homepage | bosparra telekom

Hoeveel is mamma werd?

Toronto. – Indien ma’s vir hul huiswerk betaal sou word, sou hulle maklik ’n sessyfer-salaris kon verdien, volgens die jongste berekeninge.

Salary.com het 18 000 ma’s gevra om hul algemeenste take soos kook, skoonmaak en kindersorg te lys en toe die geldwaarde daarvan uitgewerk.

In Kanada sal die tien gewildste take wat ’n tuisbly-ma uitvoer gelykstaande wees aan ’n salaris van $124 280 (sowat R949 500) per jaar, indien oortyd ingereken word. Vir ’n werkende ma sal dit $75 000 (sowat R573 000) wees, bo en behalwe haar gewone salaris.

“Die algemeenste wanopvatting is dat dit makliker is om ’n tuisbly-ma te wees as om te werk
,” het me. Lena Bottos van Salary.com gesê.

http://www.news24.com/Beeld/Wereld/0,,3-71_2321065,00.html

Mens besef nie altyd hoe baie ‘n vrou innie huis doen nie

Kan ‘n man die ‘rol’ van die vrou in die huis vertolk? Is daar nog iets soos ‘rolle’/pligte vir mans en vir dames afsonderlik..of het tye so verander dat almal ‘alles’ moet (kan) doen?

 

RSS feed| Trackback URI

Gaan na onder59 Comments»

Comment by RdK
2008-05-13 10:31:02

OK julle kan my maar kom stenig - ek het nie n idea wat vrouens heeldag by die huis doen nie -
as ek die slag n dag afneem is ek binne n halfuur klaar bedopgemaak,
skottelgoed en wasgoed gewas dan sit ek verveeld voor die TV.

 
Comment by Vonkiedool
2008-05-13 10:34:08

Ja ‘n man Kan die rol van ‘n “vrou” vertolk in die huis.

Ek doen dit op die oomblik en dis geen probleem nie. Ons situasie genoodsaak dat ek ‘n tuisbly man is. So, kook, wasgoed, skottelgoed, skoonmaak, kinders rondry, huiswerk ens. Geen probleem!!!

As mammie by die huis kom wag daar ‘n bord gekookte kos vir haar en later bederf met badwater tap, olies ens …. Daar gaan ek van die topic af!!

 
Comment by SALVADOR
2008-05-13 10:34:19

Ek neem aan as die vrou van die huis moet werk en bydra tot die finansies, moet daar ‘n rolverdeling wees.

Die vrou se huislike pligte en die man se buite pligte soos die tuin, motor, en gebou-instandhouding (Verf, herstel ens.)

Ek en my man kyk nie wie wat moet doen nie. Wanneer hy lus het vir ‘n ligte etetjie sal hy dit vir hom gaan maak en vir my vra of ek ook daarvan wil nuttig en andersom. Ons is net 2 in die huis en hy was die skottelgoed terwyl ek afdroog en wegpak. Sodoende het ons albei tyd om saam voor die TV te sit.

Indien ons die aand uitgaan sal ons mekaar met die pligte help sodat ons rustig saam kan kuier, want vele hande maak ligter werk.

Dit help nie een sit en ontspan terwyl die andereen spook om deur sy pligte te kom nie. Dit veroorsaak rusie en onmin.

 
Comment by Griffel
2008-05-13 10:36:47

Hier by ons is twee baie ryk sakemanne wat hulle vrouens aan die dood afgestaan het. Hulle het altwee butlers aangestel en vertel die storie dat ‘n butler baie meer ekonomies is as ‘n vrou. (Onthou hulle is nou wewenaars nie nie single uit keuse nie) Ek dink dit maak nogal sin as jy alles in ag neem.

 
Comment by Ricky Louw
2008-05-13 10:44:08

ja party vrouens doen baie, ek sal doodgaan as ek elke dag skottelgoed en vloere moet was. Die vraag is wat doen baie van die “huisvroue” hier in SA wat bediendes elke dag het wat die huis skoonmaak. Ry hulle maar nie net die kinders rond en shop en kyk soapies nie.

