
Sy is een van die ‘groot geeste’ in die Afrikaanse Blogsfeer…’n gunsteling vir baie
Die ‘tannie’ met DAAI oog wat so lekker vir almal koekeloer…
Welkom Dellie…en relax…die parra’s is dalk kommin,maar hulle is goeie mense…mense -mense…ons tipe mense…geniet…ons watch jou
Me/ sluk ‘n stywe dop, maak keelskoon, haal diep asem, en …
Howzit!
Van nou af sal ek julle Dinsdae kom verveel met dinge uit my alledaagse lewe… net vir so bietjie balans tussen al die opwinding wat julle hier beleef… En nee, ek deel nie foto’s soos die Botha’s nie. Al is ek kommin, het ek darem ook my trots! Sorry! Hehe…
Julle klompie het gesorg dat ek vir ‘n hele week lank nagmerries gehad het oor hierdie possie. Julle is nou nie die maklikste crowd om te please nie…ek is al lank genoeg ‘n roofleser hier om dit te weet. Ek is flippen bang vir julle!
Nie vir almal nie, maar ‘n paar van julle maak my regtig baie benoud! En ek het nie ‘n idee gehad hoe om myself hier te kom bekend stel nie.
Ek is nie “iemand” nie, ek ken nie ‘n popster of sy skelmpie persoonlik nie, is redelik oningelig as dit by politiek kom, ek is nie so reguit soos Platty nie, nie so dapper soos Janine nie, nie so snaaks soos Platkuif nie en beslis nie so intellektueel bevoorreg soos Emil en ‘n paar ander nie. Eintlik is ek maar ‘n baie rustige mens, en nogal ‘n vredemaker.
Toe besluit ek dat ek nie nou skielik gaan verander net omdat Platkuif my uitgenooi het om hier te kom deel nie. Ek gaan nie skielik mense begin slegsê en verkleineer nie, sensasie-soek is nie in my aard nie. Maar daar skort niks met my humorsin nie! Toegegee, die bloostelling hier is baie groter as wat ek op my eie kan kry, maar ek is ook nie ‘n “stats” hoer nie, so as julle my nie like nie, wel, dan verdwyn ek maar net weer stil-stil terug daar na my eie ou wêreldjie. No harm done.
Terwyl ek toe Maandag nog naels kou hieroor, val hierdie juweel van ‘n beriggie spreekwoordelik uit die hemel. Klein, weggesteek onder op bladsy 6 van die Volksblad. En ek dog ek lag my ‘n papie… veral gesien in die lig van die algemene besprekings die afgelope tyd hier op Bosparra… Imagine dit was Suid-Afrika… wie sou die popster gewees het???
“Kambodja se gewildste popsensasie het ‘n hofsaak teruggetrek teen ‘n boer wat sy stoetbul na hom vernoem het.
Die land se gewildste popster, Preap Sovath (36), het glo met regsoptrede gedreig nadat die eienaar van ‘n stoetbul van $10 000 (± R77 500) die bul na die sekssimbool genoem het. Sovath is in verskeie plaaslike mediabronne aangehaal waar hy gesê het dat hy regstappe sal doen om sy vrou te beskerm wat glo ontsteld geraak het nadat sy advertensies gesien het waarin “Preap Sovath” se “dienste” teen $100 per dekking, “bevrediging gewaarborg”, aangebied word.
Die ster het egter die naweek bekend gemaak dat hy nie meer regstappe gaan doen nie. Volgens gerugte wat die ronde doen, was ander name wat die boer voorgestel het, glo nie bevorderlik vir die ster óf die bul se “loopbane” nie. “
Sjoe. (me/ vee sweet af van voorkop) Dan is die ys nou hopelik gebreek. En onthou, maak nie saak wat jy face nie… gryp dit aan die horings en ry dit bloots! 