Steve Hofmeyr
Hier is Kruidjie-roer-my-nie se volgende ‘post’. Eish Roer,jou bliksem…’n deal is ‘n deal…vir die wat nie weet nie,op Bosparra sensor ons NIE die posts van ons gas bloggers nie…die stukkies wat hulle forward om gepost te word,post ons netso…here goes…
So bietjie nie-amptelike (hopelik in die korrekte volgorde) trivia oor Steve vir sy bewonderaars (soos ek) daar buite. Hierdie kennis sal jou miskien nie ‘n beurs by Tukkies waarborg nie, maar dis goed om te sien watse harde werk dit gekos het om sy loopbaan op te bou. Go Steve!
Steve is die oudste van vyf seuns. Hy’s gebore in Pretoria (hence Blou Bul…) op 29 Augustus 1964 en gedoop Stefanus Johannes Hofmeyr. Hy het op Grey Kollege gematrikuleer in 1982, daarna is hy weermag toe vir 2 jaar en daarna 2 en ‘n half jaar Pretoria Technicon se Dramaskool toe. Raar maar waar - hy het sy sangeksamen as student aan die Pretoriase Technikon gedruip oor sy stem glo te hees was. (Ek wonder of daai dosent nie vandag soos ‘n parra voel nie…no pun intended…natuurlik). In 1986 sien ons vir Steve in die televisie reeks Agter Elke Man van Franz Marx. Musiekblyspele/teater/TV sluit oa in Moses - the musical, Die Soen, Summer Holiday, The Boyfriend, Butterflies are free en Joseph and the amazing technicolor dreamcoat, The Sound of Music en optredes in 7de Laan. Daar was ook die televisiereeks Guillaume Woudberg, Kampus - die fliek en No Hero (1992). Sy debuut album Desertbound in 1989 het oor die 350000 plate, CD’s en kasette verkoop. Blou Bulle het meer as 50000 verkoop asook Tribute. Sy 2de album, Only Me, het ook goud bereik (1990) na net agt weke. Daarna volg Steve in 1991 en in 1992 die klankbaan van No Hero. Dit vlieg van die winkelrakke af. Tribute 2 bereik verkope van oor die 25000 eenhede. In 1994 stel hy Steve Hofmeyr - Die Treffers / The Hits vry. Dit word ook ‘n topverkoper van die jaar en behaal goue status. Daarna volg Dekade / Decade in 1996 ter viering natuurlik van tien jaar in die vermaaklikheidsbedryf. Benewens dit toer hy en tree in verskeie konserte op in 1995. Dieselfde jaar besoek hy Holland en tree in die internasionale musiekfees op met sy liedjie African Smile. In 1996 tree hy in ‘n vol bespreekte Sun City Superbowl op. Steve het al ‘n SAMA toekenning vir hoogste verkoper in Suid Afrika ontvant vir sy Toeka CD. In 1994 is daar ‘n boek oor sy lewe gepubliseer nl. Steve Hofmeyr - Die Boek. Dis ‘n fotoalbum van meer as 150 kiekies. In 1997 was daar weer ‘n toer saam met Rina Hugo, Irene van Wyk, Danie Niehaus en Casper de Vries en sy orkes Dusk. Die produksie heet Steve en Vriende. In 1998 trou hy met Natasha Sutherland van Egoli faam en daarna was dit BelgiE toe vir tien weke om sy 9de album, True to you, op te neem. Daar was ook optredes saam met die beroemde Dana Winner, maar dit wat my die meeste verbaas het, was sy digbundel nl. Valkuns wat in September 1997 uitgegee is deur Human & Rousseau. Steve komponeer vir ander kunstenaars (oorspronklike musiek en lirieke) ook en het al die 100-tal komposisies verbygesteek. 2001 was die Neil Diamond toer, nl. Beautiful Noise. Hy stel ook ‘n CD met dieselfde naam vry. Hy hou meer as 400 konserte en almal was uitverkoop. Hierdie konserte word ook in Kanada en Dubai opgevoer. Beautiful Noise het 6 keer goud gehaal en is ook beskikbaar op DVD. Nog een van Steve se hero’s (naas Neil Diamond) is Kris Kristofferson en hy doen ook ‘n 3 weke tribute aan hom by Emperors. Dan was daar natuurlik nog Laaities en Ladies EN EN EN. Dit IS ‘n feit dat hy ‘n harde werker is en slegs met harde werk en baie talent, kan ‘n mens hierdie hoogtes bereik. Dan is daar nog sy TV kletsprogram DIS HOE DIT IS…en ‘n musiekblyspel oor sy lewe… (meer as 20000 kaartjies was ‘n maand voor die tyd verkoop vir hierdie blyspel). Dus Parratjies, dis baie harde werk en hope talent wat hom hierdie loopbaan besorg het.
