homepage | bosparra telekom

Archive for the ‘Bosparra Tegnologie’ Category

Die tweede generasie iPhone

Thursday, June 12th, 2008

Ek weet nie van julle nie maar ek het al reeds begin spaar vir die outjie toe die eerste een al ‘n jaar terug op die amerikaanse rakke verskyn het.

Die eerste model was te duur en Apple het dit besef. Mens kan nie dubbel so duur vir die foon as sy beste kompetisie betaal nie en nou is die beste nuus ooit dat die tweede generasie foon vinniger is en ook helfte van die prys gaan wees.

Die vrystelling van die tweede generasie iPhone in Californie was in geheimhouding gehul rakende die foon se nuwe vermoens. Blogs en nuus blaaie het behoorlik gegons oor die foon.

(more…)

M-WEB te koop?

Tuesday, June 3rd, 2008


Naspers het aangekondig dat hulle hulle internet diens verskaffer gaan verkoop aan die hoogste bod.
Naspers het gese dat MWeb baie winsgewend is maar dat die firma nie meer in hulle huidige fokus val nie.
In plaas daarvan dat hulle telekommunikasie infrastuktuur gaan bou gaan hulle fokus op aanlyn inhoud platvorms, gemeenskappe en e-besigheid.

MWeb hoop om een van die dae ‘n lisensie van ICASA te verky om ‘n ‘wireless broadband” netwerk te mag bou genaamd WiMax. Dis basies soos ADSL op steroide maar sonder die fiesiese bekabeling.

Moontlike kopers sluit in Vox Telekom en Altech.

..en die prys vir die 160 000+ klante op die boeke is etlike biljoene rande.

Wil enige iemand ‘n ISP begin?

…tot later

“Powered by Eskom” kar

Sunday, June 1st, 2008

Derek Hanekom het Vrydag aangekondig dat SA sy eerste battery aangedrewe voertuig gaan kry.

Die ses sitplek voertuig gaan tussen 100 en 400km kan ry afhangende van hoe jy hom ry. Maw amper altyd onder 100 as jy gewoond is aan hoe mense in Gauteng oor die algemeen ry.

Daar gaan ook ‘n drie sitplek model wees?? ‘n Tipe Smart of wat? en albei gaan son panele hê om die “Made in China” batterye te laai.
Die beplanning op die stadium is om met 2010 so 4000 eenhede te produseer en die aanleg gaan R300 miljoen kos. Die bedoeling is om eers regeringsvoertuie hiermee te vervang en dan later kommersiel beskikbaar te stel aan Jan publiek.

Die enigste klein probleempie hiermee is dat jy jou Battery sedan soms moet laai met … (ELEKTRIESE) krag

…tot later

iPhone in SA! Uit bleddie eindelik

Thursday, May 8th, 2008

Vodafone het aangekondig dat hulle ‘n ooreenkoms geteken het wat tien nuwe lande insluit vir die outjie, en ja ons is gelukkig die keer een van hulle.

Een van die groot redes hoekom ons so lank moes wag is Apple se ooreenkoms wat bepaal dat hulle ‘n persentasie van elke oproep koste sal kry, iets waaroor die Vodacom’s en MTN’s nie te opgewonde is nie.

Ons weet nog nie presies wanneer in 2008 hy hier te koop gaan wees nie maar dit gaan die wag die moeite werd wees. Ek het so maand terug met die iPod touch gespeel en ek kon sweer die ding is op my brein ingeprop.
Hy doen alles DADELIK wat ek wil he.

Die prys, in die omgewing van R3500, dalk meer.

..tot later

ps: ‘n Opvolg post sal bietjie meer omtrent sy tegniese vaardighede uitbrei

n Peugot oomblik…

Monday, March 10th, 2008

peugeotaa.JPG
Die Peugot Flux is 3.5 meter lank en 1.65 breed.

Kom standaard met ‘n X-box konsole uit ( hoe is dit vir driver distraction!?)

Kant panele soos die Smart is plastiek, die sitplekke polyurethane en die meganiese parte van aluminium.

Hy loop op hydrogen wat baie welkom gaan wees veral nadat ek die naweek my kar vir R447 volgemaak het @R8.11 ‘n liter.

Daai bande lyk net nie vir my standaard nie- gaan jou duurder kos as die petrol besparing –

…tot later

lukas4.jpg

Volvo SCMOLVO….maar gaan al daai ‘gadgets’ op SA paaie werk?

Wednesday, March 5th, 2008

v1.JPG
But wait, there’s more:

(more…)

Die sproeier se eerste ontwerp…

Thursday, February 21st, 2008

Ek spuit gister my tuin nat na nog een WARM dag en wonder, wie het die eerste sproeier ontwerp.Orton Englehardt, ‘n sitrus boer van Los Angeles, het in 1933 die eerste sprinkelspuit ontwerp.Die storie het mooi gewerk en in 1935 word die uitvindsel gepatenteer …April 16, 1935 om meer spesifiek te wees.

d1.JPG

(US Patent #1,997,901)
Hier is ‘n skets van die eerste een:

(more…)

Die top uitvindsels van die laaste 29 jaar…

Wednesday, February 20th, 2008

1978

In-Vitro Fertilisasie
Louise Brown Mullinder was die eerste proefbuis baba (Getroud in 2003)

a.JPG

GPS
Die eerste satteliet in die “Navstar Global Positioning System” tree in werking. Ou Clinton sou eers in 2000 nie-militere gebruik van die stelsel toelaat.

d.JPG

(more…)

Is ons al daar?

Tuesday, February 19th, 2008

untitled.JPG

IPTV is op die horizon en al die groot spelers soos Vodacom en MTN spring nou om soveel optiese vesel te installeer.

Gerugte van die oos Afrika ondersee kabel is al ‘n geruime tyd in die media maar dinge begin nou gebeur.

Die kabel gaan oos Afrika met Indie & Frankryk verbind en gaan in Mtunzini in KwaZulu Natal land. Dit gaan die Telkom Sat-3 verhouding erenstige kompetisie gee.

Net om dinge in verhouding te stel. Sat-3 lede vra soveel as R11 000 per mb en die Seacom gaan tussen R267 en R673 verhandel per Mb afhangende van die volume.

Seacom het reeds finansiering van Nedbank en Investec verkry en aandeelhouers sluit in Cyril Ramaphosa, Venfin, Industrial Promotion Services en Herakles Telekom.

Telkom se monopolie is stadig maar seker besig om te verkrummel en dit gaan BAIE goedkoper bandwydte vir die privaat en korporatiewe verbruikers teweeg bring.

Kiepnet

lukas.jpg

Nuwe afdeling…BOS TEGNOLOGIE

Saturday, February 9th, 2008

Hou die spasie dop…die eerste inskrywing in ons nuwe afdeling BOS TEGNOLOGIE word binnekort gepost…pasop.

9022.gif