Comment by demoerin
2008-05-13 10:46:38

Ricky, ek weet van vroue wat selfs bediendes vir die groceries en kinders rondry gehad het. En tog het sy altyd gekla oor hoe besig sy is?

 
 
Comment by demoerin
2008-05-13 10:45:24

Ek dink albei moet inspring met alle takies! Dan kan mens mos saam ontspan. Maar nou ja, ek is nie ge-license om hier saam te praat nie!

 
Comment by me
2008-05-13 10:46:52

Ek doen ook al my werk self…….
Ek is nooit verveeld tuis nie, weet amper nie wat daardie woord beteken nie….

As ek vensters was, en ek sien dat die houtrame iewers bietjie skuur en varnish kort, dan doen ek dit…..

Ek maak die garagevloer met die aquatec skoon, was my kar….

In kort, ek like dit om besig te wees….
Die lewe is te kort om net f*kk*l te doen….

Familie en vriende ken my so, en is okay daarmee…

 
Comment by xram62
2008-05-13 10:49:50

Ek het heelwat vriende wat verkies het om NIE die tradisionele huishouding-ding te doen met ‘n vroutjie, ‘n paar kindertjies, en die klein huisie met die wit heininkie voor nie…..en hulle leef gemiddeld ‘n baie beter lewensstyl as diegene wat wel die tradisonele ding gedoen het. Om ‘n vroutjie aan te hou, hetsy ‘n huisvrou of ‘n werkende enetjie, kos baie meer as wat ‘n mens dink……Tweesaam is “goedkoper” as eensaam is ook net ‘n mite.

 
Comment by jannas
2008-05-13 10:59:17

As almal “alles” om die huis kan doen is die lewe net soveel makliker, en is daar meer tyd vir ‘n sopie of twee.

 
Comment by Roer
2008-05-13 11:11:16

Jong, ek’s bly om te sien hier’s so baie ‘huisvrouens’ met ‘ondervinding’ van wat ‘n mens by die huis doen. Gisteraand het ek en my man juis oor hierdie onderwerp gepraat. Ek is gelukkig dat ek net 2 dae ‘n week fisies in die kantoor hoef te wees. Die res van die tyd kan ek my werk van die huis af doen. Al het ek daai 3 dae by die huis, kry ek nogsteeds nie tyd om alles te doen nie. Ek kry kinders met voltydse werkende mamma’s baie jammer, veral as dit kom by huiswerk. Daar word ‘n minimum van 1 en ‘n half uur ‘n dag met my (een) seuntjie spandeer rondom huiswerk. Die grap is, hy’s in GRAAD EEN! Die druk op die kinders is verskriklik…maar ok, nou’s ek van die onderwerp af. Die punt is, as jy half wil skoon maak deur elke dag net die skottelgoed te was en bedjies op te maak, gaan jy binnekort in ‘n varkhok bly. Dit VAT so lank, want dit moet ordentlik gedoen word. Kruideniersware koop vat ook baie tyd. Daai kos in die kas het nie net magically daar verskyn nie. Ag, ek kan aan en aan gaan. ‘n Huisvrou wat haar sout werd is, is besig. Vrek besig.

 
Comment by SALVADOR
2008-05-13 11:12:47

Wanneer ‘n vrou haarself kan help met kar was, grassny, ‘n muurprop herstel en sulke klein manlike takies en die man kan darem vir hom ‘n voedsame ete aanmekaarslaan, ‘n knoop aanwerk en stofsuig, sal beide van hulle nie so totaal onbehulpsaam wees as die een se maat aan die dood afgestaan word nie. Dan kan elkeen hom/haarself darem selfhelp en nie in sak en as gaan sit nie.

Ek glo nie daaraan dat een mens so baie afhanklik van sy maat moet wees nie. Jy moet jouself darem kan help in ‘n mate die dag dat jy alleen is.