Gunsteling kos: vleis; gunsteling tyd van die jaar: Januarie, want dis vakansie tyd en Somer in SA, gunsteling plekke: Amsterdam en Brussels en New York en Kanada en Exclusive Books en die see en sy huis; gunsteling tydverdryf: fliek, lees, gedigte, die internet surf en om te stry.
- Desertbound (1989)
- Only Me (1990)
- Steve (1991)
- No Hero (1992)
- Tribute 1 (1993)
- Die Treffers / The Hits (1994)
- Tribute 2 (1994)
- Decade (1995)
- True to You (1997)
- Close To You (Single) (1997)
- Southern Cross (1999)
- Die Bok Kom Weer (1999)
- Beautiful Noise (the Music of Neil Diamond) (2000)
- Grootste Treffers Vol II (…and So the Story Continues) (2000)
- Engele Om Ons (2001)
- Toeka (2003)
- Toeka 2 (2004)
- Grootste Platinum Treffers (2005)
- Laaities & Ladies (2006)
- Waarmaker (2007)
Steve se UIT DIE PEN VAN STEVE HOFMEYR is beskikbaar by Kalahari hierso.
Bronne:


wie stry? die man is goed. in vele opsigte *no pun intended*
Ja, hys nogal besig nê. Wonder waar kry hy tyd vir al sy dinge.
Nee o heiden - SENSUUR, asb.
Aggenee, my avatar word altyd deur Steve gesteel!
hy ken van deligeer gatvol.
lol @ lostong.
Hi sharon-c
Ja, hy delegeer beslis. Sy stem doen dit, hierdie liggaamsdeel doen dat, ander organe ook.
Maar hierdie is mos nie volledig nie:
Wat van:
1) 3 buite egtelike kinders.
2) 10 Jaar lange buite egtelike verhouding.
3) Moerse KAK houding.
4) Slaan aan sagte outjies ALLEEN..
5) ens ens ens…..
Ag K@k! Almal weet sy gunsteling tydverdryf is rondn@@i!
Toe nou julle, daai is maar net die skandes waarvan ons weet.
Of meskien verstaan ek die lewe verkeerd. Alles dit wat die man in sy lewe “bereik” het gee hom ‘n vry pas na die “FOK JULLE” stasie.
Maas sê die ou ruik so na drank. Suip hy?
?
Sjoe Roer, is jy aangestel as spin-doctor…hahaha
LOL… Dis nou een man wat met AL sy talente woeker.. van die slaapkamer tot in Egoli e 7de Laan.
Jade 22
Maar is dit talente? Selfs diere paar.
Kyk ek stem die man het defnitief talent….
en guts…. ek sal sooooo stress as ek vir 10 jaar lank ‘n verhouding moet weg steek…
hehe no pun intended!!
ek hoor (Dana) WINNER gaan op sy HERTROUE sing .. hehehe is dit nie dalk LOOSER nie?
Gatvol wat is die verskil tussen ou Steve en ‘n Dier.. hy is mos ‘n bul..
Al hierdie dinge wat hy (hofmyerkie) bereik het is als goed en wel, en good luck to him, well done, maar die mannekie kort net so een snot klap nodig om hom so ‘n biekie terug oppie spoor te bring.
Cruella hehehe… ment ou (Dana) beslis… al was sy kan doen is om te “Heidi”
Waarom op aarde nie in privaatheid net voor familie hertrou as jy so ‘n behoefte het nie? Hierdie is ‘n moerse PR stunt om sy beeld te poets. Word in die media verkondig.
Kyk bo net bo Steve se naam: “« ongelooflike groot slange…en gwarre” Whahahahaha
Well spotted…hahaha
Is hy suksesvol of “sucksesvol” ?
Mooi so Steve goed gedoen. Ek sou ‘n bietjie meer balans wou sien…
Wat se vra moet mens vra of iemand suksesvol is:
1 Het jy met jou talente gewoeker ? “Steve beslis”…….. Ek stem
2 ………
3……….
4……….
5……….
.
.
.
.
.
