homepage | bosparra telekom

Archive for the ‘Platterfuss’ Category

Dalk moet ons…

Wednesday, July 16th, 2008

Hi Platty…groot druk en ‘n lekker (oopmond) soen vir jou… ;-)

DALK MOET ONS.…..
Hierdie is ‘n OU post….  wat tot ‘n mate weer relevant is….  veral die ‘DALK MOET MENS’ deel…..   Gister het ek weer besef HOE ongelooflik julle klomp mense is… en rerig, ek waardeer dit ongelooflik!  Elke comment, sms, telefoonoproep, ALS!!!  Julle is onherroeplik deel van my lewe….
En ‘apologies’ aan die parras by die paartie wat ek nie toestemming gevra het om fotos op my blog te plaas nie!  Oooooops!  Dis gedoen!!!  ;-)
Dis die laaste vir ‘n rukkie….  maar ek gaan julle nog raak-lees en so nou en dan comment… en, dan’s ek hopelik weer terug!  Met nuwe spoed en al daai dinge….
Hier’s die ‘ou’ post…….
Ek’s hier, maar is ook nie hier nie!
Sommer so met die intrapslag wil ek net weer ‘n MOERSE dankie sê aan almal van julle!  Is ongelooflik hoe ‘cyber support’ my deur (??) hierdie laaste paar dae gehelp het….  Ek’s totally verlore…  ek dink ek mis helfte van my lewe op die stadium!
Maar …. Dalk moet mens…. Met Boeshie was ek in die bevoorregde posisie dat hy ‘tyd’ gekry het…  tyd wat ons nie altyd het nie! En tyd wat ek nie andersins sou gehad het met hom nie….  Tyd om my gewoond te maak dalk?  Wie weet!

(more…)

Dankiefokkentog!

Monday, July 7th, 2008

More Platterfuss…. ;-)

Dankiefokkentog!

Eish, lately besef ek daar’s rerig goed waaroor ek donners bly is, situasies en ‘werke’ waarin ek net mooi nooit ooit sou ‘gefloreer’ het nie…

Imagine my…. In ‘n plek waar dit nooit ooit warm is nie….  Koue maak my dadelik bedonnerd, en daai gevoel dat jou damn neus loop.,… EN imagine iemand donner my oppie neus?  Hy sal mors-af breek… sommer net so!  Zap… en ‘klingel-klingel’ as hy op die vloer land!!!  Die ander probleem is warm aantrek!  Ek kan ‘layer’ tot ek blou in die gesig is, maar as ek wil koud kry, gaan gn nikse lae en lae klere my warm kry nie!  En so teen die 2de laag (thermal of te not) begin dit al voel asof ek nie kan beweeg nie!  Ietsie in die lyn van ‘n ooropstopte stuk boerewors……. Daai’s wat lyk of daai vliese (of dermpie) so wil-wil breek….  Wat net ‘n rede soek om te pop!!!

(more…)

ALLEEN, EENSAAM OF VERLATE?

Monday, June 30th, 2008

Hello Platty…. ;-)

ALLEEN, EENSAAM OF VERLATE?

Gisteraand toe ek huistoe ry van my ma-hulle af het ek toe weer kans vir dink…

En toe wonder ek oor alleen?  En wanneer word alleen eensaam?  En wanneer voel mens sommer net verlate!

Ek’s nie goed met Sondagmiddae nie!  Was nog nooit!  As ek die selfmoordtipe was, sou ek dit ‘gereel’ het vir ‘n bewolkte Sondagmiddag, so as dit net skemer raak!  Normaalweg vrek ek oor skemer… maar dit werk nie vir my op ‘n Sondagmiddag nie!  Dis polskouend k@k!

Ek’s ‘n ‘alleen’ mens… uit keuse! Alhoewel ek ‘n ekstrovert is… Miskien het ek my lewe deur te veel mense ‘deur die dag’ om my, so….  Ek soek ‘rus en vrede’ as ek my werksomgewing ‘verlaat’…. Ek’s nie gepla met myself nie, so ek kan alleen wees! Ek dink net mense wat vrede met hulleself gemaak het kan ‘alleen’ werklik hanteer….  En besluit wanneer ek mense om my wil hê!  En dan kry ek mense om my! My huis is baie ‘privaat’… dis waar ek wegkruip as die lewe erens begin voel soos ‘n nommer te klein skoen! So, min mense weet eers waar ek bly, net die baie ‘bevoorregtes’!