 
Comment by sharon-cathryn
2008-05-13 11:14:04

ek het n bediende wat elke dag inkom - maar ek was my wasgoed self en sy stryk. naweke spring clean ek my eie huis. dis lekker. maar ek glo jy kry huisvrouens wat elke dag koek en tee en in die aand is sy moeg omdat sy die hele dag met haar vriendinne gekuier het.

 
Comment by Griffel
2008-05-13 11:17:40

Me - ek hoop jy olie daai vensters en nie varnish nie.

 
Comment by Dikkop
2008-05-13 11:23:08

More Parras. Ja Sha-Cat, die anties wat so ledig by die huis sit. Dit laat my dink aan Lourens Fourie se storie die ander dag oor die prokureur en dokter se vrouens.

 
Comment by RdK
2008-05-13 11:30:14

Ek verkies om te werk en doen so min as moontlik by die huis, maar my huis is ALTYD dag en nag silwerskoon en netjies,
ek het n bediende wat EK betaal om alles te doen en manlief het 2 tuinwerkers so ons het sommer baie tyd vir ander dinge.
Ek se nog steeds huisvrouens weet nie hoe om hulle tyd om te kry nie, my bediende is dan nie eers heeldag besig nie.
huisvrouens het net n lekker verskoning van hulle werk so baie (niemand sien mos wat hulle doen)
.. kinders is mos bedags in die skool — (en babatjies slaap die meeste van die tyd)
dan is daar n hele voormiddag om huis skoon te maak.

Comment by Sproete
2008-05-14 09:08:53

As jou huishulp kan kuier en niks doen is jou plekkie verseker baie klein.
Ek het ook een maar daar is takies wat net ‘n moeder kan doen.

 
 
Comment by Dikkop
2008-05-13 11:34:50

Ek wil nou nie van die topic af nie, maar sou Janine nie elke Dinsdag ietsie geskryf het nie? Waar is sy dan/ Sy het laasweek ook niks geskryf nie.

 
Comment by demoerin
2008-05-13 11:36:21

Enige tannies daar buite wat ‘n “live-in” husband benodig. Ek is nie skaam vir werk nie!
@ Dikkop, ja nee, met ledigheid broei daar nare goed uit!

 
Comment by SALVADOR
2008-05-13 11:38:30

RdK

As jy die dag besluit om jou huis te “spring clean” sal jy op jou rug val om te sien hoe werklik vuil jou huis is. Bediendes maak net voorlangs skoon, net daar waar jy kan sien. Ek het ondervinding. Die voordeel wat huisvrouens het is, dat hulle so dan en wan eers kan sit en tee drink of ‘n tydskrif deurblaai. Met ander woorde hulle hoef nie juis 4 of 5 uur klaar te wees en dan af te nok nie.

Ek werk deur die week en maak my huis naweke skoon met die wete dat ek 5 dae op my alie in die kantoor sit en darem naweke my oefening kry met my huistake wat ek andersins nie sou kry nie.

 
Comment by Griffel
2008-05-13 11:39:55

Kyk met jong kinners in die huis bly geen plek netjies nie. My vrou en kinners was in die skoolvakansie almal op een of ander sport toer gewees en vir daardie week was dit net ons bed wat deurmekaar was. My kinders was 3 ure by die huis toe lyk die plek soos normaal. Ek wil nie ‘n huisvrou wees vir al die geld in die wereld nie. Die beste sport is anyway op naweke op tv. en vir noodgevalle het ek dstv by die kantoor ook.

 
Comment by Leon
2008-05-13 11:42:38

Ja, om huisvrou te wees is nie speletjies nie en as jy nog ‘n werkende ma is en moet help met huiswerk is dit dubbel so erg.

Ons het ‘n bediende maar dit is baie waar wat Salvador sê. Hulle maak maar net bolangs skoon.

 
Comment by Dikkop
2008-05-13 11:47:34

Leon, ek dink die kinders se huiswerk is ‘n groot issue vir werkende moeders. In ons huishouding help ek maar baie die kinders met hul huiswerk, iets wat my ouers nooit regtig gedoen het nie. Deesdae blyk dit die norm te wees dat ouers saam met kinders huiswerk doen.

