homepage | bosparra telekom

…just life…

En DM is ook weer terug…welkom !

Just life
Wat as jy geweet het, beyond a shodow of doubt, dat jy môreoggend om 8:37 sou doodgaan? Wat sou jy gedoen het, gekyk het, gedink het? Met wie sou jy gesels het? Sou jy gebid het, sou jy gelag het, sou jy kwaad wees of hartseer of miskien selfs verlig? Sou daar iemand gewees het wat jou hand vanaand sou wou vashou? Sou jy met al jou vriende wou gesels, sou jy die bestes los vir laaste of sou jy hulle eerste wou afhandel of sou jy net een iemand gekies het? Hoe sou jy jou tyd spandeer het? Wat sal jou laaste dag die moeite werd maak?

 
…of ‘n ander scenario…
Wat as jy een wens gehad het? Waarvoor sou jy wens? Vir geld, vir roem, vir ‘n besonderse talent? Sou jy gewens het vir iets spesifieks of iets generics? Sou jy daai wens gebruik het vir jouself of vir die mensdom? Of vir jou familie, of vir iemand spesiaal? Wat sou jy doen, hoeveel dinge is werklik die moeite werd om voor te wens? Werklik nou… hoeveel kan jy werklik voor wens?


…of ‘n ander scenario…
Wat as jy werklik verandering kon teweegbring? Wat sou jy gedoen het, wat in hierdie wêreld sou jy verander het? Wat sou jou legacy wees? As wat of wie of waarvoor sou jy jou naam in geskiedenisboeke opgeteken wou gehad het? Sou jy bekend wou wees? Sou jy wou gehad het mense oor twintig eeue van nou moet jou naam ken? What is worth achieveing?

 
…ek dink…
Ek dink ek sou my tyd saam met een spesiale persoon wou spandeer.  Saam met iemand wat ek weet ek alles mee kan deel. Ek sou wou lag oor die dinge wat my gelukkig maak, ek sou fleetingly wou praat oor die dinge wat my hartseer gemaak het en oor verlies, en ek sou haar hand wou kon vashou sodat sy weet, in haar oë kyk en weet sy verstaan hoe ek voel.  Ek sou wou wens vir tyd want dit sou nie help om vir die wêreld te wens nie, is dit nie reeds ‘n lost cause nie? Tyd om ALLES te ervaar, tyd is ons kosbaarste besitting.  Jy sal vandag en hierdie oomblik nooit weer ervaar nie.  Jy kan dalk naby kom, maar dis nooit ooit weer dieselfde nie.  En ek sou wou verstaan.  Alles wou kon verstaan. Ek sou my naam gekoppel wou gehad het aan ‘n metode wat mense maak verstaan.  Geen misverstande nie, geen bakleiery nie, geen afguns en haat, want almal kan verstaan.  En happy wees. Imagine the possibilities!

 
Wat ‘n wonderlik ingewikkelde gawe is die lewe nie.
Alive with possibility but haunted by eternity.

http://dmario.wordpress.com/

 

 

RSS feed| Trackback URI

Gaan na onder69 Comments»

Comment by Blondie
2008-05-13 13:55:21

Hi DM, jou storie laat mens dink jong… wat sal ek regtig wil bereik of agterlaat… een ding is verseker ek sal baie baie sad wees as ek weet ek gaan more dood… ek weet as Christen moet ek nie bang wees nie, maar nogsteeds… dis sekerlik net menslik…
wat so ek graag wil bereik? ek kan aan so baie dink, world peace, ‘cure’ vir kanker…., dat ons al die nie blankes die geleentheid gegee het om 100 jaar terug almal skool toe kon gaan, of dit ‘compulsive’ vir hulle gemaak het om skool toe te gaan…maar ek moet met jou saamstem, die gedagte dat my man die heeltyd my hand sal vashou tot more en dat almal waarvoor ek lief is nog lewe… dis seker genoeg vir my…

Comment by Donnie Darko
2008-05-13 17:13:35

Haai Blondie…nee kyk ou suster, ek lag my gat af vir jou…..op een plek skryf jy bsulke rassistiese stront en dan teem jy hier…en ek haal aan “ek weet as Christen moet ek nie bang wees nie” My f*K…..jy moet fokken bang wees!!! Ek glo nie eens hulle gaan jou innie hel saam met ons darkies toelaat nie….ek sal beslis prostesteer…nee wat….Ek hoop van harte jy los jou evilness voor jy jou 8h37 oproepie kry….nee wragtiag…..sulke skynheiligeheid maak my sommer die moerin……Kyk die Kristindom is F ***upped ma jy n heel gee nuwe dimensie aan die begrip van F*******UP wees….