1000. Is jy tevrede met “Hoe Jy is”/”Wie jy is”, voel jy skuldig (eerlik)? “Steve Beslis”……….. Ek wonder?
ps. Roer ek sien jy laaik om jou tyd te mors.
En wat maak dit van my? ‘n Onderwater helikopterpilot?!
So nou weet ons amper alles oor hom, …….. en?
“Bosparra sensor ons NIE die posts van ons gas bloggers nie” WHAHAHAHA
K U I F I E jou ou “spin” dokter hehehehe
Ek hoop net van harte dat hy hierdie keer met sy hertroue wel die belofte wat hy aan sy vrou maak meer ernstig sal opneem, maar soos hulle sê ‘only time will tell’.
Alles wat Roer hierbo se is seker waarom ek so bietjie van sy songs hou… hy het talent. maar Roer kan ons jou vra om so bietjie huiswerk te doen oor al sy ander “prestasies” want dis waarom ons “hom” nie laaik nie.
Ek is seker as ons nou so ‘n CV van Leon Schuster hier opstel met cd verkope en Fliek kaartjies ens. sal dit net so goed lyk indien nie beter nie. So ook met Bles ( hy het sie superbowl mos paar keer uit verkoop).
Maak ‘n “impressive” CV dat jy nie meer ‘n kommin gomgat is nie?
Hoe “impressive” sal Ozzy osbourne, Pete Doherty, Madonna, Robert mugabe, ens ens. se CV’s nie lyk nie.
Hi parras
Ek vir ‘n oomblik gedink Steve het dit oor homself geskryf. Die man is vermaaklik, snaaks net jammer sy geld het na sy kop toe gegaan. Hy’t nederig begin……. Kan baie kwet kwytraak op sy blog. Wonder of sy ondersteuners dit ooit agter kom. Waarvoor ek vir egter respek het, is dat hy ‘n element van diepe eerlikheid laat deurskemer wat mens by min mense teekom. Net jammer sy kop is so groot soos die aardbol. Tipiese alfa mannetjie sindroom.
Al wanneer ek van Maas hou is wanneer hy oor Steve skryf. In meer as een opsig is hulle teenpole van mekaar. Maas weet hoe en waar om vir Steve te slaan, sodat Steve nie kan terugslaan nie, al wil hy.
Roer:
Daar word mos die vlg gesê:
Iemand (?) is net so goed soos sy laaste werk(e) was
- wat ookal.
Dit is mos hoe die persoon onthou sal word…
Nou-ja, ek sal weer my mening gee, nadat Janine en Steve se courtcase aan die GROOT KLOK GEHANG was…
Anyway, sal hy net onthou word as die FOK JOU ALMAL, NET NIE ABSA NIE….!!!!
Onthou enige van julle dalk die goeie werk wat
FW de Klerk vir ons land gedoen het…….oftewel, weet julle iets van sy lewe, soos in NOU?
Soos dat die laaste WHITE FIRST LADY VAN SA VERMOOR WAS…
FW daarenteen
(soos Mugabe), se sekuriteit rondom homself was en is nog steeds 100% in plek…
Pssssttt, maar was FW dan nie op ‘n tyd die prez van die land nie….?
PS: Roer moerse try, maar jy het my nie ge-catch nie…..
@Blixer - Hoe laat ?
Soos ons Steve ken, sommer gou!
NEEEEEEE — hoe laat jou kry jy jou “Tjor”
12:00 ek kan nie wag nie. Hoop nie hulle maak ‘n song en dance van die hele ding nie!
Nee man hulle moet met rooi strikkie en al!
hoop jy slaap vannaand in hom/haar. en is seker ons hoor eers weer volgende week van jou .. hehehehehe geniet dit
Ek wil nou nie vir Platkuif vertel hoe om sy blog te ‘bedryf’ nie, maar:
Jy kan veel eerder van die parras wat hier comment, vra om vir jou hier iets te post….
Moenie net van bloggers gebruik maak nie….
Hoe dink julle mede parras??
Goeie idee me…ons het al so ‘n rukkie terug aan so ‘n plan gedink…lesers stuur ‘n stukkie…ons kyk en ‘post’…daai leser kry dan ‘n ‘EK WAS OP BOSPARRA’ cap/t-shirt met die unieke url van sy spesifieke post vb. http://www.bosparra.com/steve-hofmeyr wat op die cap/tshirt gedruk is…very special.Ons eerste besending bosparra klere is amper gereed….
wat dink julle? sal jy ‘n post instuur vir jou eie unieke bosparra cap/shirt?