(more…)

Klein dingetjies

Wednesday, June 25th, 2008

Platt…klink ‘beter’ as gister…

Klein dingetjies….

Vanoggend toe besef ek, ek’s gatvol!  Maar nie waarvoor nie, vir myself!

En die rede?  Omdat ek eintlik k@k is, want ek moan en groan, sulk, k@k en kerm, en eintlik onnodiglik!

Ek’s in ‘n bui, nou al vir weke!  Of ek nou besig is om vir Mr Moonboot morally te ondersteun, of dit vroeë (of dalk laat) menopause is…. Of dit sommer net deur-die-kakgeite is… ek weet nie!  Maar wat ek wel weet is dat ek die sewe soorte k@k uit myself uit irriteer!

Oplossing vir my ‘probleem’?  Nee wat, daar’s baie!  LAG!  Beslis die nommer 1 solution!  En, ek hou van lag!  En, nou hoekom lag ek nie genoeg nie?  Maybe net moet ek en Janine ons ‘lang-beplande’ k@k gaan aanjaag…  ‘n tent gaan pitch in Midrand…  en die k@k uit iemand anders uit irriteer!

(more…)

Pissed off

Monday, June 23rd, 2008

Platt is terug…en sy klink kwaai

Pissed off…….

Vir starters, ek was stil, want ek mag…. Of maybe nie?

My moer is gekoer… ek’s moeg, en ek’s eintlik ook gatvol…..  en ek sukkel om ‘n woord geblog te kry….

Laas week was ‘n nagmerrie!  So much vir ‘n langnaweek net voor dit!  Dit het minder as fokkol gehelp, want toe word Dinsdag net ‘n erger as erg Maandag, en ek is nou nie ‘n gebore ‘kom-ons-like-Maandae-tipe’ nie, en Dinsdag besluit hulle toe ek moet Woensdag met die spoed van ‘n heilige wit eland by Martin’s Drift grenspos uitkom!  Net ‘n week-rit te perd… of fokken baie kilometres per kar! Ons kry nie ‘n charter vlug op sulke kort kennisgewing nie… doane en aksyns voel nie lus om hulle besige dag van fokkol doen en koffie drink te ontwrig deur die vergadering net met ‘n halfuur te skuif nie… die ou klein vergunningtjie van hulle kant af sou veroorsaak dat ek nie nodig gehad het om 9 ure in ‘n kar te spandeer nie… en op die ou einde te voel of ek ‘n hanggat soos ‘n hokleeu ‘kweek’ nie… ek’s NIE goed met baie lank stilsit nie… en nog minder goed met beheer van humeur na ‘n baie-ure-lange-kak-pad-rit… en dan ‘n meeting met donker Afrika se Doane-mense!  Fok tog!  En om die mood net so effens te verbeter… het ek so 3 ure slaap die vorige nag gehad….

(more…)

Hardloop terwyl jy kan…

Tuesday, June 10th, 2008

((Platt)) ;-)

Sometime gedurende die naweek het ek so ‘n halwe gesprek met iemand gehad oor ‘n onderwerp wat eina is! En wat ek eintlik nie graag oor praat nie….. maar maybe kan dit iemand erens dalk help… om nie in dieselfde ‘strik’ te trap nie! Om te hol voor dit te laat is!Ek is ‘n baie sterk mens, lief vir mense, sterk persoonlikheid en en en en (En nee Platter-haters, ek ‘brag’ nie, dis wie ek is)! Ek was so amper 30 toe ek eers getroud is, seker moes ek maar gewag het vir 80+!

(more…)

Pa(fokken)teties

Wednesday, June 4th, 2008

Platty !

Eish, kan ek darem nou so op my nugtermaag afgepp word… sommer net so!

Daar’s goed wat my solidly kan befok maak, my moermeter van 0 na 1000000000 kan opstoot met die spoed van ‘n heilige wit eland!!!

Skeinheilige mense…. Daai lot wat met strontringe (soos ‘n perelhalsnoer) om die nek loop… daai lot wat net in my pad geplaas word om my gat te krap, sommer net so omdat ek amper in ‘n goeie bui was….

Van gister af het ek nou al 10 fokken e-mails gekry wat my moer koer….  Diefokkenselfdedingoorenoor!!!!!!!

