homepage | bosparra telekom

Wanneer is ‘n mens TE slim?

Kaapstad. – Waarom is ons hier? Waar kom ons vandaan? Met dié woorde het die internasionaal bekende wiskundige prof. Stephen Hawking eergisteraand sy eerste lesing in Afrika begin en afgesluit.

Dié Lucasian-professor in wiskunde aan die Cambridge-universiteit het in ’n stampvol Muizenberg-paviljoen die gehoor aan sy lippe gehad.

Tientalle mense wat nie kaartjies kon kry vir die geleentheid nie, het buite die saal saamgedrom om darem net ’n blik van Hawking te kry.

“Het die heelal ’n begin gehad, het Immanuel Kant gevra en dan – indien dit ’n begin gehad het – waarom het dit so lank geneem om te begin?” het Hawking, wat weens ’n motorneuronsiekte deur ’n gesofistikeerde rekenaar?stelsel kommunikeer, gesê.

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2321133,00.html

http://www.youtube.com/watch?v=JXQeQD0CJzY

http://www.hawking.org.uk/home/hindex.html

Anders as party mense in die Suid Afrikaanse blogsfeer,gebruik prof Hawking groot woorde en verstaan hy daai groot woorde homself.Hy maak nie net asof hy slim is nie,hierdie ou IS moer intellegent….vraag is of dit so goeie ding is.

Wanneer kan mens TE slim wees? Moet mens nie soms net dinge ‘aanvaar’ SONDER om dit te bevraagteken nie? Is jy slim? Is dit beter om ’slim te wees’ (soos in MENSA) OF is dit beter om ’streetwise’ te wees (soos in ’survive come what may’)…Wanneer is mens ’slim’? Wie dink jy is ’slim’…ouens wat groot woorde gebruik?

ps.wonder of die prof al OOIT die Bybel gelees het… ;-)

 

RSS feed| Trackback URI

Gaan na onder76 Comments»

Comment by Gatvol
2008-05-13 09:53:26

Sal hy slim genoeg wees om ons hier op bosparra te verstaan? En daai ou, Immanuel Kant, kon hy nie vir hom ‘n ander van gekry het nie? Sjoe!!

 
Comment by Joe
2008-05-13 09:55:06

Daar is ‘n verskil tussen ’slim’ en ‘intellegent’. ‘n ‘Streetwise’ ou kan slim wees en by sy omgewing aanpas. “n Intelegente persoon kan oordeel wat hy moet bevraagteken en wat hy moet aanvaar. Die bybel moet aanvaar word. Dit maak my moerig al die soganaamde deskundiges wat alles in die Bybel wil bevraagteken! :roll:

 
Comment by xram62
2008-05-13 09:56:36

Slim mense weet hulle’s dom, en vra vrae om hulle situasie te verander…en word slim. Dom mense dink hulle is slim, en dat hulle alles weet. Hulle vra nooit vrae nie, want in hulle domastrantheid is hulle alreeds slim…..en vorder hulle niks verder nie……

 
Comment by Joe
2008-05-13 09:58:11

Gatvol, Immanue Kant was ‘n groot filosoof en soos baie van hulle was hy ‘n Kant wat nie kan spel nie. ;)

Comment by Gatvol
2008-05-13 09:59:49

O dankie Joe. Vir ‘n oomblik het ek geskrik!

 
 
Comment by QOOS
2008-05-13 10:05:42

Jy kan nie altyd glo wat jy lees nie JOE
Partykeer moet jy maar vra!!

 
Comment by SALVADOR
2008-05-13 10:07:52

Van die intelligente mense sê hoe meer hy leer, hoe meer vind hy uit hoe min hy eintlik weet.

 
Comment by xram62
2008-05-13 10:08:09

Eish. Ek laaik Prof Hawkins se stellings wat hy maak…..Ons armsalige wesentjies wat nog net heeltyd rondhol in die drie dimensies van hoogte, diepte en breedte het nog ‘n lang pad om te loop na die “verstaan” van die vierde dimensie, nl. TYD………

 
Comment by Cruella
2008-05-13 10:09:24

stem saam JOE … groot verskil tussen intelligent en slim ..

ook tussen boekgeleerd en iemand met ervaring en kennis wat prakties opgedoen is …

en dan het sekere mense moerse kleinhuisie vol inligting tov een onderwerp maar weet dan niks van iets anders af nie ..

