homepage | bosparra telekom

Nelson Mandela…het hy al JOU respek (verdien)?

Former president Nelson Mandela on Tuesday warned against “destructive divisiveness” in the country.

“Remember the horror from which we come from. Never forget the greatness of a nation that has overcome its division. Let us never descend into destructive divisiveness.”

Mandela was speaking shortly after receiving the Freedom of the City from Tshwane mayor Gwen Ramokgopa at a private ceremony at the Nelson Mandela Foundation in Johannesburg.

http://www.pretorianews.co.za/?fSectionId=&fArticleId=nw20080513142122218C923671

http://en.wikipedia.org/wiki/Nelson_Mandela

Nelson Mandela….Mens kan nie help om te luister as die ‘omie’ praat nie…Hoe ervaar jy Mandela? Jou dunk van hom?Waarvoor sal JY hom eendag onthou

 

RSS feed| Trackback URI

Gaan na onder219 Comments»

Comment by koekoe
2008-05-13 15:17:57

Ek het ongelooflike respek vir Madiba - was ook een van die eerstes wat destyds sy boek gelees het. Hy het my weer hoop gegee dat almal nie sleg is nie. Soms dink ek hy is ook spyt omdat korrupsie en wetteloosheid so seevier in ons land. Wens daar was meer soos hy - regverdig, respekvol ens.

 
Comment by sharon-cathryn
2008-05-13 15:23:32

hy dwing respek af en behandel almal dieselfde. wit, swart, gekleurd en indien hy wel wrokke dra van die verlede, steek hy dit baie goed weg.

 
Comment by RdK
2008-05-13 15:24:43

Ek dink nie enige mense kan anders as om hierdie man te bewonder vir wat hy gedoen het
NADAT hy uit die tronk gekom het nie. Ek het groot respek vir hom en wens daar was meer soos hy.

 
Comment by Griffel
2008-05-13 15:26:45

Dit druis teen ons wittes se geskiedenis in om eintlik baie respek te he vir swartmense in die algemeen. Maar hier is nou een man wat van dag een af (wat ek hom hoor praat het) net goeie goed gedoen het vir hierdie land. Ek was twee keer in my lewe op Ellispark waar hy teenwoordig was (1995 Wereld Beker finaal en ek dink 2004 vs Ausies toe ons die game moes wen om die 3 nasies te wen) Die eerste keer was daar baie emosie toe ons die wereld beker wen en hy kom met Francois Pienaar se no 6 trui op die veld gestap. Die tweede keer kon die ou man nie meer self loop nie en hulle het hom met ‘n golfkarretjie om die veld gevat om die mense te groet. Nog nooit het ek soveel mense gesien wat soveel respek getoon het nie. Soos een mens het almal opgestaan en vir hom hande geklap. Die man sal nooit sy gelyke in die wereld he nie. Om ongeveer 40 duisend meestal afrikaans sprekende rugby ondersteuner op Ellispark se respek te verdien sit nie in enige iemand se broek nie.

 
Comment by stephen
2008-05-13 15:27:59

Respect!

 
Comment by DGS
2008-05-13 15:29:32

Ek het net die grootste en hoogste respek vir die man. Suid-Afrika kan vandag ‘n BAIE slegter plek gewees het as hy nie gedoen het wat hy wel gedoen het nie. In my oë is hy een van die grootste staatsmanne ooit, en beslis ‘n held. As jong soldaat het ek die voorreg gehad om hom te ontmoet en dit het ‘n blywende indruk op my gemaak. Lank lewe Madiba!

 
Comment by koekoe
2008-05-13 15:35:30

Julle ek ys net vir die dag as onse Madiba iets moet oorkom - dit gaan ‘n wereldwye impak he… Ek hoop egter hy bly nog baie baie jare gespaar!

 
Comment by Gatvol
2008-05-13 15:36:27

Jammer hy het so gesukkel met vrouens! Eers ‘n jehovagetuie en toe daai ander een. Hoop hy is nou in sy goue jare gelukkig.

 
Comment by Ponkiediel
2008-05-13 15:47:15

Imagine, ons het een hele kabinet vol Madibas gehad….

Comment by BOLLIE
2008-05-16 14:41:48

Dit sou darem fantasties gewees het. Iemand met common sense en ‘n klomp breinselle

 
 
Comment by me
2008-05-13 15:54:40

Retha het nogal so ruk gelede gevra waaarvoor die ou man dan nou so lank op Robben-eiland gekuier het….
….wel Retha hier is alles oor sy lewe.