 
 
Comment by Blixer
2008-05-13 14:01:54

Ek is nie bang vir doodgaan nie, ek wil net nie teenwoordig wees as dit gebeur nie.

 
Comment by Gatvol
2008-05-13 14:02:00

Ek wil niemand naby my hê as ek gaan sterf nie. Dit sal net ‘n emosionele las op hulle plaas wat onnodig is. Mooi musiek in die agtergrond, bottel wyn en dan sal ek rustig in die bad gaan lê terwille van lastige vloeistowwe post mortem.

 
Comment by Pontie
2008-05-13 14:02:26

Die storie het my laat dink aan die liriek van Motley Crue

If I die tomorrow
As the minutes fade away
I can’t remember
Have I said all I can say?
You’re my everything
You make me feel so alive
If I die tomorrow

I spent all my life
Looking for our innocence
I’ve *** nothing to lose
One thing to prove
I won’t make the same mistakes
Now I know
That everything will be ok
When I die tomorrow

As ons net almal so gevoel het sou als sekerlik beter gegaan het.

Ek weet nie of ek onthou wil word vir iets wat ek gedoen het nie maar ek sal daarvan hou as my familie en vriende my kan onthou vir wie ek was terwyl ek gelewe het is dalk net goed genoeg

 
Comment by L-Ling
2008-05-13 14:06:47

my pa is onverwags weggeruk. in my ma se geval het ek groet-kans gehad. dankbaar daaroor.
my ervaring dus: vir die een wat gaan is dit erger om te weet; vir dié wat agterbly is dit beter om te weet.
vir my kinders se onthalwe sal ek dus wil weet wanneer ek moet gaan - sodat hulle kan kom groet en ons laaste boodskappies kan oordra.

 
Comment by Tulbril
2008-05-13 14:08:03

Net een wens , dat ek genoeg voorsiening gemaak het dat my familie ok is.

Comment by Donnie Darko
2008-05-13 17:17:36

Trulbil, jy is ok seker n versekeringsagent……nee a man….leer hulle eerder om vis te vang….dit is n veel groter verantwoordelikheid as om te suffer dat jou familie goete van jou erf…..ek dink dis n sonde om mense te laat erf…….Daarmee stuur jy n boodskap uit dat mense nie sonner jou kaN LEEF NIE EN DAT HULLE TOG SO HULPELOOS IS….HOW DISGUSTING!!!

 
 
Comment by Liewe Lulu
2008-05-13 14:14:57

Hi almal!

As ek ietsie kon wens, sou dit wees vir ‘n beter wereld want ek het nog twee klein kindertjies wat moet aangaan. Sou ek weet wanneer ek doodgaan, sou ek my laaste tyd saam met die familie naaste aan my spandeer en seker maak my kindertjies is ok wanneer ek nie meer daar is nie.

 
Comment by TANNIE
2008-05-13 14:15:27

As ek moet weet, en ek wil nie, sal ek graag my man en kinders by my wil he.
My grootste wens - liefde, vrede, baie geld, liefde, vrede, baie geld……..

 
Comment by Pontie
2008-05-13 14:18:01

Tannie,

Wat gaan jy maak met die baie geld as jy nie meer daar is nie?

Baie geld as jy lewe bring jou net in die moeilikheid ( Druggs - S e x en rock en roll )

Comment by TANNIE
2008-05-13 14:22:49

Nee Pontie, ek wil die geld he terwyl ek nog lewe! Die *** en rock en roll klink vir my baie lekker.

 
 
Comment by RdK
2008-05-13 14:31:46

Ek’s maar moerse bang vir doodgaan - niemand kon nog ooit se of dit lekker is “daar” nie. My wens is dat my
kinders al die geluk en vrede in hierdie lewe gaan he.