Dammm
As ons ander maar net so hart wil werk…
Pragtig Platkuif … nie gedink jy sal so mooi skryf oor Steve nie… fanks man…
hi Bierpens…het jy die ‘post’ gelees? Nie so gedink nie.Moet bieg,ek wonder soms of jy jouself onnosel hou en of jy regtig so onnosel is…’n baie fyn lyn.
ME
Daar is ‘n paar wat “fine” is en ek LEES net eenvouding nie die wat ek nie laaik nie.
hoekom skryf ons nog enigiets oor STEVE .. waar is JANINE se gereelde bydraes of het sy geskrik na die eerste sessie?
ek stem saam Nem me. ek lees wat ek wil - maar as n parra nou ietsie sou post wat die oog vang, gaan ek beslis lees.
Fanks vir die great “cv” oor Steve Platkuif.
Nou kan bierpens in vrede weg gaan.
Sterkte met ‘n goeie produk wat jy bou. Hou dit asb skoon en bokant die belt. Onthou ons nasie is klein en het gnoeg vyande ons nie nog mekaar aan die keel gryp nie.
Lekka jaar verder.
waarheen hol jy nou ou Bierpens? dinge gaan nie dieselfde wees sonder jou nie
NEM ja ek het ook ‘n paar NICKS wat ek ignoreer .. ongeag of hulle bydraes positief of negatief is .. ek wil net eenvoudig nie sien wat die drolle se nie.
read them once - en jy weet sommer volgende keer wat hulle gaan skryf (of is dit nou copy and paste van geGooglede goed af)
Steve is so oor afrikaans, maar sy wettige vrou kan of wil nie afrikaans praat nie. Sy jongste twee seuns praat net engels. Ek dink (nee ek weet) Steve se hele “image” is vals en op geld gebaseer. Ek kan nie dink dat mense nog vir sy liegstories val nie.
Lynni…. dis nou vir jou ‘n ding he? (Iets om oor na te dink)
Ja nee, f*k vir Steve ook! met sy valsheid en al! Wat probeer hy in elk geval bereik om hom in te meng in politiek ? Wie dink hy is hy nou eintlik? Die kat se snor?
wat my die meeste van hom grief is sy politiek. hy maak elke wit afrikaanse mens in die land se naam gat (wie het hom aangestel(gekies) om names my te gorrel
Bierpens - Maak jy nou soos Franky en terg ons net dat jy gaan f*kk*f.
Kruidjie het vergeet om te add: Gunsteling tydverdryf: fliek, lees, gedigte, die internet surf en om te stry (reg of verkeerd), lieg, rondslaap en dan kinders verwek, klein& tingerige joernaliste toe-te-takel, te ***** en moan oor dinge, maatskaplike kwessies aan te spreek vir sy eie PR ens ens.
‘n Goeie ENTERTAINER is hy gewis - in meer opsigte as net sing, act en skryf.
Bierpens - kan jy met eerlikheid sê jy is objektief?
***** = b i t c h
Platkuif ek hoop jy het die artikel geplaas uit goeie intensies en ie dat almal weer ou Steve moet aanval nie, ek sal glo jy het en dat jy nie met ons koppe spin nie (moet sê jy is eintlik ‘n meester met die spin werk, sielkundeig manupileer jy die blog uitstekend! 10 uit 10) dit is mos jou blog of hoe!
Gatvol, Steve sien altyd na sy shows sy bewonderaars, vir handtekeninge en geselsies, nog nooit in al die jare gehoor dat iemand sê hy ruik na drank nie, nee wat dit is ou siek Maas se stories, ek kan die ou nie hanteer nie, praat van commen danis dit nou commen verby, die Maas vent is regtig siek in die kop.
