeen,each to its own,jong.Weet nie eintlik wat jy wil bereik nie,as jy nie van bosparra hou nie,hoekom nog hier inloer?As mens nie van n blog hou nie,gaan jy mos wragtag nie tyd mors deur eers twee sinne te lees nie nie.Ek vir een,gaan nie na ander blogs,se almal en alles sleg net omdat ek nie van dit hou nie.
ek het ook maar bietjie verbale diaree om van ontslae te raak, hierie lyk na die geskikte plek. More is ek weg, moenie worry nie.
“Afrikaner se integriteit” Bwahahaha. Plaas julle werk sodat ons inflasie nie so hand uit ruk nie. Ek dink Trevor Manual moet blog tax instel sodat die wehkfohs bietjie meer doen vir hulle pitte. Hierie comments lyk klaar soos “hourglass of my sandchildren” - episode 3 - the epic days.
Ou plattie - ek’s nou nie so cool soos jy om ‘n regte egte blog te he nie, maar jy kan my rympie krit - dan voel jy dalk beter:
“Iemand praat biejtjie piffel,
met ‘n grom kom Griffel
en se “vlieg in jou moer”
Sopbeen se “jy en hoeveel boer
gaan jy bring op my te vloer, jou makke moer?”
Tulbril lig sy been
teen Die Sopbeen se skeen
van die lag het hy homself beskuit.
daarmee is Sopbeen se rympie uit,”
Ek sal vir jou ‘n eervolle vermelding gee.
Ahw fanks. Jy kry in ruil een konsultasie verniet.
O fok blixer, pasop vir daai konsultasie!!!
Ek dink jyt jouself lankal beskuit, my ou.
Los nou maar die beenlig vir my ou Sopbeen….GETEKEN PISKRIEK!!!
ek wag nog vir jou URL Sopbeen…
Ek wonder of die Sopbeen nie dalk Jurels is nie? Ruik julle dit ook?
Sopbeen, as jy nou ‘n classy blog wil sien moet jy na myne toe gaan, ek is seker jy sal vir dae kan galbraak daar. Hoekom dink jy is Steve, Robbie, Kurt, Leon Schuster Casper ens so gewild? Ons afrikaners hou van kak. As jy dit nie laaik nie moet jy vir jou ‘n ander kultuur gaan soek. Hou op afrikaans praat, en op afrikaanse blogs uitgang.
@ DGS: Me, ek gaan regtig nie met jou in ‘n bekgeveggie betrokke raak oor of ek ‘n rede gehad het al dan nie. Ek het egter ‘n vragie vir jou: Hoekom so behep met die Afrikaner se integriteit??? As Frank ‘n verpersoonliking is van die Afrikaner - waar kan ek bedank?
MY vraag aan DGS was dit: Frank Botha het jou mos nou nie persoonlike skade (?) aangedoen nie, so wat was jou DOEL nou WERKLIK gewees, met daardie soort van posting?
O-ja, behalwe dat jy weereens (soos ons almal) die integriteit van die afrikaner moerse bevraagteken en aangeval het, het jy sekerlik in my oge F*KK*L bereik….
DGS, jy het my HEELTEMAL VERKEERD AANGEHAAL EN VERSTAAN…
Frank Botha (ook nie jy nie) is beslis nie vir my die ver-persoonliking van die afrikaner nie!!
…of voel jy te na gekom omrede ek jou gevra het, of FB jou persoonlik te nagekom het…??
Jy was (my mening) kleinlik en aanvallend in jou posting tov FB gewees.
DGS: Ek daag jou uit om iemand te gaan (probeer) aanvat op die blog ‘‘South Africa Sucks’’….???
PS: DGS, jy het jou be-moerdheid in jou comment teenoor my getoon, toe jy na BEKGEVEGGIE VERWYS HET, en ook of jy ’n rede gehad het, al dan nie - verwysende na jou posting van gister!!!
My verwysing na die afrikaner, was dit werklik buite konteks aangehaal gewees??
Fok mense, is julle almal op een of ander super-charged drug of wat? Waar kan ek daarvan kry? Fok, julle praat heavy weird man! Wat gaan aan? Kan ‘n doodgewone ou nie sy gat vir ‘n paar dae draai nie en dan gebeur goeters soos die!
O ja, hallo almal!
Van ‘n ge-rattelde Ponkie’tjie
Hallo Ponkiekie!
Hi Ponkie, hoe gaan dit??
Howzit Blixer! Kan jy my se wat de bliksem hier aangaan? Almal is so depressed soos ‘n hele Rainbow chicken battery wat ball bearings gele het. Ek voel so uit soos ‘n Reggae Band op ‘n AWB “party”…. of IS ek..?