Ek beskou slim mense, as mense met ‘n GOEIE algemene kennis van BAIE onderwerpe …

Ek dink hoe meer vrae mens vra, hoe ingewikkelder raak alles .. . later moet jy maar net AANVAAR ..

 
Comment by QOOS
2008-05-13 10:16:04

4 dimensies is ongelooflik!

 
Comment by Blixer
2008-05-13 10:18:57

Okay kry solank julle klippe reg , want julle gaan my nou stenig! Met die sondeval- vir die wat die Bybel glo- het die Slang vir die Mens gesê dat hulle soos G O D alles sal weet as hulle van die verbode vrug sou eet. Met die inname van die vrug het hulle skielik besef hulle is kaal en daar het ook ‘n dieper behoefte gekom om die wereld te verstaan. Tans in die 21ste Eeu het ons die menslike genoom amper heentemal ontsyfer, ons boots mini- big bangs na en ons begin die relatiwiteit van tyd bevraagteken. Dit sal ook nie lank wees voor ons mense kloon nie, met tyd probeer lol nie, ons kinders se ‘gene’ kies ens. Selfs in onkologie is die beweging nou om “tailor made” chemo vir kankers te maak, want nie twee kankers is ooit dieselfe nie. Dus hoe lank voor die Mens (as groep) net soveel weet as G O D?

Comment by TANNIE
2008-05-13 10:41:27

Nie gou nie, en nie maklik nie!

 
Comment by Retha
2008-05-13 14:45:01

Jy is reg, Blixer - die SLANG het gesê die mens sal soos *** wees, en alles weet. En die slang was ‘n leuenaar……

 
 
Comment by SALVADOR
2008-05-13 10:23:34

Ek meen as jy nou al hierdie hoë dinge weet en weet waarom is ons hier ens. ens. Wat dan?

 
Comment by SALVADOR
2008-05-13 10:25:26

Dan gaan ons nogtans op die ou einde sterf.

 
Comment by pleisterplakker
2008-05-13 10:28:03

“The more i learn about the world i live in, the more it dissapoints me”

 
Comment by demoerin
2008-05-13 10:34:08

As lid van MENSA is dit totaal benewe my om betrokke te raak in ‘n DENSA diskussie….hahahaha. Kon dit nie weerstaan. Ek dink die trick is om nie net kennis op te doen, of te lees nie, en dit dan soos ‘n papegaai te kan opsê nie. Jy moet dit probeer verstaan ook.

 
Comment by QOOS
2008-05-13 10:36:33

Wees positief!Fokk as jy op n hopie gaan sit en se nee bliksem dis nou genoeg!Ek wil nie meer slimmer wees nie
Kom aan mense hoe meer jy weet hoe beter word dit!
Ek hoop daar is iemand daar buite wat dieselfde dink as ek!

Comment by Platkuif
2008-05-13 14:15:38

QOOS…howzit? Jy was nou al ‘n paar keer hier…wil jy nie asb,groot asb ‘n gravater gekry??

 
 
Comment by SALVADOR
2008-05-13 10:39:26

Pleisterplakker ek sê weer “The more I know people, the more I like animals.”

 
Comment by TANNIE
2008-05-13 10:42:44

My kinders is soms soooo slim, dis net te goed om waar te wees!

 
Comment by xram62
2008-05-13 10:43:35

Salvador. Behalwe as jy glo dat daar net soveel “siele” is (want waar kom “nuwe siele” vandaan???) en dat elke siel deur verskillende fases van bewustheid moet beweeg voordat dit die uiteindelike doelwit van volmaaktheid bereik…..dan is “uiteindelik sterf” tog NIE die einde nie, is dit? Waarom word ‘n siel dan ge-”create” as dit net vir ongeveer 70 jaar (wat ‘n speldeprik stippeltjie is in terme van “ewigheid”) die kans kry om homself voor te berei vir die sogenaamde “ewigheid”….en dit nie regkry nie??? Word so ‘n siel dan eenvoudig “verban” en ‘n ander een in sy plek gestuur, of geskep??? Daar moet tog iets meer wees as net dit……

Die “aarde” is dus maar net EEN vlak van die bewuswordings-reis van ‘n siel……wat uiteindelik genoeg intelligensie by mekaar maak om die konsep van “tyd” as ‘n vierde dimensie te bemeester……en dit te buig sodat multi-dimensionele “aardes” gelyktydig en in dieselfde spasie kan bestaan, maar in ‘n ander tyd-sone……

 
Comment by Bobbeaap
2008-05-13 10:47:53

Ek weier om goed net te aanvaar. Godsdiens ingesluit.