Lynni, Ek kan die Engelsgeit van Natasha verstaan, sy het hier in Durban omgewing groot geword, ek bly in Natal en ek belowe jou hier sal niemand jou verstaan as jy Afrikaans praat nie (alleenlik as dit Afrikaanssprekende mense is wat van Transvaal of Vrystaat of so afkomstig is of hierheen getrek het, dit is soos in klein Engeland, die Indiers verstaan ook geen woord hier van Afrikaans nie, geen swarte hier sal ‘n woord Afrikaans verstaan nie, dit kan vir jou vreemd klink maar vir ons is dit alledaags jy praat maar engels en mis jou afrikaans verskriklik. Dit voel soms of jy in ‘n vreemde land bly.
hi Vonkie…lees die intro.Roer is ‘n gas op Bosparra en dit is haar bydrae die week…of ek saamstem of nie is irrelevant…gaste se bydraes word nie gesensor nie. Moet bieg,toe ek die mail vanoggend sien het ek gesmile en gedink ‘Roer,jou bliksem’…
Nie almal op Bosparra ‘haat’/laaik vir Steve nie.Hier is ‘n gesonde ‘kompetisie’ oor sy gewildheid.Ek persoonlik dink hy is soms heel entertaining en ek geniet van sy songs…MAAR hy kan ook te veel raak.Oor sy politieke aspirasies en ander side shows waarmee hy homself besig hou,kan ek maar net my kop skud.
ps.hoop nie Bosparra ‘toor’ met jou nie Vonkie…en dankie vir die support.
Dit is so,min engelssprekendes hier in Natal verstaan afrikaans.My seun se meisie verstaan nie,praat nie.Nou vra ek jou, hoe de fok kom hierdie kinders afrikaans op skool deur?Ek moet ook se dat ek baie afrikaanse mense ken wat hier gebore en getoe is.En ek het nog NOOIT n indier of swarte hier raakgeloop wat afrikaans kan praat of verstaan nie.My man is engels(skotsman),hy verstaan,praat en lees afrikaans,sy ma-hulle glad nie,en my kinders is afrikaans,die dat ek my tale so mix,ek raak deurmekaar,jong.Meeste van ons vriende hier is engelse mans met afrikaanse vrouens, so ons praat meestal engels,en ek mis baie totale afrikaanse kuiers.
Is die Gavin ou regtig so klein tenger meisie? sy bek is dan so groot om Glitterati?
Steve se UIT DIE PEN VAN STEVE HOFMEYR is beskikbaar by Kalahari hierso, aka Roer:
Dan haal jy nogal die bronne aan…… Ons almal hier weet hoe om te Google-search, sou ons ietsie wil weet!!!
Roer jy het nou regtig F*KK*L vir my dag gedoen nie…. Miskien, net miskien, try jy vir hits na jou blog toe…!!!
Me, behalwe vir Roer se swakheid vir ‘Steve’ ,is daai blog van haar baie smart…ek lees gereeld daar
So, is hy nou in die hospitaal of nie?
Weet nou nie hoe groot Gavin is nie - maar mens kan sien hy sal nie teruslaan/stamp/gryp/vashou of watookal nie. Maar Jan-Jan Joubert is NIE groot nie - so dun mannetjie - Dit is nou natuurlik die vorige joernalis wat hy ‘vasgevat’ het. Of sal mens sê - net oor die tafel gestamp het - al het Mnr. ewe kordaat aangegaan oor hoe hy hom GEMOER het blah blah blah! En die joke is: Dis eintlik ‘n girl wat die resensie oor sy KKNK show geskryf het en NIE Jan-Jan nie - maar aangesien JJJ die redakteur was van Krit (daai tyd) moes hy “pa staan vir wat hy in sy koerant toelaat”. Nou bring dit by my volgende vraag - Hoekom het Stevie-boy dan nie vir Tim gegryp/vasgedruk/vasgehou ens om sy nek nie? Ek meen - Tim moet mos ook pa staan vir sy joernaliste wat maar slegs opdragte uitvoer?? Opdragte deur Tim self?????
Moer hulle Stevie - moenie dat hulle jou en jou gesin en jou loopbaan en jou kinders en jou skoene en jou taal en jou mense en en en aanvat nie!
Jy is ‘n baie dapper muis, vriendin!
Dit sou net soveel makliker gewees het as ons die vermoëns gehad het om die man van die musiek te skei. Want sing, dit doen hy goed. Ek weet nie of ek weer ‘n CD van hom sal koop nie, maar vir wat hy al bereik het, gee ek hom krediet.
En sy persoonlike lewe skeel my min. Myne is baie meer exciting!
…ek het nog nooit na sy musiek geluister nie…
Dellie, dis nes jy daar sê. As hy die stem het, los die res van die karakter uit. Ons kan baie sê oor baie se persoonlike lewens: John Lennon, Julio Iglesias, Janis Joplin, Cat Stevens ens……….. Daar was niks met hulle musiek fout nie maar die lewenswyses was maar nie altyd in die “goeie boekies” nie.
