Is P.E. die gatkant van Suid Afrika?
PORT ELIZABETH. – Ondanks ’n vertraagde vliegtuig en die afwesigheid van die burgemeester is Gareth Cliff, die bekende platejoggie van 5FM en Idols-beoordelaar, vasberade om sy verskoning aan die stadsbestuur te oorhandig.
Só het Cliff gisteraand gesê nadat hy glo veronderstel was om mnr. Bicks Ndoni, onderburgemeester van die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit, te ontmoet.
Cliff het vroeër vanjaar in sy oggendprogram gesê Baaienaars is só eienaardig dat die hele stad van die aarde moet verdwyn.
http://www.dieburger.com/Stories/News/Regions/17.0.426169610.aspx
En daar sit Gareth weer sy voet in sy mond…of het hy ‘n punt beet? P.E. is vir my ook maar ‘n ‘weird’ plek…en dan waai die wind ook aanhoudend in die plek…
Waar in Suid Afrika wil jy beslis nie bly nie…hoekom?
En as jy kon kies,waar sou jy graag wou bly…


Nee. Die “gatkant” van Suid Afrika is Kimberley…..
Ek dink daars ‘n plek soos Tweebuffelsmeteenfokkinskootdoodgeskietfontein.
Nee ek dink dis nie so verlate soos : Tweemankbuffelsmeteengelukskootmorsfokkendoodgeskietfontein.
Ek willie eers my assies daar gestrooi hê nie
Gatkant is daar by Barkley-Wes se wereld. Sal more terugtrek as ek op Leisure Isle, Knysna kan nesskop.
Sorry het noggie Avatar - kan nie regkom op daardie website. Gee vir my snaakse boodskappe oor my nickname en my password?? So nou karring ek maar aan avatar-loos.
In Suid Afrika wil ek net bly waar ek is, oos buite die stad van Pretoria nérens anders nie.
Ek lief PE, net jammer mens het al vier seisoene in eendag in PE! Anders sou ek soontoe getrek het. Enige huisie naby die see sal doen vir my!!
Cilff is ‘n klein windgat wat dink hy loop op water…met sy vlymskerp stemmetjie wil ek in my broek skyt as ek hom hoor… Niks fout moet PE.
ek dink vandag is die plein die gatkant van die wèreld!
pavlova, kontak my by ejohan@bosparra.com dan kyk ons of ons vir jou ‘n avatar kan kry.
Pavlova
Stuur vir my ‘n foto’jie of iets na griffel@bosparra.com dan probeer ek jou help.
Ek het lank terug per helikopter op ‘n wildsplaas Evangelina geland…..en as ek dit ooit weer kan kry sal ek sonder skroom daar gaan bly vir die res van my lewe….
Intussen weet ek darem ek wil nie die lig van Lichtenburg wees nie, ek wil nie die Blom van Blomfontein wees nie, ek vermy plekke soos Kakamas en Holfontein……..maar miskien sal ek twee keer dink oor Nigel.
Praat jy. Is iemand hier van Marblehall?
Ek weet waar die plaas is waarna jy soek. Dit is naby Alldays in die noorde. Die plaas is nog steeds n wilds plaas maar het nou gaste kamers. Laat weet my as jy die presiese plek soek.
Skuus joe, nie gesien jy het al aangebied nie.
As ek kon kies Swakopmund, maar gaan aftree in Durbanville, bly nou in Pietersburg k*k plek.
Nie in Polokwane nie…
…1% of minder whities daar!
Kar se ligte moet permanent aan wees daar……
Joe, vir my weer die noorde van Pta, die wind waai te veel in die ooste…
Joe en Griffel, die fototjie wat mens moet stuur, waar kry mens dit? Ek dog mens moet op daardie website ‘n prentjie kies?
stuur jou eie foto as jy wil
Dit kan iets persoonlik wees (soos my eie welpie) of ‘n teken prent soos joe sin. Maar as jy niks het nie dan se jy waarvan jy hou en ek soek vir jou een.
