homepage | bosparra telekom

Archive for the ‘2008 Interviews’ Category

Bosparra Interviews 2.0

Tuesday, June 24th, 2008

Yip, amper reg vir die volgende klompie Bosparra Interviews…en daar wag ‘n paar GROOT verassings….

Hieronder is ‘n uitreksel van ‘n interview wat met Lourens Fourie gehou is (nie deur Bosparra nie). Die man is ‘n legende en Bosparra beplan ‘n paar lekker projekte saam met Lourens…watch ons ;-)

Q&A met Lourens

(Deur Anneli Mynhardt)

14 Junie 2008

Waarom het jy hierdie beloofde onderhoud so lank probeer ontwyk?

Ek praat nie baie graag oor myself nie. Jy weet mos, want jy moes hierdie webwerf se teks skryf!

Waarom nie?

Dit kan te maklik windgat klink. Daar is ‘n uiters fyn lyn tussen selfvertroue en windgat.

‘n Mens kry die gevoel dat jy selfs teen jou beterwete kant sal kies vir die sogenaamde “underdog”.

Ja ek doen. Dit is omdat ek maar te goed weet hoe dit is om teen alle “odds” in te moet baklei. Ek doen dit nog my hele lewe lank. Skryf dit maar daaraan toe dat ek te onnosel is om te weet wanneer om op te hou probeer. Ek is ‘n hopeloos slegte verloorder.

(more…)

Bosparra Interviews 2008…die nuwe ‘edition’…

Monday, June 23rd, 2008

Na die suksevolle eerste ‘reeks’ Bosparra Interviews 2008 met parra’s soos Ryk Neethling, Gareth Cliff, Anton Goosen, Koos Kombuis, Lee-Ann Liebenberg, Nina Swart, Stefan Ludik,Sean Else, LJ van Zyl,Kobus Muller,Johrne en dies meer…het die tyd aangebreek vir ons tweede reeks om vandees week te begin…

As daar iemand ’spesiaal’ is wat jy dink in ‘n Bosparra Interview moet wees…mail my,en ons kyk wat ons kan doen… ;-)

http://www.bosparra.com/category/interviews

 

Bosparra Interviews 2008: Sean Else

Monday, April 7th, 2008

Hy is akteur,skrywer,sanger,producer en sakeman…’n man met baie talente…een van die oorspronklike lede van Eden (Suid Afrika se eerste en enigste suksesvolle ‘boyband’) ,aanbieder van MNet se Afrikaanse Idols, akteur (Egoli/7e Laan )…een van die eienaars van Mozi Recors (Die label wat Bok van Blerk aan die volk bekend gestel het) en www.JouTaal.co.za. en dan natuurlik is hy een van die skrywers van ‘De La Rey…De la Rey…Hy is Sean Else.

Sean baie dankie vir jou tyd. Voorspoed en sterkte vir 2008. Bosparra watch jou…. ;-)

4205_else_sean_3.jpg
Beskryf Sean Else in 5 woorde?
Sean Else in vyf woorde - Energie, ambisie, naief, storieverteller, mens
Else of Els…hoekom?
Else - Groot Oupagroeitjie was ‘n Ier - O’Leary, krimineel (brood gesteel) oppad Australie toe - maar toe spring hy skip in Durban en gaan werk toe op ‘n boer se plaas…’n Els. Na 5 jaar toe trou hy met die dogter - toe hy sy naam gaan moes registreer in Durban was hy bang vir die polisie en vat toe haar van - maar hy spel dit soos ‘n Ier - met ‘n e agter aan!
Jou passie in die lewe?Wat excite jou?Hoekom?
Passie? Stories…want dit vertel meer oor ons siele. Films en mooi prente excite my…’n fotgraaf wat met een foto ‘n storie of emosie kan vasle is spesiaal.
Boer of Brit?Hoekom?
Boer. Eerlike mense gebore uit Afrika.
Pretoria of Tswane?Hoekom?
Pretoria. Daar was bloed gestort om tot hier te kom en te stig wat gestig is. Geskiedenis is presies dit. Naamsverandering is niks meer of minder as “powerplay” nie. Daar word nou duidelik vir die Afrikaner gese die regering dink nie veel ons nie. Kom ek vra jou so - Gaan ‘n nuwe parlement in Amerika New York se naam verander?

(more…)

Bosparra Sport Interviews 2008…LJ van Zyl

Wednesday, April 2nd, 2008

Vandag se interview is met nog ‘n oud Grey leerling…LJ van ZYL…nie net was Ryk en LJ op Grey Kollege nie,maar hulle deel ‘n ander ‘voorreg’ ook…beide is Top Sportmanne en Olimpiese medalje kandidate vir 2008…

LJ dankie vir jou tyd.Sterkte en voorspoed vir die res van die seisoen…47.50…ons watch jou ;-)

lj.jpg

1.beskryf LJ in 5 woorde…
Hardwerkend,lojaal,vinnig,gefokus en committed.