Platkuif. Jaag asb hierdie drol weg wat my naam misbruik. Ek is die ware gemaskerde sopbeen en is al vir 2 mnde ‘n observer hier wat af en toe kommentaar lewer. Net omdat ek tot nou toe sukkel om ‘n gravater op te stel meen dit nie dat hierdie vetgat my naam kan misbruik nie. Is hy nie dalkies familie van Frank Botha nie?
bwahahaha…. *mwah* ponks ((((hugz))) hier hou jy jou bek dan bly dit heel ponkie. lykit my
blixertjie.. jy jou email oor kama sutra gekry?
Kan iemand die Gemaskerde sopbeen Ontmasker?
@ Me:
Wat is die probleem hier? Jy het na die Afrikaner se integriteit verwys, en my aanval(?) op FB daarmee verbind. Nie ek nie! Wat tog vir my snaaks is, is dat die Afrikaner se integriteit elke keer ter sprake kom wanneer een (Afrikaner) kommentaar of kritiek op ‘n ander een lewer. Ek kry die indruk Afrikaners is ‘n klomp pissies wat nie die hitte in die kombuis kan hanteer nie. FB is in elk geval een (wat nie van die hitte hou nie) - daarvan kan tientalle ander bloggers getuig.
Verder het ek ook geen “be-moerdheid” teenoor jou gekoester nie. Inteendeel. Jy behoort egter te weet dat ek en FB al baie lank in mekaar se hare is. Ek het bloot ‘n oorwinning gevier wat ek lankal voorspel het. Dis so eenvoudig soos dit.
Vandag se possie was bloot omdat ek ‘n groot waarheid in Platkuif se woorde teenoor Riaan gesien het, en dit wou deel. Dis immers waaroor blogging gaan. Dit kon net sowel nie oor FB gegaan het nie - toevallig het dit.
BTW - ek skroom regtig nie om my opinie op enigiemand se blog te plaas nie. As ek die moeite gedoen het om ‘n inskrywing te lees, moet die skrywer verlief neem met die feit dat ek enigiets daaroor kan kwytraak. Wat daarna gebeur - hey! blogs is sports! Dieselfde geld vir my. As ek nie van ENIGE kommentaar gehou het nie, sou ek soos FB maak en die kommentaar sluit. But then - what’s the use?
Sc -nog nie gekyk nie, maar sal dadelik ‘n plan maak!
Ponkiekie- jy sien ek het begin blog, Ricky het begin blog en ek dink daar is iets in die water wat die mense so swartgallig maak.
Okay Fokkit!! As ek nou reg tel het ons drie sopbene hier? Wat gaan aan? Gaan ons so maak?
is ons nie bevoorreg dat ‘n superieure wese soos sopbeen homself verwerdig om vanaf sy “lofty, Olympus-like heights” neer te daal
en ons die “error of our ways” te wys nie.
dankie man. en hier sit ons heeltyd en dog ons het net ‘n bietjie pret.
hier is vir jou ook ‘n aanhaling. “the trouble with the world is that the stupid are cocksure and the intelligent full of doubt” - Bertrand Russel
Ek dink ek gaan nog ‘n Hansa oopmaak…..
miskien moet ons elkeen mekaar net ruimte gun mense. om mekaar aan te val en sleg te se gaan julle nie beter laat voel nie. ek het nie beter gevoel nadat ek vir bierpens gevloek het nie. dit het my net na sy vlak laat daal. so rustig nou almal ((((((julle)))))))
Ja, verdraagsaamheid. Moenie dat die dinge van slakke onder julle velle inkruip nie. Parras eet slakke, en reiers eets parras - wel, sekere parras.
Ricky ek dink sopbeen is sokkie bokkie!!
@ DGS: Verder het ek ook geen “be-moerdheid” teenoor jou gekoester nie. Inteendeel. Jy behoort egter te weet dat ek en FB al baie lank in mekaar se hare is. Ek het bloot ‘n oorwinning gevier wat ek lankal voorspel het. Dis so eenvoudig soos dit.
DGS, van jou FB se gevegte of kak gevoelens teenoor mekaar, weet ek zokkol van….ek het gisteraand op die blog van dit gelees!
My geveg met FB (dink ek) het al een jaar gelede begin….. Ek is nou-wel nie armer sonder die R500 nie, want dit sou ek dit verseker nie aangebied het nie..
@ DGS: Ek kry die indruk Afrikaners is ‘n klomp pissies wat nie die hitte in die kombuis kan hanteer nie.