As ek terug dink aan al die kak wat die gemeenskap my gedwing het om net so te aanvaar toe ek jonger was ………… Onthou julle dat jy reguit hel toe sou gaan as jy saam met ousie lê of as jou hare oor jou boortjie hang. `

Ek en ‘n intellektuele Moslem ou het eenkeer ‘n lang gesprek gehad (ja, volgens oom Koos het ek met die duiwel gepraat). My punt aan hom was dat hy so diep in sy geloof glo omdat hy in ‘n moslem gemeenskap groot geword het. Boonop is hy van natuur ‘n gehoorsame mens, wat nie ‘n rebelse haar op sy kop het nie. Wat sou gebeur het as hy in Loeriesfontein groot geword het? Sy antwoord was dat hy dan seker ‘n baie goeie Christen so gewees het.

Ek wonder partykeer, sê nou Osama Bin Laden was “heilige” oom Koos van ons dorp en ek het alles net so aanvaar, dan het ek seker een van daai vliegtuie gevlieg.

As dit nie vir die te slim, mallerige mense was nie het ons seker nou nog in grotte gebly en die son aanbid.

 
Comment by SALVADOR
2008-05-13 10:50:35

Xram62

Jy laat my dink aan die mense wat in illusie glo. Hulle glo dat ons almal en alles net ‘n illusie is. Met ander woorde “we are **** today and gone tomorrow.” (Ek praat van op die aarde.)

 
Comment by kakabooi
2008-05-13 10:51:16

DOM mense DINK hulle is slim. Dus vra hulle bitter min vrae. (Kyk maar na die regerings amptenary)
SLIM mense WEET hulle is dom. Daarom sal slim mense baie vrae vra.
As mens die vraag kan vra, dan mag jy dalk die antwoord kry.
Elke antwoord behoort meer vrae op te lewer.
Kyk maar hoe Hawkings die wetenskap en die lewe benader.

En dan is daar die wat te dom is om te weet hulle is dom. (Kyk maar hoe die meerderheid stem en vir wie hulle stem)

 
Comment by RdK
2008-05-13 10:53:58

Bobbeaap wat weet jy van Loeriesfontein??

Comment by Bobbeaap
2008-05-13 11:24:41

Ek het sommer Loeriesfontein uit die lug gegryp. Was al ‘n paar keer daar deur.

Ek stop altyd daar want die mense kom altyd so eg voor en dit is so lekker om met hulle te gesels.

 
 
Comment by SALVADOR
2008-05-13 10:56:57

Bobbeaap

Ek ken ateiste wat nie vloek of die naam ydelik gebruik nie en baie intelligente voorbeeldige burgers van die land is. Hulle is ook meer spontaan en lyk gelukkiger as die suurgesig Christene wat gebuk gaan onder die sondelas van pasop moenie raak nie, moenie smaak nie, moenie, moenie moenie……….

 
Comment by kakabooi
2008-05-13 10:59:22

Jis Bobbeaap. Ek smaak jou manier van dink sommer stukkend. Xram is ook ‘n vrye denker. Kom ons gooi sommer gou ‘n lekker debat oop. Die Sfinks en piramides van Giza is ouer as wat Zahi Hawass dit sal erken. As ek nou een of ander slim alien was en ek wou die aarde se precession (wobble) dophou, dan bou ek ‘n lekker fris konstruksie wat MILJOENE jare moet bestaan. Maar ek weet die inboorlinge is argaies en breek alles, sommer gou. So as ek my monument wil laat oppas, dan gee ek die spul idiote ‘n gawe godsdiens en belowe hulle konings ewige lewe as die konings die godsdiens getrou beoefen en so af en toe deur die piramides stap.
Die teendeel sal nooit bewys kan word op “afterlife” nie en die koning sal enige iemand opdons wat daai monument probeer skade berokken. Win-Win.
Met vrye denke……..