 
Comment by Scorpio
2008-05-13 14:41:34

Almal moet eendag doodgaan, maar as dit by daai tyd kom, ga ek nie uit sonder ‘n helse fight nie :)

 
Comment by cleopatra
2008-05-13 14:50:29

Oor die weet van more oggend se doodgaan-ek het so pas n panic attack gekry net om daaraan te dink,net soos Rdk is ek bang vir doodgaan.Vir die onbekende.
Ek sal graag wil onthou word as iemand soos Moeder Theresa.

Comment by Donnie Darko
2008-05-13 17:18:52

Hoor jy moeder.?!?..jy het opposisie!!!

Comment by cleopatra
2008-05-13 17:31:37

Nee wat,Moeder is enig in haar soort,ekke nie opposisie nie.Wa is moeder vandag en vanaand?MOEDER!!!!!

 
 
 
Comment by SALVADOR
2008-05-13 15:06:01

Ek het baie gewonder oor dit. Wanneer ek ingegaan het teater toe vir ‘n operasie het ek gebid, maar gedink as ek nie weer wakker word nie, was dit ‘n goeie dood. Saans as ek gaan slaap het ek ook al gedink dat as ek nie wakker word in die oggend nie, was dit ‘n goeie dood.

Dan het ek ook al gewonder as jy nou wakker word en hier staan drie gewapende mans by jou bed, wat gaan alles dan deur jou gedagtes as jy die dood so in die gesig staar? Of dalk ry jy in die motor op ‘n lang pad en skielik sien jy hier kom ‘n helse vragmotor op jou afgestorm en daar is nie uitkom kans nie?

Dit moet vreeslik wees om eers aangerand en gemartel te word met die wete die uiteinde is jou dood.

Ek wil nie onthou word as ek dood is nie want mense moet aangaan met hul lewens. Ek wil graag nie weet hoe, waar en wanneer ek doodgaan nie, maar sal dankbaar wees as dit oombliklik is.

 
Comment by koekoe
2008-05-13 15:07:41

Hi Parras
Ek is gelukkig nie bang vir doodgaan nie, maar ek bekommer oor my dogtertjie wat alleen sal agterbly - ek is alleen mamma en het BAIE klein familie.
Ek het so ‘n ruk gelede gelees dat dit nogal pynlik is om te sterf - blykbaar wanneer jou siel jou liggaam verlaat voel jy heelwat pyn vir daai oomblik!

 
Comment by koekoe
2008-05-13 15:12:00

Hi SALVADOR
My gewese man was erg aangerand en vermoor hier in Pta. Sy familie was ver en ek moes sy liggaam gaan uitken by die lykshuis (ons was gelukkig nog goeie vriende). Wat my vreeslik gepla het is die “peaceful” uitdrukking op sy gesig, te midde van die marteldood wat hy gesterf het. Iemand het toe aan my probeer verduidelik dat wanneer jy in ***** glo en so grusaam sterf, kom haal SY engele jou voordat jy regtig die pyn voel (Baie soos Johannes wat gestenig is in die Bybelse tyd - het hy ‘n ‘engel’ gesien wat hom kom haal het voor hy dood is. Hoe waar dit is weet ek nie, maar ek voel heel veilig hiermee.
Mag ons almal so ‘n marteldood gespaar bly

Comment by Gatvol
2008-05-13 15:16:48

Dis wonderlik om so daaraan te kan dink.

 
 
Comment by stephen
2008-05-13 15:13:22

“I dont want to achieve immortality trough becoming famous in my work, I want to achieve it trough not dying!” woody allen

 
Comment by SALVADOR
2008-05-13 15:13:39

Ek vind dit ook interessant dat mense die “guts” kan hê om selfmoord te pleeg. Verbeel jou jy kies self die tyd wanneer jy gaan sterf asook die metode hoe jy gaan sterf. Gross.

 
Comment by Dellie
2008-05-13 15:15:06

‘n Mens behoort elke dag te leef asof dit jou laaste dag is. Maar ons doen nie, né? Ekself sal net verkies om daardie laaste uurtjies saam met die mense deur te bring wat die naaste aan my is, vir wie ek die liefste is: my man en my seun.

Maar daar is ook ‘n lang lys ander goed wat ek graag nog in my leeftyd sal wil doen. Nommer een op die lysie is om gesond te word, en daarna sal ek aan die ander begin werk. :mrgreen:

 
Comment by RdK
2008-05-13 15:17:39

Koekoe sien dit is my probleem - almal het hierdie idees oor die dood, maar NIEMAND weet nie. Die hele
mensdom bespiegel daaroor, maar wie se daar is lewe na die dood en wie se daar is n hemel of n hel.
Het ons dan nie al klaar hel op aarde nie. Ek hou nogal daarvan om hier en nou op aarde te lewe en wie se
ek gaan hou van waar ever ek heen gaan as ek iewers heen gaan. Daar is net te veel vrae oor die dood
en GEEN antwoorde nie.

