RickyLouw chat met Kurt(Pienk Marshmallow)Darren
Baie funny.Of dit Kurt is wat reply het,weet ek nie …maar hy is ‘game’ genoeg om saam te speel. Hier is ‘n ‘cut en paste ‘ van Ricky se eerste groot Interview…oulik.
http://rickylouw.wordpress.com
—– Original Message —–
From: kurt@kurtdarren.co.za
To: halfjacklouw@vodamail.co.za
Sent: Monday, May 12, 2008 1:26 PM
Subject: RE: Cd’s Danspassies Marshmallows
Geagte Pink Marshmallow (Dit is nou jy Mnr Darren)
Van my Bloggers( http://rickylouw.wordpress.com/ ) wil jou graag so ‘n paar vragies vra.
Cleopatra vra:
Ricky, jy kan hom vra of al die parras na sy troue toe kan kom.Ons sal ons gedra,veral as Stevie daar is.
Kurt:
Cleopatra ek weet nie of my meisie meisie dit sal toelaat nie, maar as Steve daar is sal ek seker vir hom so paar mooi “parras” moet reel. HEHE lekker lekker
Spoooook vra:
As hy homself ‘n ‘troetelnaampie’ moet gee, wat sou dit wees en waarom?
Weet hy dat hy ‘Die pink marshmallow? is en wat dink hy daarvan?
Kurt:
Loslappie. Ek het mos altyd die padjie aleen leen gestap.
Pink Marshmallow? nee, maar dan sal ek my liedjie moet verander na. Voorwaarts Mars(hmallow). HEHE lekker lekker
Griffel: Aan Kurt: Het jy self jou danspassies uitgewerk of het iemand jou daarmee gehelp.
Kurt:
Griffel baie mense vra my dit want hulle hou so daarvan en dink pro’s moes dit uitgewerk het. Maar ek leer dit sommer self, voor die spieel as ek klaar gestort het. HEHE lekker lekker
Gatvol: Is sy spysverteringstelsel okay? Enige ander gesondheidsprobleme? Het hy operasiesnye? Indien wel, gaan hy dit wys?
Kurt:
Nee jong geen snye en probleme nie. Ek het wel eendag in my leerbroekie gepoefies toe Sunette vra of ek met haar sal trou. HEHE sy is nie lekker lekker.
Demoerin:
Ek wil weet watter tipe onderbewussyn aantassende gedagtes is in sy liedjies verskuil, veroorsakende dat mense winkel toegaan en sy CD’s koop.
Ek sal ook graag wil weet waar daai bekotsenswaardige heupswaai roetinetjie vandaan kom? Het hy dalk ‘n heup-probleem waarvan ons nie weet nie?
Kurt:
As jy my cd’s agteruit speel klink dit soos “die bloubul”. Maar dan eet die bloubul van die vloer af en weet ook van verloor af. So almal wat nie van die bulle hou koop my musiek.
Ek het so effense heup probleem. Dit kom van die val toe ek vir Sunette weg gehardloop het. HEHE sy is regtig nie lekker lekker
RickyLouw: Ek wil weet of julle Steve se operasie daar op Jukebox gaan wys……….. Daai Kaksakkie saam met dromme en kitaar sal soos meeste ander sokkie treffers klink.
Kurt:
Dit sal nou ‘n lekker “kak” song wees. HEHE lekker lekker
Groete RickyLouw
Ps: moet asb nie net “Se net Ja” of nee antwoord nie.
Enige vrae wat JY graag aan ‘n SA celeb sou wou vra? Wat is die vraag en Wie is die celeb? As jy lucky is, lees RickyLouw jou ‘raak’ en doen hy dalk iets daaraan…

jurie els.die vraag is jy liefies vir ta hessie se witperd?
Ek en Ricky sit nou dalk nie langs dieselfde vuur nie en hy probeer ‘n aanslag op my blog loots, maar een ding is seker - sy blog is moer snaaks en vol ongelooflike pittighede. Hierdie was beslis een van die beste pogings. En hy is ‘n bok vir sports - my ook genooi om ‘n gas te wees
rickylouw Says:
May 10, 2008 at 3:24 pm
Gatvol van Steve en ander Afrikaanse sangers sal ons nog baie praat en investigate….. wag net so bietjie vir die wit vlae om te daal…… so week of wat….. die uurglas loop leeg…hahaha.
Me ek sal met graagte jou foto hier opsit…. email halfjacklouw@vodamail.co.za ….. moet ek dit sensor?
Emil jy kan maar skryf, solank dit afrikaans is en gewone woorde soos deur gewone afrikaners gepraat, bevat.
Ons is nie die beste van maats nie, maar dit gaan nog lekker raak!
Ek sal hom graag ook wil nooi om by my iets te skryf, maar ai, die Ingels
Hmmmm aanslag op jou blog loods? Waar wanneer hoekom? Ek het nie eers genoeg tyd om elke dag nuwe goed op my blog te sit nie. Moenie so ernstig oor die lewe wees nie Emil, Ek is seker binne die volgende maand of so is ek verveeld met my blog en dan is al my kak stories op en sluit ek hom, so moenie worry nie. Dit is geen prestasie om ‘n blog te he nie, enige mens kan dit doen “for free”, kyk dan self frank botha het een.
F. Ginwala - hoekom is Mbeki bang vir jou ?
H Zille - wanneer bliksem jy die ANC of is jou dreigemente net nog ‘n manier om die Afrikaner deurmekaar te maak ?
P de Lille - Fok, ek dog ons het iets in jou mens. Doen iets asb en hou op k@k en kerm
S Hofmeyer - het jy ‘n lewe buite jou buite-egtelike lewe ?
