Welkom terug DGS…eish.
Ons lees graag…

Hier steek ‘n interessante kwessie sy kop uit!
Riaan Oosthuysen se ope brief aan Frank Botha (as jy nou nog nie daarvan weet nie, is die hoop min!), en die blog-wye reaksie daarop, het ‘n interessante kannetjie wurms oopgemaak.
Persoonlik het ek nog nooit vir Frank Botha ontmoet nie. Ek en Frank het eendag sleg vasgeval op Da Mario se blog, en van daar af was dit open season. Dit wat ek daarna van Frank gehoor het, het veroorsaak dat ek ‘n lekker gly in die ou gevang het.
By een geleentheid het ek dit nodig geag om vir Frank ‘n slag te bel. Die gesprek het redelik formeel afgeloop, en Frank het baie mooi gehoor gegee aan dit wat ek van hom gevra het. Darna het ek en Frank ‘n paar maal oor die telefoon gesels. Die inhoud van daardie gesprekke is nie ter sake nie, maar ek het onder andere vir hom gesê dat daar altyd oorlog tussen ons sal wees, solank as wat hy die aansprake en uitsprake maak wat hy wel maak.
In hierdie hele sage was daar ook altyd “die prokurower” – Riaan. Frank se groot gabba. Altans, dit is die indruk wat Frank geskep het, en Riaan het nie veel gedoen om daardie indruk te verander nie. Van die start af het dit nie vir my sin gemaak dat Riaan sy professionele lewe en sy praktyk so sonder skroom aan Frank se optrede gekoppel het nie. Ek het selfs vir Riaan ‘n slag of wat daaroor “aangevat”.
En toe gebeur Maandag… Elkeen, inkluis die uwe, het ‘n eiertjie te lê gehad daaroor.
Enters Platkuif… met ‘n helse goeie standpunt! Het Riaan die situasie reg hanteer deur vir Frank op sy eie blog ‘n rooikaart te wys? Is dit hoe vriende met mekaar maak? Kon die situasie nie weg van al die ander bloggers hanteer word nie?
Platkuif sê onder andere “Ek het vanoggend jou brief op DD gesien en ek was dankbaar jy is nie my pel nie” en “as iemand jou ‘pel’ is en jy beroep jou op Christenskap en dies meer,dan sou ek reken jy het die situasie teleurstellend swak hanteer”. Wat my nogal laat dink het aan ‘n paar dinge…
(more…)