 
Comment by SALVADOR
2008-05-13 11:03:45

Ja ek week nie met al die redenasie nie. Wat ek wel weet is dat “iets” nie uit niks kan ontstaan nie en die aarde bestaan uit energie en dat energie nie verniettig kan word nie. Kortom wat sê dit?

 
Comment by hies ek ok
2008-05-13 11:05:16

Mense wat dink hulle is donners slim,is nie altyd so donners slim nie!! Luister maar net na party gesprekke om jou.

 
Comment by wipneus
2008-05-13 11:08:15

Hawking is ongelooflik slim. Ek is seker hy het al die bybel gelees. Wetenskaplikes se koppe is net anders aanmekaar gesit, ek verstaan hulle ook nie aldag nie. Hulle dink heeltemal anders. Hulle aanvaar nie dinge net blindelings nie. Alles word altyd eers met ‘n paar formules uitgewerk ;) :lol: Ekself word gereeld uitgewerk pi, deursnee, aantrekkingskragte, sinus van die hoek gelyk aan die grootte van die hoek in boogmaat …… :lol:
Kakabooi ek vra vreeslik baie vrae, maar ek dink dis eerder nuuskierigheid as slim… :lol:
Salvador jy raak ‘n paar goeie waarhede kwyt hier…. ;)

 
Comment by kakabooi
2008-05-13 11:11:23

Salvador
As pure energie in teenoorgestelde rigtings teen mekaar bots, skep dit materie en anti-materie in gelyke hoeveelhede. Indien die materie en anti-materie weer met mekaar in aanraking kom is daar een enorme energie vrystelling en geen materie.

“n Black-hole is die entiteit wat alle materie weer insuig en sterker word en materie verorber, totdat dit alles in ‘n singularity ingedwing het. Sodra die singularity nie meer ditself kan voed nie, sal dit eensklaps uitsit en dus die “Big Bang” teorie.
Black holes kan ander black holes ook insuig. Destruktiewe ding die SwartGat.

 
Comment by kakabooi
2008-05-13 11:19:06

Ja wipneus. Lees maar weer wat ek geskryf het oor slim mense. Lyk my jy is een van hulle. Ek sal jou egter nooit kan oortuig nie, omdat slim mense so baie vrae vra, WEET hulle dat hulle eintlik dom is. Ek is seker dat as ons Hawking vra of hy nou eintlik slim of dom is, dan gaan hy seg lat hy die domste mens op aarde is. Ek sal wed op die stelling.
Want hoekom het slim mense dan so baie vrae?
Dom mense vra nie vrae nie. Hulle is onder die indruk hulle hat alles onder beheer en net dat dom mense vrae vra. Hulle DINK hulle is slim. Siestog. Dan is daar die wat te dom is om te besef hulle is dom. Kyk maar om julle na die AA’s. Hulle is oortuig hulle kan die joppie doen…….

 
Comment by SALVADOR
2008-05-13 11:20:23

Die probleem wat die wetenskaplikes het is, dat hulle nie ‘n teorie mag verkondig VOORDAT HULLE DIT KAN BEWYS NIE. Wetenskaplikes mag nie op gissings werk nie, maar slegs op bewyse. Hulle het dus hierdie probleem met die Godsdiens, en nie om dat hulle ongelowig is nie.

Comment by Retha
2008-05-13 14:46:26

Jy moet versigtig wees as jy na “wetenskaplikes” luister - wetenskaplikes verkondig soms net soveel hulle eie vooroordele en idees eerder as bewysde inligting. Richard Dawkins, ‘n bioloog wat Oxford se “professor for public understanding of Science” is, is ‘n sprekende bewys van hoeveel vooroorrdeel “wetenskaplikes” kan verkondig.

 
 
Comment by me
2008-05-13 11:23:00

Ek is ook GELUKKIG of ONGELUKKIG van die soort wat alles BEVRAAGTEKEN…?????

Hawkins is nou maar net vir ons almal ’n voorbeeld van dat ‘‘alles’’ moontlik kan wees…
….sal nou nie se dat ek sy boeke lees nie, maar, lees wel altyd die artikels oor sy besondere lewe raak…

Okay parras, staak nou die beskeidenheid, en antw die vlg:

Wie van julle is lede van Mensa….aan wie wil jy wat bewys deur lid te wees…??