Ek wonder net hoeveel mense werklik weet van sy crimes….okay, **** goes:

On December 16th, 1961 urban areas, government and municipal installations came under attack by sabotage. Bombs brought down electrical pylons, damaged offices and rail tracks. Posters pasted up during the night announced the actions to be the work of a new body, Umkhonto we Sizwe, the military wing of the anc which would carry on armed forms of struggle for the liberation of the people. Umkhonto had surfaced briefly, and then disappeared into the ‘underground’ In the months following there were reports of deliberate crop burning, and of petty industrial sabotage of machines, rumours, tales, some true and some untrue, of further acts of sabotage against the buildings and installations of the State.
Mandela Captured
Mandela remained out of sight, unreported. Rumours abounded that he had been seen, now ****, now there, that he had addressed secret meetings of activists in several centres; but no one knew for sure. And then the sudden news that he had been stopped at a road block on the Durban-Johannesburg road and arrested. Soon afterwards he was charged with inciting a strike on Republic Day, and with leaving the country illegally. In November 1962 he was sentenced to five years’ imprisonment.
The Rivonia Trial: November 26 1963 to June 12 1964
The defendants were Nelson Mandela and eleven other anc acolytes.
The Charges
Recruiting persons for training in the preparation and use of explosives and in guerrilla warfare for the purpose of violent revolution and committing acts of sabotage Conspiring to commit the aforementioned acts and to aid foreign military units when they invaded the Republic of South Africa, Acting in these ways to further the objects of communism soliciting and receiving money for these purposes from sympathizers in Algeria, Ethiopia, Liberia, Nigeria, Tunisia and elsewhere. and elsewhere. Prosecutor Percy Yutar said in his opening address, that the defendants had access to “Production requirements” (munitions) to blow up a city the size of Johannesburg. the death penalty had been requested, but was changed because of worldwide liberal protests and skilled legal manoeuvres on the part of the defence team. Nelson Mandela would spend nearly thirty years in prison as a result of the trial. He was released on February 10th 1990 by President FW de Klerk. The reality is that Mandela on the 12 th June 1964 was nothing more than a irritating gangster acting out his political fantasies, certainly not the over rated deity of today and who should have been hanged in spite of the liberal wailings to the contrary.
Crimes by Association
Mandela ceased to commit any hands on offence (unless one considers his singing to be an incitement to commit a crime?) from this point onwards but we turn firstly to his organisation’s crimes, for the crimes of the anc are his crimes as he failed to condemn them or distance himself from them. He, the main socius-criminis reduced good rocks to dust whilst his acolytes pursued his goals. The anc through its MK Luthuli detachment attempted to traverse Rhodesia on its western flank and to infiltrate South Africa across the northern Transvaal borders. The joint force was soon detected by the Rhodesian security forces and destroyed in a series of encounters in the Wankie and Sipolilo areas between 1967 and 1968. The illegal use of foreign territory for the purpose of promoting terrorism in South Africa found approval in Mandela’s subsequent silence..
The Church St bombing 20 May 1983, The Amanzimtoti bombing, December 23, 1985, The Trust bank bombing, The atrocities at Camp Quatro, The Magoo atrocity 14 th June 1986, The Esplanade Bombing, 8 th January 1982, The attack on the Koeberg nuclear power plant, The total number of people killed or injured in the 30 years of the Anc / MK’s liberation campaigns will never be known. The overwhelming majority of this dead legion were black
The true Mandela was revealed for an indifferent, unseeing and unhearing world when he sang “Kill the Ama Bhulu” – Kill the Whites/Boers, publicly stating for the world to hear “We the members of MK have pledged ourselves to kill them, the whites” - Nelson Mandela, the smiling master of indifference. He has never spoken out of the extreme violence and secret genocide being committed against the white minority of South Africa. Tens of thousands of whites have been murdered since 1994. Brutal torture, assault and rape is commonplace and not even the young or elderly are spared. And in his silence he connives with and condones this criminal activity.
And Now?
Mandela was and continues to be an integral spiritual element of the criminal anc. Whilst he is no longer President he never the less stands as a deified figurehead of the so called black liberation movement and of the cowardly white sycophantic liberal. His sympathy lies with this corrupt parasitic political entity and fails to recognise the decline of a once economically viable state. He is guilty of the crime of indifference, of wilful and culpable negligence in having held opportunity in his grasp and failing the country, which had such high hopes. The all singing, all dancing, rainbow messiah, guilty of betraying the hopes and aspirations of all decent South Africans.