Ons bediende kan nie waag om net bolangs skoon te maak nie, daarvoor is my vrou te kwaai met haar.

 
Comment by Babe
2008-05-13 11:47:52

My seun sit anderdag voor die rekenaar en werk aan ‘n taak. Ewe skielik vra hy: “Mamma, presies hoeveel goed kan jy op ‘n slag doen?” Ek kyk hom verbaas aan en vra watse vraag is dit dan nou.
Ek kom toe agter dat ek besig was om die volgende goed gelyk te doen, sonder dat ek dit eers agterkom:
1. Maak aandete
2. Wasgoed
3. Skottelgoed
4. Vertaal die inligting vir sy taak vir hom van Engels na Afrikaans
5. Kyk/luister 7de Laan!!

:shock:

 
Comment by Leon
2008-05-13 11:52:25

Babe - dit is ‘n helse opregte kompliment.

 
Comment by Dikkop
2008-05-13 11:53:12

Babe, was dit al wat jy op daai tyd mee besig was? Hehehe.

 
Comment by SALVADOR
2008-05-13 11:55:48

Ek ken ‘n huisvrou met ‘n kennisgewing wat sy aan haar kombuismuur omdraai saans waarop staan:

“Hierdie vertrek is gesluit weens 7de Laan.

Comment by cleopatra
2008-05-13 12:04:03

Ek het al een gesien met “This kitchen is closed,This cow is tired”

Comment by Donnie Darko
2008-05-13 17:32:23

Clue, jy het maar net die vermoe om jou voet solid da in te sit…en wie het dit vir jou gegee?

 
 
 
Comment by Leon
2008-05-13 11:56:22

Nee - sy het ook ‘n ietsie gedrink, geworry oor haar man se stress, gewonder wat sy moreaand moet kook……

 
Comment by Dikkop
2008-05-13 11:58:30

Leon, dit is so waar. Ek dink hulself besef nie altyd waarmee hulle alles op een slag besig is nie.

 
Comment by RdK
2008-05-13 12:00:00

Ek check mos of my bediende orals skoonmaak - dit is waarvoor sy betaal word,
sy kan nie kom halwe werk doen nie (sy kry mos n hele salaris) Nou moet ek darem se my kinders
is almal uit die huis - dis net ek en mannetjie.

 
Comment by L-Ling
2008-05-13 12:01:08

Morning Julle,
jip, bediendes skeep af. en breek die implemente. en mors die skoonmaakmiddels, ens.
my huishouding is ek + 2 kidds (laerskool). ek werk voltyds. doen my eie huis, tuin en swembad. was self my motor ook. (elke tweede naweek word hy gevalet - die tussen in naweke was ek egter self). die kinders krap slegs om, hulle mors nie vuil nie. jou huis kan wel skoon EN deurmekaar wees. as hulle 20:00 gaan slaap begin my tweede werk - teen betaling van kidds se waardering.
fyn beplanning en streng disipline.

 
Comment by Griffel
2008-05-13 12:03:23

Kom nou manne Parras, wees eerlik, hoeveel van julle gooi julle vuil klere net daar langs die bed neer en los die nat handdoek oor die kas se deur. Wees eerlik nou.

Comment by Vonkiedool
2008-05-13 12:10:45

Eerlik! Nie ek nie want ek moet dan self daar optel en was!

 
 
Comment by pluim
2008-05-13 12:11:37

My bediende, dagwerker sê sy werk nie elke 2de week vir een dag se geld nie. Daai werk staan en kyk vir jou as jy daar aankom. Daarom verkies sy om een keer ‘n week te werk en nie elke 2de week nie. Ek het ‘n wonderlike bediende wat nie nonsens vat nie. Baie lief vir my werksmense. Voel soos familie.

Ek self weet nie wat om in ‘n huis aan te vang nie. Haat net ‘n vuil kombuis, daarom was ek liewer die skottelgoed.