PS: kakabooi, is jy xram se ander broer…ek dink nogal so…??!!

 
Comment by Gatvol
2008-05-13 11:23:16

Niemand is so slim soos my skoonma nie. Sy weet als van als en leer graag vir my lessies. Eintlik leer almal in my skoonfamilie graag vir my lessies. (23 getroud) As julle vrae het, vra maar. Ek sal by haar uitvind.

Comment by cleopatra
2008-05-13 12:06:51

Lol!!!!Ken ook so n skoonma!!!

 
 
Comment by Leon
2008-05-13 11:23:33

Mense - hierdie is nou ‘n gawe onderwerp wat julle aanraak. Ek kan ten sterkste ‘n boek aanbeveel. Dit is ‘n fisika handboek maar dit lees amper soos ‘n storie. “The Feynmann lectures on Physics”. Materi - anti-materie, realiwiteit, black holes en baie dinge word verduidelik op ‘n manier wat ons minder slimmer mense kan verstaan.

‘n Onderwerp wat onder andere bespreek word is parallele dimensies en hy sluit af deur te sê ” As jou voorheen onbekende tweeling na jou toe kom en sy hand uitsteek maar sy linkerhand…dan moet jy HOL !!!

 
Comment by Leon
2008-05-13 11:25:11

Raar maar waar: Sharon Stone is ‘n lid van MENSA !

 
Comment by wipneus
2008-05-13 11:30:32

Leon ek moet daardie boek aanskaf vir my man, wel daar is ook so baie boeke. Die man is erger oor ‘n boek as oor sy vrou :lol:
Leon het jy toe die e pos gekry wat my man vir jou gestuur het?

Kakabooi ek is regtig nie slim nie, daar is nog soveel goed wat ek nie verstaan en weet nie. En die goed maak my nog deurmekaar ook :lol:

 
Comment by Blixer
2008-05-13 11:31:05

Lid van Mensa. Hoef niks vir niemand te bewys nie.

 
Comment by me
2008-05-13 11:32:58

Ditto @ Bobbeaap . . . . Ek glo dat 99% van die boosheid in die mens is, net 1% is aangeleer….

So, alles gaan om keuses in die lewe…..net omrede ek nie die bybel aanhaal om teoriee en standpunte (nog duideliker) oor te bring nie…..waar pas ek dan nou in…???

@ Wipneus: Hawking is ongelooflik slim. Ek is seker hy het al die bybel gelees….????

@ Wipneus, die bybel is geskryf deur dieselfde mense wat gedink het die AARDE IS ROND….??

Dit is my eensydige, maar nie kortsigtige mening nie….

 
Comment by me
2008-05-13 11:34:42

SORRY, moet lees: Die bybel is geskryf deur dieselfde mense wat gedink het dat die AARDE PLAT IS….

Comment by Retha
2008-05-13 14:48:00

Jy sal gereeld by ateïste hoor dat hulle beweer “Die Bybel sê die aarde is plat. Dan vra ek: Gee verse waar die Bybel dit sê?” Niemand van hulle kon my nog ooit een vers gee nie! Dit is ‘n liegstorie van die ateïste daardie.
Die Bybel sê egter die aarde is ‘n sfeer in Jesaja 40:22.

 
Comment by Retha
2008-05-13 21:55:46

Sorry, Me, ek moet jou gelyk gee:! Jy vertel darem nie: “Die Bybel noem die aarde plat” nie. Jy noem: “Die Bybel is geskryf deur mense wat geglo het die aarde is plat.” En dis waar.
As mens in ag neem hoe min die Bybel se menslike skrywers van wetenskap geweet het is die Bybel se wetenskaplike akkuraatheid (Sien my antwoord op Frikkie van Brits se 08/5/13 12:15 pos) nog meer ‘n teken van sy Goddelike inspirasie!

 
 
Comment by Leon
2008-05-13 11:35:19

Wipneus - ja dankie. Ek het die email gekry. ek het nog nie geantwoord nei want ek is nie slim genoeg om presies uit te werk hoe dit werk nie ;-)

Daai boek is regtig die moeite werd as jou kop in daai rigting staan. My seun van 15 jaar het die boek vreeslik geniet en nou vermaak hy sy maatjies met sy “slimmigheid”

 
Comment by boggem
2008-05-13 11:44:33

Prof. Stephen Hawking and an ordinary man went on a camping trip, set up their tent and fell asleep. Some hours later, the ordinary man woke up Prof. Stephen Hawking :
“Look up at the sky and tell me what you see?”