Comment by Retha
2008-05-13 22:30:45

Baie dankie, Me! Ek erken dat hy goeie dinge vir die land gedoen het in die 90’s veral, maar mens moet perspektief ook hou. Kan jy asseblief die bron waaruit jy aanhaal vir my noem, Me?

 
 
Comment by Frikkie van Brits
2008-05-13 15:54:51

Ek reken die ou toppie is net so gatvol vir Mbeki, Zuma & Co. as die res van ons.

In my opinie is daar net een ou wat hom carrots gee in die “Moral High Ground” kompetisie, en dis Tutu. Die knaap is nie op sy bek geval nie, en laat nie sy ANC-lidmaatskap in die pad staan van die waarheid nie.

Maar Groot Kanonne, altwee van hulle.

 
Comment by me
2008-05-13 15:56:30

O-ja, ek nogal HEELWAT GELUIDE gehoor van die BOEREMAGLEDE….. maar Mandela oftewel ou Madiba is mos okay…???

Comment by cleopatra
2008-05-13 16:06:51

Ek,vir een het al voorheen gese,ek hou nie van hom,vertrou hom glad nie.As hy soveel se en invloed het en gehad het sou hy mos wragtag al sy invloed gebruik het met Mbeki en kie,en Zim.HY’s dan so invloedryk,al het hy afgetree en hy is so passionate oor “sy” mense,hoekom DOEN hy dan nie iets?

Comment by Donnie Darko
2008-05-13 16:52:56

Clue…..jy wys alweer jou level…nee ou girl…..kom nou…..het nou net begin moed kry…

Comment by cleopatra
2008-05-13 17:01:18

Kannie help,Donnie,die stemme in my kop praat met my.Wonder jy nie ook hoekom DOEN hy nie NOU iets om sy eie mense te help nie?Jy’s so gekant teen rassisme,donnie,maar wat dink jy van swart op wit rassisme?Of is jy net gekant teen wit op swart rassisme?

 
 
 
 
Comment by Scorpio
2008-05-13 16:08:50

Selfde poeding, net ‘n different sous…..

 
Comment by Ponkiediel
2008-05-13 16:11:50

Cleo

Ek weet vir ‘n feit dat daar net mooi FOKKOL liefde bestaan tussen Madiba en Mugabe!

 
Comment by SALVADOR
2008-05-13 16:15:38

Hy is net gewoonweg ‘n gewese terroris. Amerika het hom nou eers van die terroriste lys geskraap.

Amerika het hom en De Klerk die leviete voorgelees destyds met die oorname van die land. Dit het nie vreedsaam verloop omdat hy ‘n goeie man is nie. Groot kokkedore oorsee het hulle aangespreek vir ‘n vreedsame oorname.

 
Comment by Blondie
2008-05-13 16:16:19

Ou Madiba.. ek luister as die man praat…. as dit nie vir hom was nie kon dinge baie erger gewees het…
almal was in 1994 so bang, blikkieskos en kerse gekoop…. maar hy het oraait uitgedraai vir tronkvoel!!

 
Comment by SALVADOR
2008-05-13 16:18:59

“By the way.” Hy is ‘n vegter vir sy volk, nie vir die witman nie.

Comment by jannas
2008-05-13 16:46:57

STEM SAAM

 
 
Comment by xram62
2008-05-13 16:20:28

Ek’t hom gebel toe hy verjaar….toe vra hy my hoekom bel ek nou eers, en nie al die jare wat hy op Robben-Eiland was nie??? Wat kon ek antwoord? Ek het nie sy sel nommer gehad nie!!!!

 
Comment by Blondie
2008-05-13 16:21:08

whahaha!!

 
Comment by xram62
2008-05-13 16:25:09

Daar kan baie gesê word oor wat Mandela alles vir Suid Afrika gedoen het….maar nog baie meer oor dit waaroor hy so gerieflik stilbly. Sy tronk-tyd het hom ‘n kultus status gegee wat nie sou gewees het as hy los rondgeloop het om die akkies wat hy mee besig was klaar te maak nie……As hy nie in ‘61 gearresteer en toegesluit was nie, wat sou gebeur het? Volskaalse burger-oorlog? Mandela het as ‘n “held” uit die tronk gestap….maar ‘n held vir wie? Vir die “youth league” wat nog nie gebore was toe hy gevonnis is nie…..?? Wat weet hulle van hom anders as dat hy in die tronk was? Absoluut niks nie.

 
Comment by Tulbril
2008-05-13 16:25:20

Great mens!!!