Delli
Jy lyk vir my na iemand wat nie met oogklappe deur die lewe gaan nie, en laat jou ook nie maklik an jou neus rond lei nie, ek sien jou inskrywings as baie objektief, mooi man! staan by jou eie sieninge oor dinge, mense is vandag te geneig om blindelings saam te praat en nie hul eie lewens te wil leef nie.
Nou ja, ek het nogal erger verwag…
Kuifie, dankie dat jy ‘n sports was.
Hoekom is al Steve se bewonderaars sooo bang vir dit wat op Bosparra aangaan?
Ek is ‘n Steve bewonderaar en hou van sy musiek! Ek sal my beursie ook nogsteeds oopmaak vir sy musiek.
Gee die man ‘n kans parras. (Klim ek nou in die slanghok in)
Ek is natuurlik kwaad vir hom gewees, maar dis verby, ek vergeet en vergewe gelukkig maklik.
Voel ook jammer vir Natasha, Janine en die kinders! Maar die lewe gaan aan, dit help nie om terug te kyk nie.
Dis nou ou nuus!
Welkom hier by ons ou slakkie
Hierdie is nie ‘n slanghok nie dis ‘n parra nes.
Hoe langer jy hier comment sal jy agterkom hiers mense wat oor meer as net Steve kan praat, party praat gladnie oor hom nie.
Wat is die storie dat hy nou in die hospitaal is? Enige inligting uit die binne kringe uit???
wie is innie hospitaal?
Dankie Parkievoes ek is nie net ‘n slak, ek is vertroebelde bloed….. wat noem jy ‘n slak wat gekruis is met ‘n parra?
dan het jy ook seker al agter gekom dat ons net vloek as ons gevloek word. dis fine as jy hom laaik. almal mag laaik wie hulle wil
slymerige parra…..klink vreeslik maar welkom in any case!
Dankie piskriek
slymerig sê jy vir my 
Wipneus welkom, dalk is jy ‘n parra met ‘n slakkegang, maaaaaaaaar jy sal nog spoed optel, glo my!!!
Nee wat, die ou is siek siek siek verby! Niemand kan hom ersntig opneem nie.
ek dink Steve is in die hospitaal om die derm wat sy oe en sy h*l aan mekaar verbind af te sny! dan sal hy nie meer so K*Kuitkyk op die lewe he nie
Sterke Steve word gou gesond - ons laaik nie om iemand wat le te skop nie!
Steve moet net leer om kritiek beter te hanteer. Hy gooi erger vloermoere as my 3 jarige seuntjie, en glo my die mannetjie(my seuntjie nou) het dit al bemeester.
Steve bly maar ‘n groot “fake”, en mense hou aan daarvoor val.
hy is egter ‘n goeie besigheidsman, “so good luck to him”.
ek het nie veel respek vir hom nie, want dit lyk of baie van sy doen en late fyn gekalkuleer is om bewonderaars te wen eerder as wat dit op regte oortuiging gebaseer is.
so is die groot “kampvegter vir Afrikaans” se kinders in ‘n engelse skool. die groot bloubul ondersteuner het in die vrystaat skoolgegaan en bly tans in lions wereld (Midrand). natuurlik ‘n baie slim ding om die bulle te ondersteun want daar is ‘n veel groter mark in pretoria as in bloem.
van die begin van sy loopbaan was dit maar so.
ek onthou rondom 1989 of 1990 (kan nie meer jaar onthou nie) was daar dieselfde naweek twee groot afrikaanse musiekkonserte.
een genaamd Houtstok op ‘n plaas buite pta vir wat destyds “alternatiewe afrikaners” genoem was, en een by die voortrekker monument vir die bestaande “establishment”.
vir die wat vergeet het, anders as vandag, was daar ‘n groot ideologiese stryd tussen die twee groepe. jy het standpunt ingeneem en jouself by een van die groepe geskaar.
net Steve nie, hy het so half in die geheim aan altwee konserte deelgeneem (die enigste kunstenaar wat beide gedoen het).
ek was by houtstok, waar steve in geskeurde jeans en bandana saam met kunstenaars soos koos kombuis, saartjie eufeesbaardjie, randy rambo ens opgetree het.
my ouers was by die monument waar hy in ‘n netjiese pak saam met mense soos rina hugo en sulke snare opgetree het’
so probeer hy nog maar altyd sy brood aan altwee kante botter
Stephen ek onthou daardie geskeurde jeans en bandana, ****