Prof. Stephen Hawking replies: “I see millions of stars.” The ordinary man asks:
“What does that tell you?”

Prof. Stephen Hawking ponders for a minute: “Astronomically speaking, it tells me that there are millions of galaxies and potentially billions of planets.
Astrologically, it tells me that Satan is in Leo. Time wise, it appears to be approximately a quarter past three. Theologically, it’s evident the Lord is all-powerful and we are small and insignificant.
Meteorologically, it seems we will have a beautiful day tomorrow. What does it tell you?”

The ordinary man is silent for a moment, and then speaks:
“Practically……..it tells me that someone has stolen our tent”.
……….
Dit help nie altyd om te slim te wees nie!!!!

 
Comment by wipneus
2008-05-13 11:45:28

Leon jy is welkom om my man te kontak, dan kan jy kom kyk wat hy aanvang. Hy is baie geduldig, wel met my in die omtrek is geduld sy ander naam :lol: Het jy al foto’s geneem met daardie kamera? Ons is nuuskierig?

Me ja dis waar wat jy sê, maar Hawking sou dit gelees het om sy teorië te verduidelik, mense vat hom aan, vir sommiges is dit hulle roeping in die lewe! Ek ken van hierdie mense, hulle stuur my heeldag en aldag warm plek toe, oor my denke ;) Miskien gaan hulle my nou-nou weer pos …..

 
Comment by Nem
2008-05-13 11:52:09

ek wens ek gaan so slim wees op 80 was wat ek gedink het ek is toe ek 16 was………….. maar ek is nog ver van 80 af…..

 
Comment by wipneus
2008-05-13 11:54:05

Nem whaahaahaa ek was ook vreeslik slim toe ek ‘n tiener was, ek wonder altyd wanneer en waar het ek daardie breinselle verloor!

 
Comment by Frikkie van Brits
2008-05-13 12:15:15

Wetenskap bestaan uit weerlebare teoriee. ‘n Teorie is slegs ‘n teorie as dit toetsbaar en “falsifiable” is.

Einstein se veelgeroemde Relatiwiteitsteorie is een van hulle. En hy word vandag nog tot die limits getoets. En die krag van die Relatiwiteitsteorie le daarin dat dit tot dusver nog nie weerle is nie. Maar dis nie te se dat dit nie more kan gebeur nie. As iemand more vir Einstein verkeerd bewys, sal al die wetenskaplikes op die planeet ‘n gelyktydige orgasme kry en skree “AWESOME!!!” - en dan ‘n NEW! IMPROVED! stel teoriee voorle om te verklaar waar Einstein fout gemaak het.

Dis hoe die wetenskap werk, en Stephen Hawking sal die eerste een wees om saam te stem.

Gelukkig het hy vir hom ‘n baie cozy topic gepick vir sy pHD, naamlik hoe swart gate “verdamp”, deur middel van radiasie wat toe nou na hom vernoem is. Maar swart gate neem biljoene jare om te verdamp, en hulle is moer moeilik om te bestudeer, en fokken ver van hier, so dit gaan donners moeilik wees om Hawking te weerle met fisiese bewyse - al wat hom kan weerle is wiskunde en teoretiese fisika.

Maar dit nou daar gelaat.

Dis mainly die gripe wat die wetenskap met nie net die Christendom het nie, maar met elke ander geloof: Dis onweerlebaar, en daarom nie wetenskaplik toetsbaar/bewysbaar nie. Dit vereis ‘n geloofsprong om in onsigbare goeters te glo waarvoor daar geen bewyse bestaan nie, en dis per definisie onwetenskaplik.