J Els - Mag ek jou vra om nooit ooit weer terug te kom nie ?
C Theron - wanneer gaan jy ‘n fliek maak in SA ? Jy’s **** maar hou jou maar bra afsydig van jou geboortegrond.
Chris Cameleon - wanneer sien ons weer iets van jou ryke pen ?
Mathys Roets - Ons horo min van jou. Hoekom ?
Jannie du Toit - wanneer, o wanneer, voor die berge in die see instap, gaan jy daai afgryslike grys lokke van jou sny ? Besef jy nie jy lyk soos ‘n oorgroeide, toegegroeide oudedoos ?
J Selebi - het jy al gefokk#f of moet ek jou kaartjie betaal ?
Eish, hierdie is par 1.1 van 21. Wanneer moet ek ophou ?
Ek wil weet of Dowwe Dolla aandele het in een of ander ’sucker’ besigheid?
EN ek wil oo weet of Deon Maas nooit hard genoeg gem**r is as kind/tiener nie,want hy soek nou so hard daarvoor.
Ek het myself nou amper nat gemaak van die lag. Briljant!
Al wat ek wil weet is: Waarom Deon Maas en Max du Preez nie van witmense hou nie…???
@ Leon: Whahahahaha….. Jannie du Toit!!
Jannie se naam is mos eintlik Moses, of het ek dit nou verkeerd? Help net asb, Leon??
Waarom is Jannie JARRE GELEDE GESKEI, en NOOIT WEER GETROUD NIE???
Me, seker omdat hy nie sy grys lokke wou sny nie.
@me - jy verstaan die vraag verkeerd suster. Die vraag is wat jy ‘n SA celeb wil vra ? Nie wat jy wil weet van twee mense wat NIE celebs is nie ( fok, selfs McBride het meer celeb status) wat so draadsitterig is dat hulle nie eintlik weet aan watter kant van die toilet hulle skyt nie. Binne of buite, bo of onder, in die water of langs die kant…alewig besig om hulleself te regverdig en …….
Ons gewone Afrikaners kort nie hierdie sorot van DM en MdT nie. Mag hulle armsalig k@k in hulle eie pappotte en verdrink in die moeras van misleiding wat hulleself geskep het.
leon…baie baie skerp…’S Hofmeyer - het jy ‘n lewe buite jou buite-egtelike lewe ?’
Skies -platkuif…ek was seker veronderstel om die witvlag nog te handhaaf ?
Platkuif - Het jy gesien Pokkelpens het toe sy blog toegemaak?
Shame die arme dwis!
Ek’s seker als is ok Leon, Kuifie het gevra dat niemand wat le geskop mag word nie. Die man stap darrem al rond…
Dit was seker in solidariteit gewees met ou Frank - shame!
Ricky kan jy asb vir ons ‘n foto organize van Patricia Lewis se haarwortels asb?
En dan kan jy ook asb borge reel vir Dozi vir ‘n besoek aan ‘n haarkapper met video as bewys?
Verder wil ek weet of Jurels borshare het. (Ek weet nie hoekom nie.)
Dankie Ricky. Jys ‘n pel.
Okay Leon, nou verstaan ekke ook beter…LOL…
Ek het nou my pic vir Ricky ge-mail….
Julle parras moet nou net die vlg onthou… ‘‘Beauty is in the eye of the beholder’’
@ Gatvol van Jurels: Wat van poepolhare ….??
… tot Anrich Herbst met sy ronde gesiggie, is nou GLO ’N F*KK*N CELEB….???
Wanneer kwalifiseer ’n mens as ’n CELEB …… Sjoe, klink snaaks, maar julle weet wat ek probeer om te se!!
Daai sanger wat gesê het m0ffies gaan nie hemel toe nie, nê, kry vir ons ‘n lekker storie oor hom. Lyk my hy het vrese!???
Ricky - Vind bietjie uit of daai outjie wat soos ‘n katools wasbeertjie rondspring en sy dromme moer op noot vir noot al ooit van Ritalin gehoor het.
Ek wonder nou net is Jurie ‘n celeb? die f*kk*r/
Jannas,elke jan,rap en sy maat is mos deesdae n celeb,jong,jou naam word net iewers in die media genoem,en siedaar,jy’s nou n celeb.Celebs are overrated and overpopulated.
Ricky, ek hoop jy dra masker en handskoene vir daai “inside scoops”. Wil nie hê jy moet iets oorkom/optel nie.
FOKK ja ek wil ook nog die dromspelertjie van Noot vir Noot ‘n paar vragies vra .. sjoe !
Gatvol, was dit dan nie Danie Botha nie? Daai Wenners Wenners Wenners ou….
dink so. lyk my hy het issues.
More almal, Ricky jy maak my dag! Hou so aan. Waar kry julle mense nog die tyd om blogs te ‘run’. Ek het skaars tyd om alles hier te lees en nou en dan te comment, en o ja nog te werk ook.
Werk is vir die voëls Tannie, dit is nou as die baas uitstedig is. hahaha
@ Ricky, soos ek al reeds gesê het, kakpraat is gelukkig nie ‘n siekte nie.hahaha
Kan nie wag vir die volgende vraag/antwoord sessie nie.
ek wil vir kurt vra hoe de hel kry hy daai heup twist so volmaak gedoen *onskuldige kyk*
Wat is HEHE lekker, lekker……….HEHE lekker lekker, waarmee hy sy antwoorde afsluit.
Weet nie seker maar omdat een van sy liedjies Lekker Lekker is.