 
Comment by Leon
2008-05-13 12:13:31

Skies Griffel, my vrou is te kwaai om dit te waag ! Ek gooi maar liewer die vuil klere in die wasgoedmandjie, hang die handdoek mooi oop oor die reeling, droog die vloer op, hang die badmadjies oor die kant om drrog te word, sit nuwe toiletpapier in wanneer nodig en so aan.

Comment by L-Ling
2008-05-13 12:21:44

net so vir wat dit werd is: jy voldoen aan sommige van my kriteria!

 
 
Comment by Dikkop
2008-05-13 12:18:42

Griffel. Ek, maar as vroulief kla dan tel ek maar op.

 
Comment by Antie Poppie
2008-05-13 12:20:00

My ma was woelig. Daai tyd het sy ook by die huis gebly en ou Anna het Dinsdae kom stryk met my agter op haar rug toe ek baba was. My ma het al ons klere, behalwe pa’sn (hy was altyd gesuit en getie) gemaak. Dan het sy nog haar eie haarsalon by die huis gehad en “koppe” gedoen perms, tints en so. Van half vier af voor die stoof gestaan en kook. - GEEN TV Dinners nie, boere kookkos - Pre-TV. Dan het ons radio - huisgodsdiens geluister, dan storietyd gaan bad en bed toe. Weet nie hoe sy dit reggekry het nie. Pa het die man dinge gedoen om die huis en in die garage en dan nog houtwerk gedoen en tafels gemaak. Daar was meer ure in die dag gloe ek. Nou sit ons dit om voor sport en sepies en ander interesante dinge soos csi en ci (Ek’s SKULDIG Edelagbare)

 
Comment by bosveld girl
2008-05-13 12:36:27

Hallo almal!! Ek was nogal lank laas hier gewees! Kon net nie in die werk ding inkom na my lekker laaaaaaaang lang naweek nie.
Ek moet nogal saam met RDK stem, ek sal mal word as ek by die huis moet sit.
Dalk het ek groen koring op die lande oordat daar nog nie kleingoed is nie, sal maar sien as hulle eendag kom of ek anders besluit….wie weet.
Dalk word ek ook ‘n professionele bestuurder, wat kinders skool toe vat en gaan haal en dan perdry toe en dan swen toe ens, ens.
Maar vir nou? nee wat ek is baie happy om elke oggend op te staan en al die huis takies vir my bediende te los.

 
Comment by Scorpio
2008-05-13 12:47:24

Mamma se waarde strek ver bo die van korale….
Dit staan so aangeteken op haar grafsteen.

Reeds 16 jaar oorlede, maar ek verlang haar nog elke dag.

 
Comment by Leon
2008-05-13 12:48:28

Hi Bosveld girl. Ek het nogal gewonder hoekom jy so skaar is. Lekker gewildtuin ?

 
Comment by xram62
2008-05-13 12:51:01

Wat noem jy ‘n huisvrou wat net soveel werk in en om die huis doen as haar man??? Lui-gat!!!!

Comment by L-Ling
2008-05-13 12:55:10

jy soek nou vir iets wat kon gebly het.
wat noem jy ‘n vrou wat 24h per dag weet waar haar man is? ‘n weduwee.

 
 
Comment by xram62
2008-05-13 12:53:44

Eish. Scorpio. Fok jy my nou helemal op….Dit word nooit beter nie, jy leer maar net om daarmee saam te leef. Ek weet hoe jy voel.

 
Comment by Skapie
2008-05-13 12:55:44

Ek ken huisvrouens met interessante lewens - hulle doen alles in die huis en doen dan dalk pottery, skilder, en drink ‘n wyntjie saam met soortiges. Hulle kinders is happy want hulle skree nie die heeltyd op hulle oor vuil pote of so nie, maar hulle huis is gesellig, en bietjie deurmekaar. Daar’s lekker sop op die stoof, en sy loop kaalvoet deur die huis opsoek na die klein katjie wat miau. As die man by die huis kom, kuier hulle ook bietjie en hy bring vir haar tee in die bed. Hy sien sy maak vir hom en hulle kinders ‘n tuiste, nie ‘n ongesellige blinkgeskuurde huis nie. Daarvan hou ek! En so ‘n vrou is onbekostigbaar. ‘n Man is net lucky as hy haar kry.