Sien dit so:

Die Wetenskap weeg verskillende teoriee op met betrekking tot die ontstaan van die Heelal. Tussen al die proposals is daar een ou wat se: “Right, boys - hier’s ‘n teorie dat ‘n Groot, Almagtige onsigbare bonatuurlike wese dit als gemaak het in ses dae, met die express intent dat dit als vir die mens gemaak is.”
Die ander wetenskaplikes luister aandagtig (genuine - hulle is geinterisseerd in alle moontlike teoriee) en vra: “Interessant! My maggies! Dit sal als verklaar as dit waar is! Is daar enige manier hoe ons ‘n reeks eksperimente kan ontwerp om die geldigheid van die teorie te toets?”
…en die ou met die proposal boor met sy toon in die sand, krap sy kop, en se eventually: “Er, uhm, jissie boys, nie eintlik nie.”
En die ander wetenskaplikes trek hulle skouers op en se:

“Die bestaan van ‘n Almagtige *** is ‘n interessante teorie wat baie kan verklaar. Maar omdat ons dit nie kan toets nie, kan ons ongelukkig geen waarde aan daardie spesifieke teorie heg nie. Sorry, Bob. NEXT!”

…en dis die Long and Tall van die stryd tussen die Wetenskap en Geloof. Geloof try peuter in ‘n domein waar hulle niks verloor het nie, en nie kan saamspeel tensy hulle inchip met die nodige bewyse nie. Sorry. Geloof kolf so bietjie uit sy liga uit in hierdie konteks. En tot hulle nie met die goods vorendag kom nie, bestaan *** eenvoudig nie wat die Wetenskap aan betref nie. Nie omdat hulle ‘n klomp gemene bliksems is wat reguit oppad hel toe is nie, maar eenvoudig per definisie.

Sorry tjommas - Krismis Vader het ook maar gekak om sy houvas op my jeug te behou. Maar hy’t toe eventually sy goed gepak en gefokkof.

Comment by Bosbok
2008-05-13 12:30:59

Frikkie skryf nou eintlik alles wat ek wou skryf, so ek kan maar net saamstem.

 
Comment by Retha
2008-05-13 14:48:51

Mens kan toets of die volgorde, ens, wat beskryf word in die Bybel korrek is. En jy lieg so bietjie as jy dink alle gelowiges glo dat die aarde in ses letterlike dae (24h-dae) gemaak is.

Die volgorde, ‘n wetenskaplik toetsbare model:http://www.godandscience.org/apologetics/day-age.html

Ander Bybelstelling wat wetenskapplik akkuraat is: http://www.godandscience.org/apologetics/sciencebible.html#n14

Sogenaamde “onwetenskaplike” stellings waarvan die Bybel beskuldig word: http://www.godandscience.org/apologetics/false.html

 
 
Comment by wondernet
2008-05-13 12:50:10

Ek’s nie baie slim nie, maar verstaan maklik iets.

Het die volgende redenasie onlangs gehoor.

Tomorrow never comes, because today was yesterday’s tomorrow and the day after tomorrow will be tomorrow’s tomorrow, but then it becomes today. Thus the statement, tomorrow never comes. So do your work today and do not tell me you will do it tomorrow, because it will never get done.

 
Comment by pieterza
2008-05-13 12:56:58

Nou beweeg ons op interesante grond …..

Om eers die vraag the beantwoord - Hawking is dom van slimmigheid. Wat bedoel ek hiermee? Hy het so ‘n groot denkvermoë dat hy vir homself bewys het dat daar geen *** is nie - daardeur verlig hy ons Hemelse Vader van die verantwoordelikgied van die ateïstiese neigings wat hy toon en eien sy straf vir homself toe ….

Ek het dikwels gewonder oor die man. Ja, hy het dit nie die beste sover die vleeslike aangaan nie en het daarom meer redes om negaties te wees as die res vir ons, maar die Byble sê eers as jy dankbaar is vir wat jy het, en dit gebruik, sal meer toegevoeg word.

Om ‘n lid te wees van MENSA is geen pluimpie in ‘n mens se hoed nie - kry bietjie van hulle nuusbriewe te lese - en jy sal sien …(interesant hoe sommige van hulle ‘joke’ dat alle ‘dom’ mense verminder moet word). As dit so groot ‘joke’ is, hoekom preik dit in die humanistiese manifes dat die wereld popolasie verminder moet word na 500 miljoen ???

Die Bybel sê wel dat aan die einde van tye kennis (science?) sal vermeerder. Hy sê ook dat mense wat hulle self slim noem maar ietwat dom (fools) is …

Wag nou moet ek ophou - voor ek begin dink ek’s slim en dom dinge sê ;->

 
Comment by Leon
2008-05-13 13:01:04

Einstein het die volgende ges♪: “Science without religion is lame; religion without science is blind.”