@Pavlova.
http://avatars.jurko.net/19/
Gaan na die website en soek ‘n prentjie. Regskliek op die een wat jy wil he en kliek dan Save as.. en save dit dan in jou pictures file op jou pc. Stuur dit dan van daar af vir Griffel of Joe.
More almal.
Ek dink daar by Graaf Reinet se wereld is die gatkant om te bly. Daar is self ‘n plek daar Die vallei van verlatenheid.
daai Clif is maar ‘n po*pol en moet net gebliksem word PE is ‘n lekker plek
Het in die Ooste van Pta groot geword, lekker plek. Toe Strand toe, nou in Bloem, maar as ek eendag groot is wil ek op Vleesbaai of Jacobsbaai aan die weskus gaan bly. Net ‘n ou klein plasie langs die see sal wondere vir my verrig.
Nou-ja-toe Jannas, daar deel ek en jy dieselfde comment tov Pietersburg….
Ek het 16jr in Pietersburg gewoon… Scalkrylaan Bendor.
Joe, die probleem in die ooste van Pta met die wind is omrede (dink ek) die berg nie daardie kant is nie…?
Mense van PE wat ek ken is baie nice.
Hopelik nooit weer Gauteng nie.
Stellenbosch is ‘n lekker plek.
Ek ken ook mense van P.E. af…..’n bietjie windverwaaid sou ek sê…
En as dit dan nou nie die see is nie, wil ek in die Baviaanskloofberge in die Hel gaan bly.
ek wonder net wat maak hom so ‘n kenner? Baie mense dink weer hy is WEIRD/SNAAKS/IDIOTIES
Ek wonder net wat dink gareth Cliff van ons dorpie,hy kom baie hier na Frankie Bananas toe om ons te kom ‘entertain’,(het al gewonder of hy aandele het)nou hoor ek die plek maak toe.Wil nooit weer in Gauteng bly nie.
Ek bly so 80km van PE - Jeffreysbaai (Paradys) die mooiste plek in die wereld met spierwit strande sonder klippe of rotse
- GC se mo@r hy kan kom dan sal ons hom weird wys
@ Jannas - ek stem, as ek kon sou ek def in swakop gaan bly… love die plek met passie!!
ek is ‘n born and bred PE girl, ek is nogsteeds mal oor PE al bly ek nou al amper 5 jaar in Tzaneen.
Ek is doodgelukkig in Tzaneen en sal nie sommer hier weg gaan nie.
Maar Gareth se hele h0l!!! Hy is regtig ‘n onsmaaklike mens…..
Enige plek behalwe die Kaap of Natal Provinsies.
Glo maar aan die bosveld !
Is jy dan bang vir water dat jy nie by die see wil bly nie Pontie?
Defnitief bang Varkie, netnou kom daar nog ‘n tsunami !!
Nee dit is net die stilte van die bosveld wat ‘n mens aantrek om die kamp vuur, gaan gereeld na die kus met werk en die lawaai van die see dryf my teen die muur uit.
more allie parras en parrakies
lindley innie vrystaat is soooooooo nie aan nie. dis die gatkant van als. rerig. as jy jou oe knip ry jy die plek mis. en daars mense soos… skewe piet, vuil venter, tandjies botha. ek bedoel!!!!!! lekkerste plek? ons plaas is in thaba nchu. julle moet die verwisseling van seisoene beleef. dis net unreal.
pavlova - daai 2 mense is slim. hulle kan jou help met jou avatar.
hulle het my gehelp en eks heeeeeeltemal rekenaar ongeletterd.
Ons het in Pietermaritzburg gebly vir ‘n jaar. Dis nou die k@kste plek in die hele wereld. Ons was omtrent elke maand op antibiotika vir sinus. Die huisdokter daar se dis omdat die lug so vuil is. Hy se enige huisdokter se droom want 70% van die mense daar sukkel met sinus en is elke maand by die dokter.
Ek like jou Gareth!! sommer baie! ! !
en net om verder olie op julle anti-Gareth vuurtjie te gooi: hy het gisteroggend in sy program die PE storie verder gevat: liefderyk daarna verwys as die “armpit of the body”.
o ja en hy’t ‘n phone-calls tydjie ge-dedicate aan inbellers om geluide met hul armholtes te maak.
absolute uitstekende vermaak!
lol. ek hou ook van gareth. ek dink hy het hope guts en hy skrik vir niemand!!!!!