 
Comment by Gatvol
2008-05-13 16:36:27

mmm hy is seker nie sleg nie, maar was darem en hengse PR stunt vir die ANC post apartheid. Imagine hulle het daai tyd al vir Zuma ingestoot. (no pun intended)

 
Comment by butch
2008-05-13 16:40:32

Weet nie wat die ouderdomsgroep op bosparra is nie. Dankie me vir die bietjie geskiedenis. As julle ouens weet hoeveel keer hy onthaal is by die Nellie TERWYL hy op Robbeneiland was! eishhhh! Maar nou ja, ons is veronderstel om vorentoe te kyk en te vergeet. Sorry no can do.

 
Comment by cleopatra
2008-05-13 16:45:09

Butch,wat is Nellie?

 
Comment by jannas
2008-05-13 16:46:06

Hy is ‘n bedelaar soos hulle almal staan net heeldag bak hand is julle seker waar al die geld wat hy insamel heengaan, ek vertrou nie een van hulle nie, kyk maar die Louis Luyt hofsaak!!!!!!!!!!! jy kon die haat sien. AMEN

 
Comment by hekkie
2008-05-13 16:48:13

Almal wat negatief is oor Nelson, moet sy biografie “Long walk to freedom” lees.

Ek was in die SAW (waarop ek trots is), en het vir jare die man gehaat. Sy lewenservaringe het hom voorberei om ons great land van n bloedbad te red. Sy kwaliteit diplomasie, kennis en liefde vir sy land, het net op die regte tyd gekom. Hy verstaan Suid Afrika se diverse mense.

Ek wens net dat Madiba jonger was om al die stront wat deesdae aangaan reg te maak!

 
Comment by xram62
2008-05-13 16:48:51

Maak tronk-lewe van jou President Materiaal???? Waar is Eugene dan laat ons hom terug stuur…..Wat tronklewe wel doen is dit gee jou daardie misterieuse status omdat niemand van jou weet nie, en net van jou hoor…….en dit weerhou jou daarvan om die strategie waarmee jy besig was end-uit te voer……dus kan jy begin “sê-nou-net” speletjies speel sonder om ooit te weet wat die “outcome” sou gewees het…….Ek verwys nogal baie daarna, maar dit sou seker ook nie kon gewerk het nie: Ek was in Weermag hoofkantoor in Tshwanetoria toe ‘n hogere rang vir Cliff Saunders van die SAUK gevra het “Wat is Suid?” Toe Cliff nie antwoord nie, toe staan hierdie man op, trek ‘n streep met sy voet op die mat en sê, “As hierdie die ewenaar is, is dit “suid” as jy oor die lyn trap. Terwyl ons het wat nodig is, moet ons hierdie plek skoonmaak tot teen die ewenaar en dit Suid Afrika noem……en die wêreld uitdaag om hulle voete oor die lyn te sit.

Van die ewenaar af ondertoe is hierdie mees perfekte selfonderhoudende kontinent op die planeet………maar in terme van die “insittendes” wat ons hier vind, is dit die swakste toe aan potensiaal.

 
Comment by xram62
2008-05-13 16:53:10

Hekkie. Ek haat niemand nie, maar ek weier om iemand aan te sien vir wat hy NIE is nie….Die spreekwoord lui: “Gee die duiwel wat hom toekom….” en ek het vrede daarmee……maar wat my ‘n bitter smaak agter in my bek gee is as hy so opgehemel word tot net kort duskant die poorte. Hy trek ook maar sy broek een pyp op ‘n slag aan….en ek dink hy word ook maar baie oggende wakker en dink, “Is dit nou waarvoor ek my gat af baklei het en 27 jaar in die tronk gesit het?????” Dit moet vir hom ‘n teleurstelling wees….

 
Comment by butch
2008-05-13 16:54:42

Cleopatra
Die Mount Nelson Hotel. 5 ster de luxe

Comment by cleopatra
2008-05-13 16:57:23

Mmmmm,hulle het hom voorberei!!

 
 
Comment by Gatvol
2008-05-13 16:57:00

Hekkie, ek het sy boek ook gelees. Was oor 2 dinge spyt:
1, Nadat ek die boek gekoop het, het ek eers besef van die geld daarvoor gaan aan die ANC (oeps)
2, Hy het die Afrikaner vergelyk met die deursnit bewaarder van daai tyd. huh?
Maar dit was wel insiggewend.

