Om ‘n girl te box
Wednesday, July 16th, 2008Hi daar DM…en dankie
Om ‘n girl te box …
Ek staan onlangs en dink dat mens darem ‘n wye verskeidenheid vrouens kry, genoeg om van te kies en te keur. Ek kategoriseer hulle graag en deel vandag die resultate met julle. Vertel my gerus wie is jy, of skep jou eie kategorie. Enjoy!
Die kunstige tipe: Jy herken hulle maklik aan hulle kleredrag. Sy dra gewoonlik verskeie lae materiaal, in herfskleure, wat lyk asof dit los om haar gedrapeer is, gewoonlik gepaardgaande met ‘n serp of so. Sy hou nie besonders baie van grimering nie en het gewoonlik so vae kyk in haar oë, asof die alledaagse heeltemal by haar verby gaan. Jy sien haar nie sommer in swemklere nie en sy is gewoonlik iemand met ‘n ligte vel wat skrik vir die son. Sy is down to earth en wat jy sien is wat jy kry. O ja, sy is weird. Sy het die vreemdste gewoontes en weet nie dat daar Saterdae sport op TV is nie.
