(more…)

Sommer net…

Wednesday, May 28th, 2008

Hello Platty… ;-)

En toe’s ek eintlik lui vir blog, en toe raak ek ‘on-lus’ vir werk, en toe raak ek verveeld en toe blog ek maar hier…..
So… here we go! Ek dink ek’s way te veel ‘geslaat’ toe ek kind was… baie gaan verskil en reken ek’s te min gedonner….  Maar ek’s seker ek het meer pak as kos gehad!  En ek’s OOK oortuig dit was totaal unfair gewees meeste van die tyd!!!   Maar eintlik moes ek dalk meer gedonner gewees het… dan sou ek miskien minner in die poefff gewees het so deur die jare!!! My ma het so ‘n turquoise pantoffel met ‘n gladde sool gehad!  Glo my, daai sool was GERIFFEL voor sy my begin beetkry het met die ding!!!  As ek daaraan dink kry ek so ‘n branderige gevoel in die celluliet op die goeters waar ek sit!!!

(more…)

Xenophobia op my doorstep

Wednesday, May 21st, 2008

Platt ;-)

So baie maal kyk mens, maar SIEN nie….

Waar ek bly is ek so half ‘omring’ deur ‘squatter kampe’, Diepsloot en Kaia Sands is nie te ver nie… maar mens is mos veilig…. Mens dink nie!

Gister kom my favourite ‘boy’ op die plaas vertel sy pa is oorlede… ek simpatiseer, en doen al die regte dinge, maar nog steeds DINK ek nie….. Ek sien hulle oë is groot, en ek wonder… maar wonder nie goed genoeg nie!!!

(more…)

Seriaaaaaaaaaaasly…. saaiber stories

Monday, May 19th, 2008

Howzit Platt…. ;-)

So tussen die werk en k@k praat oppie net, besef ek toe weer iets die afgelope tyd!  Dis ‘n kru en kras wereld in die webruimte!   Ek dink miskien het ek al te veel ‘gesien’ so deur die jare, te veel gehoor van hartseer en gemors wat uitbroei…..  moes te veel al luister hoe ‘victims’ probeer ander mense waarsku…….
Ek spot altyd in die chatrooms oor wie ekke ’saaiber’ in open channel, maar eintlik is die nie ‘n ‘lag’ situasie nie, is ‘n moeilike situasie!  En ek hoop deur te probeer verduidelik wat en hoe ek voel, en wat ek gesien en gehoor het   -  baie jare in ‘cyber wereld’, gaan ek erens iemand keer voor sy of hy baie gaan seerkry….  en glo my, jy gaan seerkry!

(more…)

Ek het ‘n vraag….

Wednesday, May 14th, 2008

Howzit Platt…jy vra baie vrae vandag…maar soms is dit nodig ;-)

OK, eintlik het ek moer baie vrae….  Maar die ene laat my wonder…

LUISTER mense?

Soos die ‘wonderwerk’ wat amper-amper sy deurgekuste alie gesien het… is daar dalk ‘n rede hoekom hy so siek moes word?

Gebeur daar nie dalk dinge met ‘n mens net om jou weer terug te ruk ‘aarde’ toe nie….  Dalk dink jy jy’s so effe verhewe bo die res? Of dink jy jy’s so effens naber aan die Oom daarbo?  Dat Hy moet so effens opsy staan dat jy so neffens Hom kan gaan sit?

(more…)

Bacchus

Monday, May 12th, 2008

En, ek dink erens het ek ‘n blok… en ek dink dit sit naby aan my BLOG!

‘n SMS van Janine vanmiddag het my laat aan vriendskap…. Hoeveel weird vriendskappe sluit mens in mens se lewe!

I don’t ‘do’ women! Ek kan my werklike vriendinne op 2 van my vingers tel! Ek praat nou van boesemvriendinne! Daai met wie jy jou lewe kan deel!

En ek dink vanaand aan… drank en ek! Gelukkig raak ek liewer vir die lewe…. En vir mense! En… unstoppable! Ek lag maklik…. maar bacchus is geneig om die ‘lagspiere’ erger te verslap! *wicked grin* En…. lately kan ek ook mos nou wragtig nie eers meer Bacchus naderklap as ek so voel nie…..