 
Comment by xram62
2008-05-13 16:57:23

Jannas. Jy is soooo reg. Ek ry onlang in Zim in…en wat gebeur by die eerste plek waar ek stop? Hulle swerm so kop onderstebo nader met die oë op die grond en die bak handjies so bokant die kop….en pleit…”How, my boss??? My bozza, please my boss???”….Ek is nie hulle “baas” nie? Na 23 jaar van onafhanklikheid moet hy nie regop na my toe aangestap kom, sy hand uitsteek, homself voorstel, en vir my ‘n “sales pitch” gooi oor die produkte wat hy vervaardig en wat hy aan my wil verkoop nie???? Wat gaan aan met hierdie goed (amper sê ek “mense”)???

Comment by cleopatra
2008-05-13 16:58:30

Selfde in Mosambiek,bedel,bedel,bedel.

 
 
Comment by hekkie
2008-05-13 17:00:21

xram - dis nie almal wat hom “ophemel” nie. As n mens realisties wil wees - waar sou ons vandag gewees het as ons lot in die hande was van PW, de Klerk en co?? Dan sou Kortbroek (die fokken ****!!) dalk ons regeer het!!!

 
Comment by Donnie Darko
2008-05-13 17:02:33

Wel, om die greatness van Madiba te evalueer moet mens seker ander “leiers” as maatstaf gebruik…Laat ons sien….Verwoerd, PW, Vorster, FW , Bush…..nee wat, sy gelyke is nerens te vinde nie….Hy is beslis in die league van die Gandhi’s en Martin Luther Kings van die wereld. As ek so na die ou vorige wit “lyers” van Suid Afrika kyk is selfs Mugabe nie te bad nie…..Hy sal darem nog baie meer mense moet vermoor voorlat hy by ou PW kan kersvashou.

Madiba is seker die naaste aan G-o-d wat enige human being ooit kan wees….Sy goddelikheid en wisdom sal onge-ewenaar aangeteken staan in die geskiedenisboeke van die toekoms……Viva Madiba!!

Comment by Gatvol
2008-05-13 17:04:46

Jong, jy moet dat die oumense in my pa se aftreeoord jou nou hoor! Jy sal mincemeat wees!
Hy was OKAY. Geen mens is ‘n WONDERWERK nie. (Het jy dit geweet Marie?)

Comment by cleopatra
2008-05-13 17:14:23

Donnie,is dit maar okay dat hy ook soveel mense vermoor het?Dis nie okay vir ENIGE iemand om te moor nie,wit of swart.Maak nie saak of dit vir sg struggle was of nie,moord is moord,en sorry,ek kan nie van enige moordenaar hou of hulle vertrou nie,wit of swart.

Comment by Donnie Darko
2008-05-13 17:43:25

Check jou feite Clueless…..

Comment by cleopatra
2008-05-13 18:39:25

?????Vertel,asb.

(Comments wont nest below this level)
 
 
 
 
 
Comment by Frikkie van Brits
2008-05-13 17:04:13

xram62 +1

 
Comment by xram62
2008-05-13 17:07:31

Hallo ou Donker Donnie. Lees ek dit mis of wat, maar as jy na “leiers” verwys gebruik jy net “wit” name, en as jy van “struggle maatjies” praat is dit net swart naampies wat opduik??? Hoe dan nou? Was daar nie “wit” struggle-aars ook nie? en wat van ‘n paar groot “swart” leiers????? Moet nou nie so wees nie, man…..Moes jou comment nie liewer so gelees het nie?

“Wel, om die greatness van Madiba te evalueer moet mens seker ander “leiers” as maatstaf gebruik…Laat ons sien….Chaka, Dingaan, Idi Amin, Rober Mugabe…..nee wat, sy gelyke is nerens te vinde nie….Hy is beslis in die league van die Helen Suzman’s en die Nadine Gordimers van die wereld. As ek so na die ou vorige wit “lyers” van Suid Afrika kyk is selfs Mugabe nie te bad nie…..Hy sal darem nog baie meer mense moet vermoor voorlat hy by ou Jomo Kenyata kan kersvashou.

Madiba is seker die naaste aan G-o-d wat enige human being ooit kan wees….Sy goddelikheid en wisdom sal onge-ewenaar aangeteken staan in die geskiedenisboeke van die toekoms (afhangende van wie die skrywer is)……Viva Fokol nie!!

 
Comment by xram62
2008-05-13 17:08:35

Hallo ou Donker Donnie. Lees ek dit mis of wat, maar as jy na “leiers” verwys gebruik jy net “wit” name, en as jy van “struggle maatjies” praat is dit net swart naampies wat opduik??? Hoe dan nou? Was daar nie “wit” struggle-aars ook nie? en wat van ‘n paar groot “swart” leiers????? Moet nou nie so wees nie, man…..Moes jou comment nie liewer so gelees het nie?