Comment by Babe
2008-05-13 13:08:50

Skapie, ek het jare gelede ‘n vriendin gehad wat in so ‘n blinkgeskuurde huis gebly het. As jy klaar gekuier het en opstaan, gryp sy amper dadelik die klein kussinkie, pof hom netjies op en sit hom weer netjies op sy plek!
Wonder somtyds wat van haar geword het, ons is jare lank nie meer vriende nie.
My eks-skoonma was ook so, maar ek sien sy’t baie kalmeer die laaste paar jaar.

 
 
Comment by Tweety
2008-05-13 13:22:47

Hello almal :)

Ek wonder of diè mense wat die waardes bepaal het, hul bediendes soveel betaal soos wat hulle bereken het die take werd is?
Ek wonder ook hoekom hulle besluit het dieselfde take verdien minder wanneer dit deur vroue gedoen word wat werkend is?

Ek is al 12 jr geskei, werk voldag, my dogter alleen grootgemaak, sonder onderhoud of self kontak van haar pa, sy is nou op Universiteit, het verlede jaar matriek met A gemiddeld geslaag, ek self het 5 jaar terug deur UNISA nog ‘n “papiertjie” verwerf, terwyl ek voltyds gewerk het, om ‘n beter inkomste te verseker, sodat ek haar studies kan bekostig.
Deur dit alles het ek nie ‘n huishulp nie, na werk maak ek kos, kombuis skoon, stofsuig, wasgoed, ens. Saterdae word die huis ordentlik skoongemaak en inkopies gedoen.
Ek spandeer elke dag tyd saam met my dogter, en haar kêrel eet ook omtrent elke tweede aand by ons en is elke naweek ook by ons, hy sê dis baie lekkerder as by sy ouerhuis, want ek maak tyd om saam met hulle kaart te speel, lekker te gesels en grappies te maak.
Wanneer ek my kar was, spring hy in om te help, sonder dat ek hoef te vra, net so verras my dogter my gereeld met gewaste vloere of ‘n vrag skoon wasgoed.

Comment by Vonkiedool
2008-05-13 14:48:25

Welkom hier Tweety!

 
 
Comment by RdK
2008-05-13 13:32:32

Tweety jy hoef nie te wonder nie - natuurlik betaal ons NIE ons bediendes genoeg nie - betaal jou baas jou genoeg.
daar is so iets soos vraag en aanbod en dan gemiddellde salarisse - ja ek betaal my bediende ver bo die gemiddelde,
maar as ons moet uitwerk en n waarde bepaal op wat ONS dink ons werd is, al niemand ons ooit in diens neem nie.
Dit se nie jy hoef vir n “onder” gemiddelde salaris te werk nie - jou eie keuse wat jy dink jy is werd.

 
Comment by Antie Poppie
2008-05-13 13:35:13

My ou pandokkie is maar soms erg deurmekaar, maar dis huis, dis warm, manlief se koerante lê rond, die kinders is in en uit die huis, die worshonde en katte probeer ook om oog te gooi en die boerboel en ganse loer by die vensters in, so ook die mak kalfie. Ek is trots op my huis want dis ‘n huis van lewe. Ek oornag nie net daar nie, ek bly en lewe daar. Toe ek die verlate verwaarloosde plekkie die eerste keer gesien het, het ek geweet, die huis is HUIS. ‘n Familielid van my se huis was ‘n koue onpersoonlike plek. Jou skoene moet uitgetrek wees voor jy ingaan, (nie die voordeur nie, die agterdeur) nie ‘n druppel water in die wasbak mag rondlê nie, plastiek of lakens oor die sitkamerbanke. Kinders moet op die agterstoep eet, niemand in die kombuis nie. NEEEEEEE, ek soek ‘n jollie plek wat maar kan deurmekaar wees!!!

