Vories…waar is julle???
Thursday, June 19th, 2008Update: ‘n paar e-mails gekry ons moet die post weer ‘bump’…enige oud Vories daarbuite…
Waar is die goeie ou dae van ‘Vories’?(Ekself was ‘n Presidents verkenner destyds…wat dit ookal beteken.) Ek onthou al die lekker kampe en bedrywighede …penkoppe en drawertjies en verkenners en staatmakers en niggies en neefs…mens onthou veral die gevat en soenery in die aande na ‘ligte uit’ op daai einste kampe…anyhow,bestaan die
Voortrekker beweging nog vandag? Waar? Is dit nog dieselfde? Soen die tannies met die kappies nog so lekker….
Ek lees op ‘n web saait die doelwite van die Beweging deesdae is…
1. dat die meerderheid Suid-Afrikaners en Namibiërs teen 2009 weet dat Die Voortrekkers bestaan en wat ons bied;
2. dat die beweging teen 2009 in staat is om aan die behoeftes van die Afrikanerjeug binne die raamwerk van die ABC te voorsien.
3. dat ons teen 2009 oor genoeg fasiliteerders en hulpbronne beskik om hierdie diens te kan lewer;
4. dat ons in ons organisasie en strukture teen 2009 professioneel en effektief sal wees.
www.voortrekkers.org.za
Klink asof hulle nou ‘n politieke party geword het….
Het hulle nog bestaansreg? Is die Voortrekkers ‘oop’ vir almal…? Wie kwalifiseer ?Wie is die Afrikanerjeug????

Funny brief wat Nita vir my geforward het (fanks)…van ‘n Voortrekker seuntjie aan sy ouers
Liewe pa en ma,
Ons leierverkenner het gevra dat ons hier van die voortrekkerkamp vir
julle skryf, net ingeval julle die vloed op tv gesien het en bekommerd
is oor ons. Ons is OK. Net een van ons tente en twee slaapsakke het
weggespoel.