 
Comment by koekoe
2008-05-13 15:21:49

@RdK
Ek weet hoe jy voel daaroor - ek dink enige mens wonder soms, maar ek het volle vertroue dat daar lewe na die dood is en dat daar wel ‘n hemel en ‘n hel is. Ek probeer om nie die Bybel uit te redeneer nie en dit te glo soos ‘klein kindertjies’. Wat my deesdae nogal weer pla, is wat as ek in die hemel kom en ek sien nie my geliefdes soos my kind en ouers daar nie?

 
Comment by Ricky Louw
2008-05-13 15:26:04

As ek more teen 8:37 doodgaan, gaan koop ek ‘n kas brannas en suip soveel dat ek dood is teen 7:37
As ‘k een wens kan kry sal ek wens vir die laaste ding in hierdie grappie.

Die marsmannetjies land op Koos se plaas en vra of hulle al sy beeste kan kry vir 10 stawe goud. Koos se ja en die marsmannetjie haal so klein beesie uit sy sak, sit dit op die grond en die beesie eet al die beeste op.

Daarna selfde met die skape. Haal klein skapie uit sak en die skapie eet al die skape op. Daarna ook met die hoenders.

Toe alles op die plaas op geeet is se hulle vir Koos hulle is so dankbaar en of hulle nie vir hom nog iets kan gee nie. Koos dink so rukkie en vra vir die marsmannetjie of hy nie so klein k@ffertjie in sy sak het nie.

 
Comment by sharon-cathryn
2008-05-13 15:28:14

ek wens ek kon vir die laaste keer my pa se ek was baie lief vir hom. ek stem saam met L-ling. om daardie kans gegun te word om afskeid te neem is n voorreg.

 
Comment by groenissielandvannatal
2008-05-13 15:28:21

hmmm. as ek moes peg more oggend- sou immediately weer begin rook -en nonstop rook tot dan, al my geld in die bank op die beste este bottel of eerder bottels rooiwyn spend ever- en alles alleen opdrink, lang gesprek met my mamma he, al my liefies bel en tatta se en my honde regdeur dit alles baie styf vashou.en uitsien na die ride.

 
Comment by sharon-cathryn
2008-05-13 15:34:30

het iemand die boek “die Hemel die Hel” gelees?

 
Comment by koekoe
2008-05-13 15:37:32

Ja, ek het daai boek gelees dis nogal scary in party opsigte. Het jy die boek “die laaste 5 minute’ van Dr Izak Burger gelees?

 
Comment by cleopatra
2008-05-13 15:38:51

Mmmmmm,groenissielandvannatal,wys jou,ons moenie wag tot die laaste oomblik om te doen wat ons wil nie.
Weet nie van die rook nie,maar kry anyway vir jou die beste este bottel wyn,bel my en ek help jou hom uitdrink.hahaha,ekke ook van groennatal.

 
Comment by sharon-cathryn
2008-05-13 15:42:16

nee ek het nie koekoe. waaroor gaan dit? daardie boek “die Hemel Die Hel” het my vir weke nagmerries gegee.

 
Comment by Ponkiediel
2008-05-13 15:43:40

Sjoe! Heavy stuff. Wat sal ek doen, as ek moes weet? Ek weet eerlikwaar nie! Miskien Groenissielangvannatal se bottel rooies loop steel en vir Janine oornooi…..?

 
Comment by sharon-cathryn
2008-05-13 15:44:04

lol @ cleopatra. ek kyk net vir die goed dans ek al klaar geswaai. ek het vrydagaand paar glasies wyn saam met vriendinne gedrink ne… nie goeie idee nie…. nie saam met griep pille nie ….. :)

Comment by cleopatra
2008-05-13 15:56:11

SC,dis al wat ek kan drink,alle anner goed maak my naar,behalwe party shootertjies.Wat’s fout om bietjie geswaai saam met die vriendinne te raak,man,kan net lekker wees,MAAR die volgende dag …………eish!!