2.jou passion(s) in die lewe?wat dryf jou?
Hardloop en die plaaslewe.

(more…)

Bosparra Interviews 2008: Gareth Cliff

Thursday, March 13th, 2008

9022.gif

Yip, vandag is dit Gareth Cliff se beurt…baie mense ‘luv’ hom en die res dink hy is ‘n doos…MAAR een ding is seker, die ou kry die mense aan die praat.Is hy ons ‘gewete’…is hy daai persoon wat die ‘balls’ het om oor die dinge te praat en gesels waaroor ander net wonder/droom en in die kakhuis of oor koekies en tee skinder? Gareth, dankie vir jou tyd…Ons luister graag na jou.

I’ll do this in Afrikaans…jy praat mos die ‘taal’… ;-)

cliff_gareth.jpg
(Foto:M-net)

1.Beskryf Gareth in 5 woorde?
Lank, dun, blond, vol stront

2.Wat is jou ‘passion’ in die lewe?wat dryf jou?
Mense. Daar is ‘n klomp snaakse en interessante mense in die wereld - en hulle
almal het ‘n storie of twee.

3.jou favourite ‘quote’?Hoekom?
“Dis uit, soos boknaai voor die polisiestasie” - Rian van Heerden

(more…)

Bosparra Interviews 2008: Anton Goosen

Monday, March 3rd, 2008

Hy is seker een van die grootste geeste in die Afrikaanse musiekbedryf,die oorspronklike ‘liedjieboer’.Jy kan eenvoudige nie die diep spore wat hy reeds in die bedryf getrap het,ignore nie…’n meneer.Anton fanks vir jou tyd.Fanks vir jou bydrae tot Afrikaanse musiek oor die jare.Jy is ‘n legende.Sterkte en voorspoed vir 2008!!

Anton deel een van die dae die stage met Stevie (Hofmeyr vir die wat nie weet nie…) by die Brugbou concert in Centurion…(aangebied deur Wimpie vd Sandt productions http://wimpie.look4.co.za/ en http://www.jacarandafm.com/content/view/1402/25/).

02_s.jpg
http://www.antongoosen.co.za/werf/default.aspx

Hoekom is jy weg uit Gauteng?

Oor die gewapende rooftog. Dit was paradys waar ek gewoon het, en die rowers het die droom vernietig.
Wat maak jou bang?

Jurie Els
Waarop sal jy nooit compromise nie?

met my musiek
Enige ‘trademark’ move soos ‘n Kurt Darren ‘stage trippel’ of ‘n Nicholas Louw stage ‘duikrol’ waar hy so in die verhoog wegsak?

lol . jy praat met die oorspronlike anti back trax brigade man

(more…)

Bosparra Interviews 2008: Nina Swart

Wednesday, February 27th, 2008

Sy het bekend geword as Wilmien in 7e Laan en daarna was sy Nina in die m-net reeks ‘known Gods’…sy is die baie pragtige en ‘very hot’ Nina Swart…Baie dankie vir jou tyd Nina! Sterkte en voorspoed vir die res van 2008!

129_swart_nina.jpg
Beskryf Nina Swart in 5 woorde?
“more is nog ‘n dag”

Wat maak jou bang?En kwaad?Raak jy gou ‘irritable’?
ek is nie bang vir wat ander mense aan my kan doen nie. ek dink ek is banger vir wat ek aan ander kan doen. o, ja, ek is bang vir geitjies en akkedisse. kwaad? ja, ek raak kwaad op die pad (vreeslike road rage…). en
my grootste irritasie is mense se slegte maniere aan tafel.

Waarop sal jy nooit compromise nie?
dis ‘n moeilike vraag omdet ek ‘n relatief maklike lewe het (waarvoor ek baie dankbaar is). ek dink nie ek ken myself in geweldig ekstreme situasies nie, so daar is lyne wat gekruis sal word. maar, in terme van my loopbaan, sal ek nie compromise op 100% gee vir elke produksie of projek waarby ek betroke is nie. my beste is selde dié beste, maar ek sal nooit afskeep met my pogings nie. ook nie in my vriendskappe nie - ek sal by my pelle “stick” tot die einde toe.

(more…)

Bosparra Interviews 2008: Lee - Ann Liebenberg

Sunday, February 17th, 2008

In die gees van Vaaltuin dag en die onlangse nuus oor manne wat nie verstaan hoe absoluut ongelooflik ‘n vrou is nie, is die onderhoud vandag met Lee-Ann Liebenberg.Sy is blerrie pragtig.Lee-Ann dankie vir jou tyd en geduld met ‘n kommin websaait soos Bosparra…ons wardeer…jy is ‘n moerse sport! Baie sterkte vir 2008…ons gaan vir jou fyn dop hou ;-)

000000056552-lee-ann_liebenberg-fullsize.jpg
Beskryf jouself in 5 woorde?-
impulsief,nogal bietjie mal(3 woorde!) ,hiperaktief

Liebenberg…dit is afrkaans…hoekom ‘n engelse boyfriend?-
haha nee,hy is nou afrikaans!

