Ek vra julle mooi, help asb!
Tuesday, July 8th, 2008Hi daar Janine…
Ek vra julle mooi, help asb!
Ai, deesdae wonder ek baie hoekom die lewe so onregverdig is.
In die geval gaan dit oor ‘n 15 jarige laaitie wat in die hospitaal lê met ‘n gewas op sy brein, so erg dat die dokters eintlik niks meer vir hom kan doen nie. Dit breek my hart!
Ek het verskeie emails van ‘n vriendin van my gekry met versoeke dat ek en ander ‘n bydrae sal lewer om Albie en sy gesin te borg met ‘n donasie of soortgelyke hulp om die finansiële druk te help verlig.
So dink ek toe by myself, behalwe vir my geldjie wat ek gaan bylas, wat meer kan gedoen word?
En vandag wil ek almal wat hier lees, vra om asb uit te help. En as dit dalk nie moontlik is om ‘n bydrae te lewer nie, stuur hierdie post se besonderhede asb aan na kontakte, familie en vriende.
Ek plaas hieronder die emails wat ek ontvang het, asook die trustrekening se besonderhede waarin skenkings gedeponeer kan word.