 
Comment by xram62
2008-05-13 13:06:58

Te Koop. Volledige stel ensiklopediëe….Goedkoop. In onbruik verval. Liefie weet ALLES!!!!

 
Comment by Babe
2008-05-13 13:18:36

Kakabooi 12:59

Ja, ek het ook al gelees van die Piramides en Sfinks - daai leeukop is mos hoeka nie die oorspronklike kop nie. Wat dink jy van die Piramides op Mars? Is daai foto’s gedokter of bestaan hul werklik?

 
Comment by Frikkie van Brits
2008-05-13 13:20:32

Pieterza, net vir helderheid, het jy nounet gese dat Hawking se fisiese kondisie *** se straf vir sy ateisme is?

Comment by pieterza
2008-05-14 08:42:39

Nee man! Ek het gesê hy moet vrede maak met waar hy is, die positiewe aangryp en vorentoe gaan ….

 
 
Comment by me
2008-05-13 13:23:28

@ Wipneus: Elkeen is GEREGTIG op sy/haar EIE MENING…. Ek sal jou beslis nie aanval/uitwerp/vervloek nie….

Net terwille van hier en nou, ook genoem ‘‘reality’’, die vlg:

Your words, your dreams, and your thoughts have the
power to create conditions in your life.
What you speak about, you can bring about.

If you keep saying you can’t stand your job,
you might lose your job.

If you keep saying you can’t stand your body,
your body can become sick.

If you keep saying you can’t stand your car,
your car could be stolen or just stop operating.

If you keep saying you’re always broke, guess what?
You’ll always be broke.

If you keep saying you can’t trust a man or trust a woman,
you will always find someone in your life to hurt and betray you.

If you keep saying you can’t find a job,
you will remain unemployed.

If you keep saying you can’t find someone
to love you or believe in you,
our very thoughts will attract more
experiences to confirm your beliefs.

Turn your thoughts and conversations around to be more positive
and power packed with faith, hope, love and action.

Don’t be afraid to believe that you can
have what you want and deserve.

Watch your “Thoughts,”
they become words;
Watch your “Words,”
they become actions;
Watch your “Actions,”
they become habits;
Watch your “Habits,”
they become character;
Watch your “Character”,
for it becomes your “Destiny”

So…….To prevent any obstacles…….
GET OUT OF YOUR OWN WAY!
Enjoy every minute you live!!

Comment by BOLLIE
2008-05-14 16:26:54

Alles mind over matter

 
 
Comment by Leon
2008-05-13 13:23:41

Babe - die piramides op Mars bestaan nie. Daardie foto het afgehang van die son se hoek, ens. Nuutste foto’s het baie meer detail en die piramide is maar net nog ‘n berg. Gaan kyk op http://www.nasa.gov en soek die link vir Mars.

 
Comment by me
2008-05-13 13:27:13

Yip Frikkie, ek het dit ook so (?) verstaan:

Om eers die vraag the beantwoord - daardeur verlig hy ons Hemelse Vader van die verantwoordelikgied van die ateïstiese neigings wat hy toon en eien sy straf vir homself toe ….??????????????????????????????????

Comment by pieterza
2008-05-14 08:47:41

1. Sien die comment op Frikkie se vraag.

2. Op hierdie stadium kan mens maar doen wat jy wil (kyk net om jou) - YHVH straf ons vir niks nie …. straf kom in die hiernamaals

 
 
Comment by Babe
2008-05-13 13:32:48

Leon, en wat van daai ander sogenaamde 10de planeet in ons sonnestelsel? Blykbaar so groot soos Saturnus? Nibiru….iets? Bestaan dit?

Comment by Retha
2008-05-13 14:51:04

Daar is nou 8 planete en 3 dwergplanete wat erken word in ons sonnestelsel- Pluto het laasjaar sy planeetstatus verloor. Jy vra dus nie na ‘n 10de planete nie, maar ‘n 9nde een. (Net een van daai nuttelose stukkies info… maak dit regtig saak vir gewone mense?)

 
 
Comment by Joe
2008-05-13 13:33:18

QOOS, glo niks wat jy hoor nie en net helfde wat jy sien! ;-)

 
Comment by SALVADOR
2008-05-13 13:51:59

JOE

Is jy ‘n Vrymessela