(more…)

Bosparra Sport Interviews 2008…Ryk Neethling

Saturday, February 16th, 2008

rockon3wm.JPG

Die ouens wil soos hy wees en die girls wil saam met hom wees…’n lewende legende,’n Olimpiese Goue Medalje wenner,’n suksesvolle sakeman en belangrikste van als, ‘n ‘gentlemen’…Ryk Neethling.Die eerste van die Bosparra Sport Persoonlikhede vir 2008.Ryk,moerse dankie vir jou tyd.Alle voorspoed en sukses vir 2008.Sterkte met jou voorbereiding vir die Spele in Beijing later vanjaar…ons weet dit gaan ‘n sukses wees.Bosparra watch jou (en natuurlik pretty much elke vrou in Suid Afrika tussen 5 en 90 jaar!)

pic08.jpg

Wat dryf jou? Jou passie(s) in die lewe?
In swem is dit om my persoonlike beste te behaal. Ek het al n ruk terug geleer dat wen nie alles is nie. In die res van my lewe sal ek se, om ook maar my beste te doen met die gawes wat vir my gegee is.

Ek stel baie belang in eiendomme, swem natuurlik, Suid Afrika en mense wat passie het.

(more…)

Bosparra Interviews 2008: KOBUS MULLER

Thursday, February 14th, 2008

Hy is nog jonk…Hy is dinamies…Sy ‘fondasies’ is reg…En met DAAI stem gaan hy nog groot dinge doen…Kobus Mullerwenner van Supersterre 2007.Baie dankie vir jou tyd jongman…Voorspoed en sterkte met jou loopbaan vorentoe…ons luister graag.

n650613363_7748.jpg
(more…)

Bosparra Interviews 2008: KOOS KOMBUIS

Thursday, February 14th, 2008

En so begin die Bosparra Interviews vir 2008. Hiermee hoop ons om so bietjie meer te leer en te verstaan van die lewens van ‘n paar bekende Suid Afrikaners. Vanjaar skop ons af met een van die groot geeste van die Suid Afrikaanse musiekbedryf.Iemand wat al diep spore getrap het…Koos Kombuis.Soms misverstaan,soms kontroversieel, maar altyd uitgesproke en altyd relevant. ‘n Legende.Dankie Koos.

image0102.gif

Die konsep is maklik…ons vra die vrae…en publiseer die antwoorde netso…geen sensuur of affirmative action of ‘n gevoor-trekkery nie…amper soos op groot skool…Enjoy!

koos2005.jpg

(more…)

Bosparra Sport Interviews 2008: Llewellyn Herbert

Wednesday, February 13th, 2008

Een van die belowendste en beste atlete wat sonnige Suid Afrika nog opgelewer het…held van menigte jong dame…Olimpiese medalje wenner…Ons gesels vandag met Llewellyn Herbert. Dankie vir jou tyd en bydrae jong man.Alle sukses en voorspoed vir die toekoms en baie sterkte met jou voorbereiding vir een finale Spele…ons watch jou…gee hom gas!

 lha.JPG 

Beskryf jouself in 5 woorde?
Out and about, fun, caring, passionate…..ha ha ha…

(more…)

Bosparra Interviews 2008: Stefan Ludik

Tuesday, February 12th, 2008

Hy was die hartebreker,Werner, op Egoli,deesdae is hy ‘n bekende sanger en liedjieskrywer…die man daar van Namibie,Stefan Ludik.Dankie vir jou tyd Stefan…sterkte en voorspoed vir 2008!

sexy_2006_stefan_lrg.jpg

Beskryf Stefan in 5 woorde…n dromer, advontuurlustig, ‘prankster’,performer, n lover 

  

Jou grootste prestasie? Om Namibie te kon verteenwoordig in die heel eerste “Continental Big Brother” Big Bro Africa 2003. 

  

Jou grootste teleurstelling? Al n paar gehad, maar ek vergeet vinnig van hulle.    

 

Is jy ‘n sanger wat act of ‘n actor wat sing? Wat verkies jy? n Song writer/musikant wat probeer act.

(more…)

Bosparra Interviews 2008 : Johrne

Friday, February 8th, 2008

Beter bekend as die kaalkop aanbieder van GONS op MK en dan natuurlik die funny ou in die band ,ddisselblom…Johrne ‘ My Seun Mieliepap’ van Huysteen

Dankie vir jou tyd en vir jou bydrae om die Afrikaanse Taal te bevorder en te verskans!Ons laaik jou.

ddisselblom_johrne_by_adnirol.jpg

Jou besondere haarstyl (of lack there of)…geneties of ‘by choice’…?
Was ‘n haarsny ongeluk deur my vrou so 6 jaar terug en het toe ‘n lekker “brand” geword, ek word nou ook deur Headblade geborg, dit is so oulike skeermes met wielietjies wat oor jou middelvinger sit soos ‘n ring en dit werk soos ‘n bom. Gaan loer by www.headblade.co.za as jy kaalkop is!

(more…)