 
 
Comment by koekoe
2008-05-13 15:46:54

Sharon, dit gaan oor waar mens die laaste 5 minute voor jou dood is, maw or jou saak reg is of nie. Dit was heel goed. En het mens nogal erg laat dink.

Comment by Donnie Darko
2008-05-13 20:34:38

Koekoe…hoop nie die intensw aktiwiteit het jou te veel uitgeput nie…..

 
 
Comment by sharon-cathryn
2008-05-13 15:57:59

ek sal bieki uitkyk vir dit koekoe.
wel cleopatra - ek het eers 2 dae later registreer ek was vrekongeskik met my grootste vriend. ek het soos n hond gevoel.

 
Comment by Ponkiediel
2008-05-13 15:58:57

Koekoe

‘n Bottel droog rooi en Janine, en my saak is reg. Dink hoe de moer in gaan SY wees as sy hoor ek het gelieg….?

 
Comment by Ponkiediel
2008-05-13 15:59:40

Hi Sharon’tjie,

Hoe ganit ou chomma?

 
Comment by sharon-cathryn
2008-05-13 16:13:58

goed dankie en jy ponks? jys lekker stil ne :)

 
Comment by Ponkiediel
2008-05-13 16:23:18

Ag my engel, iemand moet hierdie land se ekonomie aan die “tick” hou. Dis waar ek vir ‘n wyle was….

 
Comment by demoerin
2008-05-13 16:47:06

Middag almal
Soos ek klaar daar by DM gecomment het, is dit te laat om nou weg te spring en iets te wil doen as jy more langbome toe gaan. Elke dag voluit, no regrets. Op die sterfbed as jou lewens-movie voor jou speel, moet dit die moeite werd wees om daarna te kyk! Dit moet ‘n Oscar kan wen!

 
Comment by Donnie Darko
2008-05-13 17:25:11

As meer mense begin leef asof hulle nie met n goddelike onsterflikheid rondloop (soos veral wit klipkristenerige rassiste ) nie, sal daar baie meer positiewe in die wereld gebeur.

James Dean se wisdom:

Dream as if you’ll LIVE forever…..live as if you’ll die today”

…..Mees beautifulste woorde ooit op pampier gesit!!

 
Comment by cleopatra
2008-05-13 17:29:01

Donnie,nee,nee,man, ek het ook al swart klipkristenerige rassiste gesien.Moet nou nie so wees nie,man.

Comment by Donnie Darko
2008-05-13 18:03:05

Clueless….gaan slaap nou…..daar is ten miste twee gemene delers in jou stelling…ewe erg! Jeeeezz …en gister het ek net begin dink da is hoop vir jou…..ai…ek sal my potensiaalmetertjie moet instuur vir herstel…lyk my die vibrasie wat jy hom gister gegee het was die laaste snikke van sy pap battery!

Comment by cleopatra
2008-05-13 18:48:23

Maar jy antwoord nog steeds nie een van my vrae nie.Hoekom nie??

 
Comment by cleopatra
2008-05-13 19:00:49

Sallie gaan slaap nie,het dit,net bietjie geirriteerd vandag.Waar’s Moeder?
Vinkel en koljander,wat goed is vir een ,is goed vir die ander!!!Vang jy?

Comment by Donnie Darko
2008-05-13 20:16:19

Wat speel ons? RUGBY…….?

Comment by cleopatra
2008-05-13 20:52:37

SOKKER!!

(Comments wont nest below this level)
 
 
 
 
 
Comment by Roer
2008-05-13 18:01:00

Ek sal darem diep dewetter in wees as Mugabe nie voor my gaan nie. Oor jou vraag, ek weet nie. Seker heel aand my kinders vas hou en vertel hoe lief ek hulle en hulle pappa het en hoe gelukkig hulle my gemaak het. (Jy gee ‘n mens nie veel tyd nie.)

 
Comment by moeder
2008-05-13 19:47:16

hi cloe,het nou net hier geland.gou oompie se kossies gegee,kannie dat hy oorle nie,my laaste wens voor ek asem uitblaas,n laaste suigie aan n entjie.donnie wat makeer jou meter nou?cloe jy stil?

Comment by Donnie Darko
2008-05-13 20:24:30

En daar is n moerse overdrive te bespeur hier op my meter….mmmmm…..o…nou sien ek….my favourite beeldskone moeder met al die wysheid het haar opwagting gemaak….

