
En so het die tyd aangebreek…Binne die volgende week of twee gaan Bosparra transformer.Al daai dingetjies waarvan ons gepraat het en wat ons aan al die parras daarbuite belowe het gaan realiseer…een vir een.Dit het ‘n rukkie gevat,maar ons is nou in die posisie om die sluise oop te maak…
Vir die wat steeds glo ons speel poker..’n lekker vet middelvinger vir jou…Dit is nou tyd dat ons die ‘impakspelers’ op die veld bring…die ‘dot the i’s and cross the t’s oefening is nou afgehandel deur die plokaleers en ons kan nou begin ‘speel’…
Eerstens gaan die Bosparra uitleg/formaat so bietjie verander…ons maak dit makliker,vinniger en ‘mooier’.
Tweedens word die Bosforum aangeskakel waar jy die heeldag kan rondsit en strooi praat.Hier gaan jy ook die geleentheid kry om self topics te post.Boskwaak en Waar of Holhaar sal ook by Bosforum geinkorporeer word.
Derdens maak ons die Bosmark oop …’n afdeling waar jy en jou mede parras lekker kan koop/verkoop/ruil …whatever
Vierdens het ons ook nou ‘n verskaffer of twee ‘opgeline’ om die Bosparra gear te smous…t-shirts,caps en dies meer.
En laastens, stel ons die Bosgas afdeling bekend…hier gaan ons ‘n paar geselekteerde persone ‘n afdeling/kolom/hoekie op Bosparra gee om hulle eie ding te doen…ons verwag dat die vonke daar gaan spat…
Dankie vir die reaksie op die bosparra e-mails…ons het nog ‘n paar ‘losgemaak’…as jy belangstel,laat weet vonkeldoos@bosparra.com
Dankie aan die mense /besighede wat wil adverteer op Bosparra.Ons kyk na daai proposals en sal sien of ons mekaar kan help.As jy ook belangstel,mail jou proposal/idee…net dalk kan ons ‘n plan maak