 
Comment by meermin
2008-05-13 13:45:13

Ek was al huisvrou, dit is moerse harde werk, elke minuut vang jou oog iets anders wat nou gedoen moet word, voor jy dalk te besig raak met strykwerk, tuinwerk, tuin nat maak, grassny, vloere wat gewas moet word, op jou knie, want ek HAAT ‘n mop, die ding stink en dan stink jou hele skoon huis!! Ek is gelukkig nie bang vir werk nie, werk maak nie dood nie, ek werk, het nie ‘n bediende nie, moet alles alleen doen - alhoewel die kinders soms help. Ek werk binne en buite die huis! Ek los ook niks vir môre nie, alles moet vandag gedoen en klaar!! As ek vanaand in my bed klim, is my huis skoon, geen vuil skottelgoed nie eers ‘n teelepel nie! Ek het nie so groot geword nie, en so maak ek my kinders ook groot. ((Sou jy nou vanaand iets oorkom, is jou huis ten minste skoon))!! Ek kan ‘n vuil deurmekaar huis nie hanteer nie, dit is of reg of weg, nie albei nie!! Self my tuin, jy sal nie ‘n blaar sien rondlè nie, tensy die wind so pas gewaai het! Honde bolle ((berge)) word elke dag opgetel. Huisvrouens sit nie heeldag en aldag voor die tv die een sepie en kyk na die ander nie. Hoe kom die kinders by die skool? Hoe kom hulle terug? Wie het alles aan die kant gemaak? Wie het almal se wasgoed gewas? Gestyk? Die tuin nat gemaak? Die vuilgoed uitgevat? Die gras gesny? Kos gemaak. Beslis nie feetjies nie! As jy dit deeglik doen soos ek, is ‘n Saterdag amper te kort vir alles wat gedoen MOET word, want elke Saterdag springclean ek my hele huis sodra die klaar is raak ek buite besig tot EK tevrede is met alles! Beslis nie gebreklik, wat ‘n bediende kan doen - kan ek ook doen, ons almal! Wat is nou lekkerder na so dag se harde werk as jy terugsit en jou skoon blink huis sit en bekyk en dink hel dit lyk goed! Veral as jy bietjie geskuif het! Lekker man. Eerder my gat afwerk voor ek lè en vrek voor die tv!

 
Comment by Tweety
2008-05-13 13:59:36

uhm… RdK, ek het gepraat van die mense wat die waardes bepaal het soos genoem in die blog…
hoekom so kwaai?
As nuwelinge nie welkom is op bosparra nie, sê gerus maar so en ek sal verbyhou in die toekoms.
mooi dag vir julle almal :)

Comment by RdK
2008-05-13 14:08:28

Tweety ek’ s sommer van nature n bit@ch - en ek het net bedoel niemand word betaal wat hulle werd is nie,
of altans ek het nog nie van so iemand gehoor nie.
Ek glo alle nuwelinge is hier welkom.

 
 
Comment by Skapie
2008-05-13 14:01:49

Babe - jy skud nog so die assies af dan word die asbakkie onder jou hand uitgehaal en gewas - einste my skoonma ok!

 
Comment by RdK
2008-05-13 14:06:20

Babe ek het nog steeds n vriendin wat so pynlik netjies is, die ergste, as ons almal in die braaikamer sit en kuier is sy
besig om kombuis aan die kant te maak.. en dit by my huis (of by van ons ander vriende)
ek los haar tog maar dan hoef ek dit nie te doen nie. Hiehie

 
Comment by cleopatra
2008-05-13 14:31:26

Nee wat, ek het vir jarre so huis skoongemaak,nou’t ek nie meer n saak as als nie perfek is nie,ek het beter dinge om te doen(NIE TV kyk nie,haat dit). My bediende spring clean een maal per week,ek betaal haar goed,sy bring haar baba saam en ek koop kos en speelgoed vir baba,glo nie sy kan te veel kla nie.

 
Comment by gieterkop
2008-05-13 15:05:17

Meermin jy doen dit net soos ek. Nogal trots opmyself as ek terug sit en my hande werk beskou……

 
Name (required)
E-mail (required - never shown publicly)
URI
Your Comment (smaller size | larger size)

Gaan na bo

Trackback responses to this post