“Wel, om die greatness van Madiba te evalueer moet mens seker ander “leiers” as maatstaf gebruik…Laat ons sien….Chaka, Dingaan, Idi Amin, Rober Mugabe…..nee wat, sy gelyke is nerens te vinde nie….Hy is beslis in die league van die Helen Suzman’s en die Nadine Gordimers van die wereld. As ek so na die ou vorige swart “lyers” van Suid Afrika kyk is selfs PW Botha nie te bad nie…..Hy sal darem nog baie meer mense moet vermoor voorlat hy by ou Jomo Kenyata kan kersvashou.

Madiba is seker die naaste aan G-o-d wat enige human being ooit kan wees….Sy goddelikheid en wisdom sal onge-ewenaar aangeteken staan in die geskiedenisboeke van die toekoms (afhangende van wie die skrywer is)……Viva Fokol nie!!

Comment by Donnie Darko
2008-05-13 17:55:32

Jou liggie skyn so mooi SEXRAM. Hallo daar ok!

Jou variasie op die tema laat oorspronklikheid nuwe betekenis kry swaer…..

Nee kyk as jy dink die vorige wit leiers van suidafrika was in Mandela .. .of Mbeki…se klas….het jou mamie jou sker in n hok groot gemaak…hou egter van jou parodie……heel funny!

 
 
Comment by hekkie
2008-05-13 17:08:42

Gatvol- wie was die “deursnit” afrikaner van die tyd - wie is die “deursnit” afrikaner vandag?? n hele ander debat ne??

 
Comment by xram62
2008-05-13 17:11:43

Hekkie, ha, ha, ha, haaaaa……jou lot WAS in die hande van FW de Klerk….en kyk in watter diep gemors het dit hierdie land gedompel….As hy nie pofferige Griekse Slaai handjies daarop gehad het nie, sou dinge dalk anders uitgedraai het as die sirkus wat dit in ontaard het…..met onse African National Chaos Party….

 
Comment by hekkie
2008-05-13 17:15:11

Donnie Darko!! Jy praat “sense”. Nou dat jy dit noem - ek kan nie aan EEN wit leier dink in Suid Afrika wat n indruk gemaak het nie!
Daar was n man in Rhodesie (Zimbabwe), Ian Smith, wat wel GREAT was!!

 
Comment by Gatvol
2008-05-13 17:16:08

Hekkie jys reg. Die Afrikaner is maar weird, ne. Maar ons was beslis ‘n klompie jaar gelede (oor die algemeen) meer positief as nou. Miskien was daar tog ‘n bietjie Madiba magic.

 
Comment by hekkie
2008-05-13 17:22:42

Ja Gatvol, ons was dalk “gedwing” om positief te wees. As jy “naaffie” was by die skoolkadetpeleton of in die weermag - het die korporaal jou laat afkak (ek se nie dit was n slegte ding nie)!

Die skoolhoof het ook negatiwiteit uit jou gebliksem!!

 
Comment by Gatvol
2008-05-13 17:25:31

Ja ons het toe ons kinders was ‘n poephol regering gehad. Maar die geskiedenis het homself op die ou end herhaal. Ongelukkig.

 
Comment by hekkie
2008-05-13 17:32:07

stem saam Gatvol!! en ek glo nie in die naby toekoms sal daar n “Madiba” wees nie!

As ek so na die jong mense kyk, dink ek soms dat ons n klomp “Kortbroeke” grootmaak.

Comment by Donnie Darko
2008-05-13 17:50:32

O my aarde Hekkie…..dan is ons nog verder gef*K…..

Nee wat, so brutaal kan jy onse jeug darem nie beswadder nie…..

 
 
Comment by me
2008-05-13 17:43:08

…daar staan ek toe rustig in die kombuis, en mis amper weer uit OP DIE WAARHEID!!

Donnie Darko, ek het jou nog altyd net geignoreer….sal dit nog steeds doen. by wyse van spreuke….

@ Xram:
Madiba is seker die naaste aan G-o-d wat enige human being ooit kan wees….Sy goddelikheid en wisdom sal onge-ewenaar aangeteken staan in die geskiedenisboeke van die toekoms (afhangende van wie die skrywer is)……

Viva Fokol nie!! Yip!!

Viva Fokol nie!! Yip!!

Viva Fokol nie!! Yip!!

