Welkom King…jou ‘posts’ gaan ek enjoy

Ek lees toe nou die dag ‘n artikel op Bosparra wat gaan oor die bespiegeling / raaisel: word gays gebore, of word “hulle” so. Nogal interessant gewees om dit te lees, alhoewel party opvattings maar eng was. Maar ek was erg geskok toe ek die kommentaar deurlees wat op die artikel gevolg het, wat gewissel het van aanvaarbaar tot gooi die moffies met klippe dood. Ek reken toe ek sal die tyd vat om my opinie te deel. Kort en kragtig:
Wat in ‘n ander ou se huis / kamer aangaan het boggerol met niemand te doen nie. Die hele polemiek is absurd.
Die definisie van GAY volgens Wikipedia is: Gay is an adjective that in modern usage usually refers to homosexuality. In earlier and in literary usage, the word means “carefree”, “happy”, or “bright and showy”. Waar is die dae wat ons almal “carefree” en “happy” was?
Nie lank gelede nie, voor die sogenaamde Demokrasie in Suid Afrika, (onthou jy, dit was toe petrol nog R4 per liter gekos het, en armoede baie minder was as nou…) was ‘n swart persoon (nie-blanke) nie in ons NG Kerke (of Susters Kerke) toegelaat nie, (behalwe natuurlik die bediendes wat die Nagmaal glasies moes was en die vloer moes polish…). En nie lank nie, of die deure is (gelukkig) oopgestel, en enige iemand mag toe die dienste bywoon. Of daar veel swart lidmate deesdae is, weet ek nie. Want ek is nie gereeld in die NG Kerk nie. Maar ek weet hulle (alweer die hulle woordjie…) beswaar en afgryse het plek gemaak vir aanvaarding. Ek reken toe tot my fout, die nuwe Grondwet maak mos voorsiening vir alle Suid Afrikaners, en dat die Kerk berus het in die feit dat ons almal deur een Skepper geskape is. Hoe verkeerd was ek! Ons is lank nog die gelyk in die oe van die Kerk nie - of jy nou wit, swart, geel, vet, lank, kort, maer of watookal is. WRONG!
(more…)