PRAAT VIR JOUSELF, baie dankie!!!
julle moet almal lekker aand he. ek gaan overdose op jan blohm se musiek en vir my pel briewe skryf. sien more almal *mwah*
@ Me: Ek praat vir myself. Daar staan duidelik “Ek kry die indruk…”
Kalm nou!
DGS, het jy ‘n foto waar jy glimlag? asb
Ek het ook gedink sy oge lyk nou sommer baie kwaaier!!hahahah
Me en DGS,julle het tot vir sopbeen nou laat verstik in sy sop,hy’s skoon weg,darem een goeie ding .
Sjoe, en weereens draai ek my rug om werk te doen, en ek kom terug op ‘n toneel waar die texas chainsaw massacre verfilm is!
How wena! Ek sou dink liewerste jou blog-persona behoort so na as moontlik aan jou eie self wees. Anders kan mens mos nou nie vertrou dat wat daar geskryf word, jou eie eerlike siening is nie. En as jou eie en persoonlike siening nou inmeng met ‘n “vriend” sin, of andersom, basta daarmee. Jy moet mos staan vir wat JY in glo, nie jou maatjies nie!
Die “Gestorwe” soldaat……… moet jy nie ses voet onder die grond le en met die erdwurms baklei nie?
Ricky, sit hom ook op jou blog……toe man!!!!
Nee Ricky Louw. Die nick is dalk net effens bo jou vuurmaakplek…
@ DGS: Ek het bloot ‘n oorwinning gevier wat ek lankal voorspel het. Dis so eenvoudig soos dit.
…terwyl ek nou so besig was met kosmaak, onthou ek mos toe DIE WOORDE HIERBO VAN JOU….
dit was nou regtig in swak smaak gestel gewees… ‘‘OORWINNING GEVIER’’…? Soos in VERLEKKER, verstaan ek jou reg??
@ DGS: Ek kry die indruk AFRIKANERS is ‘n klomp pissies wat nie die hitte in die kombuis kan hanteer nie.
Psssstttt…. verstaan jy nou wat ek van jou verwysing tov die AFRIKANER geskryf het???
Of jy nou ’n afrikaner/expat/vermenging van wat ookal is, jou posting was in swak smaak gedoen gewees, wat FB angaan…..!!
…elk geval DGS, gaan jou goed…ek wil en sal jou nie weer raaklees nie!!
Life is all about choices…
DGS ek wil jou net gelukwens. Jy het jou internet revenge gekry, jy het jou oorwinning gekry wat jy so lank voorspel het. Bwahahaha fok word groot man en kry ‘n lewe. Ek weet nie wie jy of daai ander peopol frank is nie. maar as jy opgewonde is oor ‘n internet oorwinning oor frank botha dan is jy fokken sad my maat. Kan ek nie vir jou en frank driewiele koop dan gaan jaag julle om Phakisa en kom vertel ons van die oorwinnings en wie dit voorspel het nie.
Parras - wat gaan aan. Ek lees BAIE negatiwiteit en dit omdat sms, email en chats nie die regte emosies of nuances kan oordra nie. Die HEEL beste manier om te verseker dat mense mekaar misverstaan. Ek voel nogal soos Tannie - ek weet nie wie DGS, FB of Riaan is nie maar hulle klink maar vir my erg bemoerd en daarom wil hulle inmin saai met groot woorde en dreigement.
Waar’s me, Spoooook, Bosveld Girl, demoerin, Griffel en dan kry ons ‘n lekker plek om te chat oor lekker dinge en nie afgetrek word nie oor iemand anders se galbraak ? Ek het eenkeer in daai trap getrap. ” Do not argue with fools because then you have to lower yourself to their level”…wie beskou homself as ‘n fool ?
Platkuif - baie stupid van my om mense in hogere posisies te bevraagteken maar wil ons regtig graag vir DGS lees ? Hoekom moet ons galbraak ? Ons betaal immers ons TV liksense aan SAUK sodat hulle ons om elke hoek en draai daarmee te vermaak. Ek join die blogsfeer juis om effens van realiteit te ontsnap (en my mening te lug soos nou) maar ek wil regtig nie hoor hoe imand my vertipeer omdat ek Afrikaans is nie, omdat ek vir die Blou Bulle skree nie, omdat soos dit selfs by ‘n ander post genoem is ek as wetenskaplike noodwendig ‘n sekere houding MOET inneem teenoor geloof. Sulke uitkyke is eng en dra nie by tot die goeie gevoel wat ek oor hierdie blog gekry het nie
Leon, samblief. Wat beteken “vertipeer”.
Ek kan nie bybly met al die lanie Afrikaanse woorde nie. Wens daar was ‘n lekker online Afrikaanse woordeboek. Mozilla Firefox kyk darem bietjie na my spelling.