Viva Fokol nie!! Yip!!

Viva Fokol nie!! Yip!!

@ Blondie: Ou Madiba.. ek luister as die man praat…. as dit nie vir hom was nie kon dinge baie erger gewees het…
almal was in 1994 so bang, blikkieskos en kerse gekoop…. maar hy het oraait uitgedraai vir tronkvoel!!

Regtig Blondie….?? Moerse legacy wat hy agtergelaat het in die kabinet…

Sommer reguit… JY PRAAT STRONT…!!

Waarom dan nou vandag ontevrede wees met die F*KK*N PIKSWART REGIME…??? Dis julle Madiba se nalatenskap!!!

Comment by Donnie Darko
2008-05-13 17:47:58

Me…korrekte Afferkaans….by wyse van spreke…s-p-r-e-k-e…….

Spreuke is daai fantasiee innie sprokiesboek….

 
 
Comment by me
2008-05-13 17:45:30

@ hekkie: Ek wag in SPANNING, VERTEL ASB…..? Waar het ek IETS GEMIS VAN JOU MOERSE HERO????

Nou moet jy met feite kom debatteer, nie klomp kak gorrel nie!!

 
Comment by me
2008-05-13 17:54:50

@ Gatvol: Ja ons het toe ons kinders was ‘n poephol regering gehad. Maar die geskiedenis het homself op die ou end herhaal. Ongelukkig…???

Is jy ’n witmens Gatvol?? Waar het die ou regime jou sleg laat lewe, tensy jy nou’n liberale denker is, vertel tog net asb..??

Ek het baie lekker in die dae van apartheid geleef… VERY, VERY NICE….!!

 
Comment by Donnie Darko
2008-05-13 17:57:41

Me…word wakker…..jy is nou in die hier en die nou…..aparthate is verby!

Jou belydenis rondom die vorige regering word egter hoog op proef gestel! Ditto!

 
Comment by Babe
2008-05-13 17:58:02

Kan ek vir julle ietsie vertel…
Ek ken ‘n persoon wat BAIE na aan Mandela is, en wat vir my verseker dat die ouman ‘n hart van goud het en BITTER teleurgesteld is oor wat met Suid-Afrika aan die gebeur is. Sy hart is gebreek….maar hy is ‘n ou man van amper 90 en kan niks meer doen nie.

Kyk ek is self ‘n rassis, maar ek dink ons moet die ou man uitlos.

 
Comment by Gatvol
2008-05-13 18:08:35

Me. Ja ek is wit en het sekere voorregte gehad onder die vorige regime. En meeste van dit was lekker. Maar ons broers en pelle is in flarde geskiet in die oorlog. Ag, ek wil nie eers daaroor aangaan nie. Natuurlik het die ou regering baie tjorts gemaak. Dit was nie ok nie. Net soos hierdie regering se tjorts nie ok is nie.

 
Comment by Donnie Darko
2008-05-13 18:11:54

n WYSE rassis….my genade BABE…jy is enig in jou soort!

Net n rassis is stupid genoeg om dit te erken…..en jou anner aartsonne? Se vor Donnie jy is ok innie ENGEE KERK!! TOE MAN..TOE….EN DIS ‘n aanmoediging, nie n kompliment nie….:)

Comment by Gatvol
2008-05-13 18:13:45

Wat de fok is jou storie?

 
 
Comment by pluim
2008-05-13 18:13:30

Ek stem nie met die meeste van die stellings wat hier gemaak word saam nie.
Eerstens die vorige regering:
Hulle het baie gedoen ten opsigte van bestuur in hierdie land. Die beleid was korrup ja, die mense is met christelike nasionaliteit mislei ja, die jeug is etnies vervreemd van mekaar grootgemaak, ja. Maar om te maak asof daar nie leierskap was nie? Dis nie waar nie!
In 1968 het ons in die namakwaland en in die vrystaat gaan kuier vakansies by vriende en familie, en die meeste paaie was grondpaaie. Ek onthou hoe die stof in die karre ingewaai het, en hoe my sussie gereeld karsiek geraak het. Al die paaie is geteer oor 2 en ‘n halwe dekade deur die Dept van Vervoer. Dit was regeringsbeleid en dus leierskap was onder andere nodig om dit uit te voer. So kan ons uitbrei oor die lughawens, hawens en spoorweë, stedelike en landelike infrastruktuur ens. Alles wat konstruktief ontwikkel is onder effektiewe leierskap en bestuursadministrasie. In 1993 was die Staatdiens administrasie as ‘n 1ste wêreld staatsadministrasie geklasifiseer. Dit was ook onder effektiewe bestuur administrasie en leierskap.