Gareth het ‘n punt beet. Voorbeeld … : ek het op ‘n keer ‘n baie lewendige, interessante ‘presentation’ aangebied vir raadslede van die NMMM stadsraad … waar ongeveer 60% van die raadslede wakker en opgewonde deelgeneem het aan die besprekings. Die ander 40% het met glaserige oë teen die dak vasgekyk en kon duidelik nie hulle oë oophou nie. Mnr Bicks Ndoni … ??? Dié het homself, al voordat die ‘presentation’ begin het, totaal en al … onbeskaamd … oorgegee aan die slaap. Hy was vir die hele duur van die aanbieding en besprekings vasch aan die schlaap. Alle opvolg-besprekings het dieselfde verloop. Gaap-gaap en trommel-trommel. Neewat … ‘laid back’ is een ding … maar oor die algemeen gee die PE-mense ‘n nuwe definisie daaraan. Die klomp is so ‘laid back’ dat ‘flat on their backs’ ‘n nader beskrywing is. Dié dat die ekonomie in die streek slegs deur ‘n paar buitelandse belange aan die gang gehou word.
Oos Kaap is lieflik. Wanneer ons somtyds in Oos london graft, plak ons in Somerstrand. Baie nice (as die wind nie te veel waai nie)
Ek’t in somerstrand gebly…. en ek hou vol PE is tops!!! die mense wat hulle monde uitspoel oor plekke wat hulle nie eens ken… wel dis sommer bog!! jy kan iets se oor PE as jy al ooit daar was en/of as jy al daar gebly het!!
en ek dink nie dis fair om PE te meet aan sy goverment officials nie… want die hele land se goverment manne is deur die slaap!!!
Blondie,
Al wat ek weet van PE en die pad na George is dat die mense baie vriendelik is en altyd vir jou plek maak as jy vinninger ry as hulle.
Jy sal dit nooit in GP kry nie, ons gun mekaar niks…
Dis net die wind wwat baie pla in daai geweste.
ja jong ek stem daarmee saam maar dis soos om gewoond te raak aan die son in tzaneen!!! jy voel later nie meer die wind nie…
Blondie>
Somerstrand! Ken die plek. Het na ‘n doedie daar gevry in my skooldae!
Wel ek het my hele lewe in Kaapstad gewoon en is nou die afgelope 3 jaar in Jeffreys en hier
waai die wind baie minder as daar en en en hier is NIE TAXIS nie …..
en ja waarheen moet ons jaag - ons het mos hier kom bly
om “Laid-back” te wees.
Ons werk net omdat dit lekker is en nie om geld te maak nie.
kakste plek- was iemand van julle al in Leandra?
om te bly- Clarens in die herfs
Tzaneen in die winter (het daar grootgeword Blondie)
Port St’Johns in die lente
Kaapstad in die somer
@ stephen - jy sal lekker jaloers wees as jy voel hoe warm dit vandag is!!!
(en die avo’s is al ryp!! )
blondie, blondie, blondie, jy sal maak dat ek nou in my kar klim! gelukkig is ek darem nou besig om ‘n wesfalia avo te eet.
btw, ek stem saam met jou PE is ‘n lekker plek
EK HOU BAIE VAN SWKOPMUND, HET GROOTGEWORD IN WINDHOEK, BLY DIE AFGELOP 20JR IN GEORGE, OOK ‘N PLEK WAT OP JOU MOET GROEI, DIE WEER KAN MAAR BOLLIE WEES, MAAR ‘N MENS WORD AAN ALS GEWOOND.
NET BYVOEG DIE TUINROETE IN VAN DIE DUURSTE PLEKKE IN DIE LAND, IN GEORGE KRY ALMAL KAK SALARISSE EN ALLES IS VREK DUUR.
@ Bollie.
Haal ASSEBLIEF jou CAPSLOCK AF!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Careth Cliff se pleinplatmoer……….niks met PE verkeerd.