Nee moeder die Cueless is vandag heel haarself…

 
Comment by Donnie Darko
2008-05-13 20:38:17

Nee nee nee……ek is vrek nuuskierig wat n entjie is…..???? :)

 
 
Comment by cleopatra
2008-05-13 20:32:27

Moeder,donnie is lelik met my!!!En dit net omdat ek nie van blerrie moordenaars hou nie!!!

Comment by Donnie Darko
2008-05-13 20:39:21

Cueless…kom..kom…kinners moet kooi toe…..

Comment by cleopatra
2008-05-13 20:45:46

Moenie my donnerswil bed toe jaag nie!!

 
 
 
Comment by Ponkiediel
2008-05-13 20:58:31

Donnie

Waarvoor, dink jy, sal wit Afrikaners nog die skuld moet dra? Asseblief, ons wil net voorberei daarop. En los vir Cleo uit, seblief toe…?

Comment by Donnie Darko
2008-05-13 21:11:23

Hallo daar ponkiediel! Jong dis nou n diep vraag mat n laaaaaang antwoord…….Dink jy ons kan oor sulke diep sake praat as kinnertjies soos Cleopatra noggie in laland is nie? Vra ma net….

Net vir die voortsetting van hul apartheidsideale…..hierie klomp rassiste gaan brand broer…kyk ek glo nie da is n hel nie….maar brand gaan hulle brand forever and ever……

**** …dit klink darem na n erg gereformeerde stelling daai…..die hollanners het n mooi woord…n “pisril”…..dit is wat die klomp rassiste my gee…… Lekka aand ou mater!!

 
Comment by cleopatra
2008-05-13 21:42:52

Dankie,Ponkie.Donnie,ek sal maar net my kop nou skud,jong!!

 
 
Comment by moeder
2008-05-13 21:01:29

nee man donnie djy moet weet wats n entjie,hoes di na nou my larnie?

 
Comment by Donnie Darko
2008-05-13 21:13:41

Voksie….jy bly nog beautiful….bly jy nie dalk in Baufort Wes nie?….spel dit uit…wat is n entjie…..kommie vanni weskus affie onthou…..

 
Comment by moeder
2008-05-13 21:24:25

uitgespel S I G A R E T T E, ok donnie ekke kommie van holland affie,so spel uit,wats kat in hollangs

Comment by cleopatra
2008-05-13 21:48:41

Moedeer,ek moet erken ek het ook nog nooit gehoor iemand praat van n entjie nie,jis die afgelope paar dae rook ek entjies dat die dampe staan.

 
 
Comment by Donnie Darko
2008-05-13 21:26:57

Moeder…….jou rakker…..ek bloos nou oranje…..Bly om tehoor jy rook ok…kannie wag om jou hier met n wettige zol te verlei nie…

 
Comment by Ponkiediel
2008-05-13 21:30:48

Donnie

Dink jy nie in hierdie “day and age” is die ou ge-ykte, antieke sosialitsiese stellings al soort van “old hat” nie? Dalk het die tyd aangebreek vir die nuwe Suid-afrikaners om uit te haal en te wys en ophou om die (reeds dooie) apartheids-donkie te wil slaan nie? Of gaan dit hier ook word soos in Zim, DRK, Gaboen, Coite d-Voire, ens ens waar die imperialiste na maper ses dekades steeds die skuld sal moet dra vir Afrika se oor die handliggende onvermoe om hulself te kan regeer.

 
Comment by pleisterplakker
2008-05-14 06:45:23

As ek more oggend die cherrie pluk?, dans dit nou maar so, ek sal soos n ou eskimo op die ys gaan sit, maar in plaas van ys sal ek langs die see sit en wag, glo nie dit sal te bad wees nie, sal my brakkie mis, maar sy sal my sometime join en dan kan ons weer met die bal speel, so, no worries.

 
Comment by Joe
2008-05-14 07:47:04

Wat ‘n morbiede onderwerp! :sad: Mense gaan lelik dood in ‘denial’ of hul gaan mooi dood vol vertroue! Ongelukkig is die keuse nie altyd vir ons daar nie, net hoop en vertroue! :)

 
Name (required)
E-mail (required - never shown publicly)
URI
Your Comment (smaller size | larger size)

Gaan na bo

Trackback responses to this post