Die infrasturktuur wat oor 35 geskep is onder blanke administrasie en bestuur, word deesdae skaars onderhou. 20 jaar gelede was daar net so baie klagatte oor die staatsdiens. Kyk waar sit ons nou?

Tweedens:-
Ek dink nie Nelson Mandela is so ‘n fantastiese “leier” wat hy voorgehou word nie. Ek sou ook vir almal gesmile het as ek soveel miljoene soos hy gekry het, van die dag wat hy uit die tronk uitgestap het. Binne ‘n jaar was hy R60 miljoen sterk in 1993. Vir presies wat? Waar het hy gelei? Winnie was baie meer betrokke met haar leierskap vir die opstande, en haar bekende vuurhoutjies en tyre campaigns. Swart mense is in daai tyd net so geboelie indien nie meer nie as in Zimbambwe vandag. Net as hulle in vrede by die werk wou uitkom. Die huidige ANC leiers was daardie 35 jaar baie meer betrokke met excile en verniet studeer en anti-apartheidsveldtogte voer. Terwyl die blanke adminstrasie vir SASOL, WNNR, KERNKOR, UKOR, die weermag en filiale met effektiewe leierskap ontwikkel het onder die politieke leiding van die politici van daardie tyd. In seker velde was ons wêreld leiers soos bv kernfisika.

Wat het oorgebly van die instellings met vandag se leiers onder die politieke leiding van die politici die afgelope 14 jaar?

Almal was verlig dat Mandela so vriendelik en vergewensgesind was, net todat hy van sy speeches af opgekyk het en of the cuff speehes gelewer het, dat sy ware kleur uitgekom het. Alle blankes voor 1993, was gatvol vir al die geweld en oorlog in die land. Die Johannes Kerkorrel en musiekgenote het die algemene gevoel van die woedende ontnugterde jeug, in hulle musiek uitgedruk. Alle joernaliste (redakteurs van koerante,politieke kommentators ens) het doerietyd gesê die oorgaan na Mbeki regering gaan glad verloop want eintlik regeer Mbeki tog maar die land terwyl Nelson waarneem in sy aftree joppie as president. Nou in retrospek was dit die grootste klomp kak wat joernaliste gepraat het. Dit was nog steeds effektiewe blanke bestuurders en leiers wat hulle hand op die ploeg gehou het. Al die blanke liberale “verligtes” het mooi intelektuele teorieë gehad van hoe dit van nou af vorentoe sal gaan. Op papier ja. Dis hoekom Xram so baklei om die grondwet te toets. Want wat op papier, staan werk nie in die praktyk nie.

Vir my sal Nelson altyd ‘n simbool van vergifnis en versoening bly. Maar die werklike leier in versoening en vergifnis is Biskop Tutu. En tipies, almal van die kerkleiers wat voorgeloop het in die opstande, wie van hulle het nog enige gesag vandag oor? Boesak? Tutu? Chikane? Almal lekker misbruik deur die ANC regime.

Terloops tussen 5 - 6 soggens op die Zoeloe radios tasies is die Zoeloes as so gatvol vir die gemors in die land, hulle sê hulle gaan nie weer vir die ANC regering stem nie. Hulle wil die blankes terug hê by die werk.

 
Comment by Babe
2008-05-13 18:17:34

Donnie, wat is die naam van daai konstellasie wat jy daar uitstal neffens jou naam?

Comment by Donnie Darko
2008-05-13 19:56:29

;)

 
Comment by BENNIEH
2008-05-13 19:57:47

Dis sy breinselle, een vrot al weg!

 
 
Comment by me
2008-05-13 18:20:25

…regtig Babe….het hy toe in sy boek ook SORRY gese oor die dade waaraan hy skuldig was?

@ Donnie: Me…word wakker…..jy is nou in die hier en die nou…..aparthate is verby!
Donnie, nou-ja-toe…. Jy het nie ’n F*KK*N BENUL WAT JY NOU GEKOTS HET NIE….
Sekerlik omrede jy ook ’n expat (?) is….wat weet jy van die woede en haat in die land, soos wat in elke dag hier gebeur?
Ek praat nou nie van die elektroniese media nie…

Dit is my eensydige mening…. Ek is my eie mens, en so ook my mening!

So Donnie, jy gaan moerse sukkel (moet nie eers try nie) om my te oortuig met jou DONNERSE LIBERALE DENKE!!!