(more…)

‘n Smash en Grab…

Tuesday, May 6th, 2008

Welkom terug Platt ;-) ..baie dankbaar jy het die ‘gemaak’ na jou ‘ordeal’.Aan die doos wat jy ‘gesmash en grab het’…katvoet loop ou maat,die wiel draai…jou dag SAL kom.

OK!  Eintlik voel ek net ‘n hele boek vol te vloek, maar ek het besluit om ‘n kort enetjie te ‘los’ vir die van julle wat nog moet gaan ‘smash and grab’!

Vir starters MOET jy Gauteng toe trek, anders gaan die droom van jou nie verwesenlik word nie!  Tweedens moet jy asseblief reel dat dit aan die begin van ‘n langnaweek gebeur, en verkieslik na jy baie lekker saam met vriende gekuier het!  En nee, NIE noodwendig gekuier soos in gesuip nie!  Ek sou nogals aanbeveel dat jy eerder gesuip die ou spulletjie moet aandurf, want dalk net, maybe, hopelik, skrik jy eers as jy eendag wakker en nugter raak!!!

(more…)

Partykeer kry ek skaam….

Tuesday, April 29th, 2008

Partykeer kry ek skaam  om ‘n afrikaner te wees… of ‘n blanke afrikaner!

‘n ‘Leser’ van blogs, en ‘n Facebookvriendin los vandag vir my ‘n boodskap op facebook oor die ‘blanke plakkerskamp’ naby Krugersdorp… wat hulle so ontstel het! Die mense leef glo in haglike omstandighede, slaap onder bome, en sulke dinge! Wel, die fotos wat sy geplaas het… nie een is maer nie…. kinders se klere lyk goed!! En glo my, daai plakkerskamp… ek was al daar! Hulle leef beter as baie van ons, want hulle betaal vir niks…. kry skenkings van kerke en welsynsorganisasies!!!

Ek ‘sonder’ nou basies Krugersdorp uit, maar orals is dit baie dieselle….

My mening….. (en nee vir die wat my weer wil opkerf en vir die hienas gooi, ek veralgemeen NIE! Ek praat nou van my persoonlike ondervinding….) ‘n sleg blanke is slegter as ‘n sleg ‘boy’…. en dis seriously true!!!! En die k@k is, hulle het meesal genoeg verstand om nog geslepe by die sleg te kan voeg…… en dis ‘n ongelooflike k@k kombinasie!

(more…)

KLEURBLIND, GAYBLIND… en daai tipe dinge!!!

Tuesday, April 22nd, 2008

Net voor ek vir Platterfuss die ‘vloer gee’…’n vinnige Happy Bday aan Emil Jung…mag die jaar wat kom net vreugde,vrede en voorspoed vir jou en die mense vir wie jy lief is bring…geniet dit!

En nou vir Platterfuss…

“Ek’s nogals in ‘n bevoorregde posisie! Ek’s kleurblind, gayblind, statusblind en baie ander ‘blind’ gebore….

Ek sien wragtig nie kleur nie, as ‘n voorbeeld! Dit gaan mos nou eintlik oor die mens? Of mag mens nie ‘n ander kleur as ‘mens’ beskou nie? Baie ‘roem’ daarop dat hulle rassiste is! Maar is ‘swart’ die enigste ander kleur? Wat van Chinese? Wat van Indiers? En wat van who-ever nie ‘n blank ou velletjie het nie? En WAT maak die ‘wit’ ‘n superior race? Hitler en damn baie martelaars, massa moordenaars en en en, was wit, en hy was een van die grootste halwe bokse wat nog ooit in die menslike bestaan uitgepop het! Ek dink nie hy was gebore nie…. erens moes iets aakligs hom en sy soort uitgebroei het!

Ek het jare gelede (toe daar nog erger as nou, as dit moontik is rassisme was), ‘n groep swart en indiër studente leer ken, want… ek moes Psigologie Stats na-ure doen, aangesien ek way te veel, as ‘bevoorregte student’ die lekkerder dinge as studeer, gedoen het! En in die proses die ‘stats-pot’ totally misgesit het….. En, ek het bevriend geraak met hulle, wat my onmiddellik geklassifiseer het as ‘k@ffirboetie’ op die goeie liewe Potch Universiteit vir Cocaine, Hoerery en Ontug! Nou kyk, veel eerder is ek dan ‘n k@ffirboetie voor ek ‘n snob is….

(more…)