Blanke Plakkerskamp
Friday, June 13th, 2008Kom ons vergeet van die redes oor hoekom hierdie mense hier opgeland het en probeer help soos ons kan.
Het nounet hierdie mail gekry en die desperaatheid van die situasie is duidelik.
Kiepnet (kontak asseblief Etienne direk onder aan die post)
Hi Almal
Die is net ‘n paar foto’s.
Vir die wat nie bewus is daarvan nie, hiermee besonderhede van die blanke
Plakkerskamp by die Krugersdorpdam. Ek was Saterdag weer daar en word elke
Keer opnuut bewus van die aaklige omstandighede van hierdie mense. As jy
Enigsins kan help kontak my groot asseblief … ONS MOET HIERDIE MENSE
PROBEER HELP.
Tans is daar 83 gesinne en omtrent 60 kinders betrokke. Die algehele
Omstandighede daar is benard en die mense bly in haglike omstandighede.
Geen kos word uitgedeel aan die mense nie en dit word gehou vir die
Sopkombuis. As daar ekstra brood, groente en vrugte is word dit wel
Uitgedeel.
Ons het dringend die volgende artikels nodig.
· Tente of enige seile om tente waterdig te maak.
· Ou karavane.
· Zozo hutte.
· Enige beskutting waar kleuters gehuisves kan word om te speel en in te
Kleur.
· Enige speelgoed vir die kinders.
· Enige hout, spykers en skroewe. (Daar is 3 skrynwerkers wat nie werk het
Nie en hulle kan hutte of beskuttings hiermee bou.)
· Sinkplate.
· Enige staal. (Hugo het sweismasjien om tafels en beskuttings mee te
Maak.)
· Komberse en kussings.

























